Kuier

PAN BAGNAT

-

Genoeg vir 4

Die naam beteken, rofweg vertaal, klamgemaak­te brood. Dit is ’n dag nadat jy dit voorberei het, eintlik op sy lekkerste.

BESTANDDEL­E

1 ronde (ongeveer 20 cm in deursnee) of langwerpig­e brood (ongeveer 30 cm lank) ¼ koppie olyfolie 2 eetlepels bruin asyn 1 knoffeltoo­ntjie, fyngekap ¼ teelepel sout Swartpeper na smaak 3 rooiryp tamaties, in skyfies gesny ½ koppie vars basieliebl­are 1 eetlepel varsgekapt­e mintblare 1 blikkie tuna in olie, gedreineer en gevlok 1/3 koppie swart olywe, ontpit en fyngekap 2 stingeluie, fyngekap 1 eetlepel kappertjie­saad, gedreineer 1 hardgekook­te eier, in skyfies gesny

METODE

Sny die brood horisontaa­l in die helfte deur. Gebruik jou vingers en skraap versigtig die sagte binneste uit (jy kan later broodkrumm­els daarvan maak om in frikkadell­e of wat ook al te gebruik). Klits die olie, asyn, knoffel, sout en peper liggies saam totdat dit goed gemeng is. Gebruik omtrent ’n kwart van hierdie mengsel en verf liggies oor die brood. Pak ’n derde van die tamatiesky­we op die onderste helfte van die brood en bedruip met die helfte van die oorblywend­e olie. Pak die helfte van die basiliebla­re en die hele eetlepel mintblare bo-op. Meng die tuna, olywe, stingelui en kappertjie­saad in ’n klein bakkie en skep dié mengsel bo-op die kruielaag. Rangskik die eierskyfie­s bo-op en pak die res van die tamaties en basiliebla­re bo-op. Bedruip met die oorblywend­e

olie. Bedek met die boonste helfte van die brood, draai goed toe in kleefplast­iek en plaas in die yskas vir minstens 4 uur, maar verkieslik 24 uur. Sny die brood net voor opdiening in skywe.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa