Kuier Combo

AARTAPPEL-SAMOOSAS

-

Lewer 20 samoosas

BESTANDDEL­E Deeg

2 koppies koekmeel ¼ teelepel sout

2 eetlepels sonneblomo­lie ½ – ¾ koppie water

Vulsel

1 medium ui, fyngekap

1 eetlepel knoffel, gerasper 1 eetlepel gemmer, gerasper 2 eetlepels sonneblomo­lie 1 teelepel swart mosterdsaa­djies 1 teelepel fyn komyn (jeera) 1 teelepel fyn vinkel (fennel) 2 eetlepels koljanders­ade, grofgemaal

1 teelepel garam masala 1 teelepel rissiepoei­er

1 teelepel rissievlok­kies ½ teelepel borrie

2 koppies gaar aartappels, fyngedruk

¼ koppie vars koljander, gekap Sout na smaak

METODE

Deeg: Sit die meel en sout in ’n bak. Voeg die sonneblomo­lie by en vryf totdat dit soos growwe broodkrumm­els lyk. Voeg ½ koppie water by die meel en roer om ’n sagte deeg te maak. Voeg nog klein bietjies water op ’n slag by as die deeg te droog is. Knie tot glad en laat rus terwyl jy die vulsel maak. Vulsel: Braai die ui oor matige hitte tot sag en deurskynen­d. Voeg die knoffel en gemmer en die res van die speserye daarby en braai oor lae hitte vir 1 minuut. Roer die aartappels en koljander daarby en geur met sout. Laat koel af tot kamertempe­ratuur.

Vou samoosas só:

1. Knyp balletjies deeg af so groot soos okkerneute.

2. Rol uit in ’n sirkel van omtrent 1 mm dik.

3. Sny in twee halfsirkel­s. Vat een halfsirkel en bring die reguit sye na mekaar, smeer liggies met water en vou oormekaar om ’n cone te vorm. Druk die naat stewig vas.

4. Skep 1½ teelepel vulsel in die holte. Smeer die oop rand met water en druk toe. Pak op ’n gesmeerde bakplaat.

Bak: Verhit die olie vir diepbraai in ’n potjie tot omtrent 180 °C. Braai ’n paar samoosas op ’n slag tot ligbruin en deurwarm. Draai voortduren­d om sodat dit nie te donker op ’n kant braai nie. Bedien met koljanderd­oopsous.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa