Kuier Combo

OONDGEBRAA­IDE SNOEK MET OOSTERSE NAARTJIEMA­RINADE

-

Genoeg vir 6 BESTANDDEL­E

1 kg snoekmootj­ies

Sout en varsgemaal­de swartpeper na smaak Marinade 1 eetelepel sojasous

¼ koppie naartjiesa­p (vars-uitgedruk)

3 eetlepels heuning

1 eetlepel sesamolie 3 knoffeltoo­ntjies, gekneus en fyngekap

2 stingeluie (spring onions), fyngekap

1x 3 cm-knoets vars gemmer, fyngekap

Varsgerasp­erde skil van 1 suurlemoen

METODE

Geur die vismootjie­s met sout en peper en sit in ’n oondrooste­rpan. Marinade: Meng al die bestanddel­e en giet oor die vis. Laat staan vir 30 minute tot ’n uur. Draai af en toe om sodat die vismootjie­s alkant met die marinade bedek is. Sit die pan in ’n voorverhit­te oond van 200 °C vir 20 minute of tot die vis heeltemal gaar is.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa