Kuier Combo

DULCE DE LECHE

-

(Karamelroo­mys) Lewer 2 ℓ

BESTANDDEL­E

500 ml vars room

2 blikkies karamel (gekookte kondensmel­k)

METODE

Klits die room met ’n elektriese klitser tot sagte punte vorm. As jy te lank klits, sal die room skei en jy sal dan met botter sit. Roer die karamel tot glad in ’n bakkie. Voeg die karamel by die room en klits tot net gemeng. Skep die roomys beslag in ’n plastiekba­k met ’n deksel. Vries vir ten minste 4 ure of oornag. Hierdie roomys hoef nie in ’n roomysmake­r gemaak te word of selfs tydens die vriesprose­s geroer word nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa