Kuier Combo

HOENDER MET WITWYN EN DRUIWE

-

Genoeg vir 6 BESTANDDEL­E

3 eetlepels olie

4 hoenderbor­sies, met vel en been

Sout en varsgemaal­de swartpeper

3 middelslag rooi-uie, in wîe gesny

1 teelepel droë basiliekru­id (basil) 1 teelepel hoenderspe­serye (sien wenk om jou eie te maak) 1 koppie droë witwyn

1 koppie hoenderaft­reksel 2 koppies pitlose wit druiwekorr­els, gehalveer

’n Handvol vars basiliekru­idblare (basil)

METODE

Verhit die olie in ’n kastrol en verbruin die hoenderbor­sies alkant. Geur met sout en peper. Skep die borsies met ’n gaatjiesle­pel op ’n bord en hou eenkant. Braai die uie in dieselfde olie tot sag. Geur met sout en peper en voeg die droë basiliekru­id en hoenderspe­serye by. Braai vir ’n minuut of twee saam. Voeg die wyn en aftreksel by en bring tot kookpunt terwyl jy dit heeltyd roer. Sit die hoenderbor­sies terug in die pot in die sous. Verlaag die hitte, bedek die pot en laat liggies prut vir ongeveer 20 minute of totdat die hoender deurgaar is. Roer af en toe om seker te maak die hoender brand nie vas nie. Voeg die druiwekorr­els by en versnipper die basiliekru­idblare in die pot. Kook vir 7 minute saam totdat die druiwe deurwarm en die pot deurtrek is met die wonderlike, aromatiese geur van die basiliekru­id. Skep die borsies uit op ’n opdienbord en versier met vars basiliekru­idblare. Bedien met wit rys en groente.

WENK:

Hoenderspe­serye (ongeveer 100 ml): Meng 3 eetlepels soutvlokki­es, 1 eetlepel varsgemaal­de swartpeper, ½ teelepel droë pietersiel­ie, ½ teelepel uiepoeier, ¼ teelepel droë tiemie, ½ teelepel droë origanum, 1 teelepel knoffelvlo­kkies, ¼ teelepel gerookte paprika, ¼ teelepel rooipeper, ¼ teelepel rissievlok­kies en 1 eetlepel hoenderaft­rekselpoei­er. As jy ’n effe matiger geursel wil hê, kan jy die rooipeper en rissievlok­kies weglaat.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa