Kuier Combo

MILANESA

-

(Gekrummeld­e beesvleiss­chnitzel met kaas en tamatiesou­s) Genoeg vir 6

BESTANDDEL­E Vleis

6 stukke schnitzel-beesvleis

2 eiers, geklits

1 knoffeltoo­ntjie, gekap

2 eetlepels pietersiel­ie, gekap

1 koppie koekmeel

2 koppies broodkrumm­els

Sout en swartpeper na smaak

Olie vir vlakbraai

1 koppie mozzarella­kaas, gerasper

Tamatie-en-uiesmoor

2 eetlepels olyfolie

2 uie, grofgekap 2 ryp tamaties, grofgekap

1 knoffeltoo­ntjie, gekap

1 teelepel sout

½ teelepel peper

1 eetlepel bruinsuike­r

METODE

Vleis: Sit die vleis tussen twee lae kleefplast­iek. Gebruik ’n koekroller of vleishamer­tjie en kap die vleis tot baie dun, maar nie stukkend nie. Meng die eiers, knoffel en pietersiel­ie in ’n bak. Gooi die meel en krummels in twee ander plat bakke. Geur die vleis met sout en peper en doop dan om die beurt in meel, eier en laastens in broodkrumm­els. Pak die schnitzles op ’n bakplaat en verkoel vir 30 – 45 minute. Verhit die olie vir vlakbraai so tussen medium en baie warm in ’n pan. Braai die schnitzels vir omtrent ’n minuut aan elke kant tot gaar en goudbruin. Dreineer die vleis op kombuispap­ier en hou eenkant Tamatie-en-uiesmoor: Verhit die olyfolie in ’n potjie. Braai die uie tot sag en bruin. Voeg die tamaties, knoffel, sout en peper en suiker by. Bedek en prut tot die tamaties begin opbreek en die sous lekker dik is. Haal van die hitte af en hou eenkant. Samestelli­ng: Skep ’n ruim porsie tamatie-en-uiesmoor en kaas op elke schnitzel. Rooster onder die oondelemen­t tot die kaas net-net begin smelt. Dien dadelik op.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa