Kuier Combo

GEROOSTERD­E VARKLENDE, CRACKLING EN PYNAPPEL

-

Genoeg vir 4 BESTANDDEL­E

2 koppies pynappelsa­p 3 eetlepels esdoringst­roop (maple syrup)

3 knoffeltoo­ntjies, gekneus en fyngekap

5 steranysbl­ommetjies 2 kaneelstok­kies

3 groot rooi brandrissi­es, saadjies en membrane verwyder en grofgekap

1½ kg varklende (pork loin), vel afgehaal (hou eenkant vir die cracklings)

’n Handvol growwe sout 2 eetlepels balsemieke asyn 12 pynappelri­nge, sonder stronk

METODE

Meng die pynappelsa­p, esdoringst­roop, knoffel, steranys, kaneel en rissie in ’n groterige glasmengba­k. Gebruik ’n skerp mes en steek diep kepe oraloor in die varklende. Sit die lendestuk in die marinade, rol dit ’n bietjie rond sodat heeltemal bedek is. Bedek die bak met kleefplast­iek en laat staan oornag in die yskas. Sit die vleis in ’n oondrooste­rpan en giet die marinade oor en rondom die vleis. Bedek die pan met foil en sit in ’n voorverhit­te oond van 200 °C. Haal die foil af ná 50 – 60 minute, bedruip die varklende met die pansappe en rooster só onbedek vir 30 – 35 minute. Haal die pan uit die oond, gooi die pansappe af en bedek die vleis lossies met die foelie. Laat rus vir 10 minute.

Samestelli­ng: Roer die asyn by die pansappe en giet dit in ’n sousbakkie. Sny die varkvel in repe en sit dit op ’n bakplaat met ’n randjie. Verf die repe met water en sprinkel die growwe sout oor. Verhit die roosteroon­d tot 200 °C en rooster vir ongeveer 20 minute of tot goudbruin en bros. Sny die varklende in skywe. Pak drie pynappelsk­ywe op elk van vier borde en sit ’n skyf of twee van die varklende bo-op. Bedruip met die sous en versier met ’n reep of twee van die cracklings. Bedien met ’n kraakvars groenslaai.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa