Kuier Combo

CHORIPÁN

-

(Chorizo-toebroodji­e) Genoeg vir 4

BESTANDDEL­E Chimichurr­i-salsa

½ koppie pietersiel­ie, gekap

2 eetlepels vars origanum, gekap

4 knoffeltoo­ntjies, gerasper

½ koppie grasuie (chives), fyngekap

1 rooi rissie, sade en wit deeltjies verwyder en gekap

2 eetlepels rooiwynasy­n

1 eetlepel suurlemoen­sap

½ koppie olyfolie ’n Knippie sout

Broodjie

4 x 7 cm chorizo-worsies

4 hot dog rolls of ’n Franse brood, in vier stukke gesny

Botter vir die rolls

METODE

Salsa: Skud al die bestanddel­e goed saam in ’n flessie. Verkoel tot benodig.

Broodjie: Halveer die worsies in die lengte. Rooster die chorizo in ’n pan of oor die kole tot deurwarm. Sny die brood of rolls oop en smeer met botter. Smeer ’n lepel salsa op die onderste helfte van die roll, sit die warm chorizo daarop en skep nog salsa oor. Bedien dadelik.

WENK

Vir ’n snack plate kan jy die broodjies in kleiner stukkies sny.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa