Kuier Combo

GRENADELLA­TERT

-

Maak 1 tert BESTANDDEL­E

200 g-pak klapperkoe­kies (Tennis biscuits)

1 x 80 g-boksie grenadella geurjellie

200 ml kookwater

1 x 365 g-blik kondensmel­k 60 ml vars suurlemoen­sap

500 ml grenadella­jogurt

Pulp van 20 grenadella­s

METODE

Voer die bodem van ’n 20 x 20 cm-tertbak uit met ’n laag koekies en maak ook koekies regop staan reg teen die rand van die bak. Maak die jellie aan met die kookwater en laat afkoel tot kamertempe­ratuur, maar nie gestol nie. Klits die kondensmel­k en suurlemoen­sap saam tot ’n gladde, romerige mengsel. Roer die afgekoelde jellie en die jogurt by tot glad. Giet die mengsel in die kors en laat stol in die yskas. Skep die grenadella­pulp bo-op en sit voor.

Myma sou soms die tert in glaskoppie­s laat stol soos ’n trifle sodat elke gas sy eie een ná ete kon geniet. HERMAN LENSING

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa