Kuier Combo

PAELLA

-

Genoeg vir 6 – 8 BESTANDDEL­E

3 eetlepels olyfolie 2 hoenderbor­sies, in dun repies gesny

1 groot ui, grofgekap 3 knoffeltoo­ntjies, gerasper

2 ryp tamaties, gekap

Sout en peper na smaak 1 teelepel paprika

500 g gemengde seekos, ontvries 2 koppies gaar geelrys

½ koppie pitmielies

½ koppie bevrore ertjies 250 g mossels in halfskulp, ontvries

10 prawns, pypies uitgehaal en afgespoel

’n Handvol vars pietersiel­ie, gekap

Vars suurlemoen­skil, gerasper Suurlemoen­skyfies vir versiering

METODE

Verhit die olie ’n groot, diep pan oor hoë hitte. Braai die hoender tot goudbruin en gaar. Skep dan uit en hou eenkant. Verlaag die hitte en voeg die uie, knoffel en tamaties by. Geur met sout, peper en paprika. Braai saam tot sag en voeg die seekosmeng­sel by en braai vir nog 5 minute. Pak nou die res van die bestanddel­e in lae bo op die tamatie, uie en seekos: Hoender, rys, mielies, ertjies, mossels en prawns. Sit die deksel op en stoom vir omtrent 10 minute. Sprinkel die pietersiel­ie en suurlemoen­skil oor en laat staan vir ongeveer 15 minute vir die geure om te ontwikkel. Versier warm met ekstra suurlemoen­skyfies.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa