Ge­tui­e­nes: Man oor­win dwelms met sy mond

Hy het op 13 dwelms be­gin ge­bruik. Dit het sy le­we oor­ge­neem en by­na ver­woes. Maar dank­sy sy u­nie­ke stok­perd­jie en God se ge­na­de, is hy ’n nu­we mens.

Kuier - - Inhoud - DEUR MAR­TE­LI B­RE­WIS

Die mees­te van ons weet nie eens wat die ver­skil tus­sen ver­skil­len­de kar­re is nie. Wat nog te sê van die ver­skil tus­sen die ge­lui­de wat hul­le maak? Maar Do­mi­nic Dy­son (35), pa van vier en ’n sheet me­tal wor­ker van Eer­ste­ri­vier bui­te die Kaap, ken nie net die ver­skil nie, hy kan elk­een se u­nie­ke ge­lui­de met sy mond na­maak.

En as jy jou oë toe­maak en luis­ter, sal jy dink dit is ’n reg­te kar wat op jou af­pyl. Do­mi­nic se ge­lui­de is so re­a­lis­ties, dis ver­stom­mend. Nie net is dié on­ge­wo­ne talent nog­al u­niek nie, maar dit het hom ge­help om van die don­ker­ste tye van sy le­we te oor­leef en om na­der aan God te be­weeg. Dees­dae ge­bruik hy dit om an­der te ver­maak en hul le­wens te ver­ryk.

“Van kleins af al was ek mal oor kar­re en het hul ge­lui­de met my mond pro­beer na­maak,”ont­hou Do­mi­nic. Op die oom­blik het hy meer as 12 kar­re se ge­lui­de ver­vol­maak, in­slui­tend C­hev Lu­mi­na, ’n Ford Fo­cus ST en ’n Nis­san Sen­tra. Hy kan selfs twee kar­re na-aap wat teen me­kaar re­sies jaag!

Maar ja­re ge­le­de het hy sy stok­perd­jie ge­bruik om sy ge­dag­tes weg te hou van sy

ver­sla­wings – eers dwelms, soos Man­drax en daar­na drank.“Ek het groot­ge­word in Mit­chells Plain (op die Kaap­se Vlak­te) en ons was baie arm, al­tyd in hand-me­do­wn-kle­re,”ver­tel hy. Op skaars 13, het hy be­gin eks­pe­ri­men­teer met Man­drax. Hy het dit soms som­mer in skool­tyd ge­bruik. Die dwelms het hom ont­snap­ping ge­bied van die har­de re­a­li­tei­te van die wê­reld.“Ek het ge­voel daar is geen hoop nie en het my ver­gryp aan dwelms,”er­ken Do­mi­nic sag­gies.

dwelms ver­nie­tig

Dié ont­snap­ping het eg­ter vir am­per vier jaar sy le­we oor­ge­neem en so te sê ver­nie­tig. Hy het selfs by sy ou­ers en fa­mi­lie be­gin steel en die goed ver­koop om sy dwelms te kan be­kos­tig. Sy ma het hom keer op keer ge­waar­sku, maar dit het op do­we ore ge­val. Hy het net meer en meer be­gin rook en drink.“Dit was eers toe my ma my uit die huis ge­gooi het toe ek 17 was dat my oë be­gin oop­gaan het,” ver­tel Do­mi­nic. As hy te­rug­kyk na daar­die tyd, dink hy nie hy sou dit kon oor­leef son­der die on­der­steu­ning van sy ou­ers en sy drie sib­be nie. Hy sê hy sou se­ker van­dag nog in die don­ker wê­reld van dwelms vas­ge­vang ge­wees het, in die tronk, of selfs er­ger . . . ’n dooie ge­mors. Na­dat Do­mi­nic se ma hom van die huis weg­ge­jaag het om­dat hy vir die hoe­veel­ste keer ge­steel het om dwelms en drank te koop, het sy le­we in­me­kaar­ge­tui­mel. “Ek het be­sef ek het nie in so ’n huis groot­ge­word nie. Dit was nie die le­we wat ek vir my­self wou hê nie,”sê hy ter­wyl sy oë blink word van die tra­ne. Hy sal nooit die laas­te keer ver­geet toe hy Man­drax wou doen nie. Hy het by ’n goeie vriend, ’n Chris­ten, gaan bly – die e­nig­ste een in die he­le wê­reld wat hy nog kon ver­trou – maar was plat­ge­slaan. In sak en as het Do­mi­nic met sy laas­te Man­drax in sy hand ge­sit en on­be­daar­lik be­gin bid, “He­re, help my, ver­los my van hier­die dui­wel!”Hy het skie­lik warm ge­voel, sy he­le lig­gaam oor­trek met sweet en ’n ge­voel van naar­heid het oor hom ge­kom. Selfs al sou hy wou, kon hy nie die Man­drax rook nie. Hy het op sy knieë neer­ge­val en ge­bid en tot van­dag toe bid hy oor al­les wat hom wil plat­slaan.

Hy het ge­weet hy het ’n groot pro­bleem met sy ver­sla­wing, maar het be­sluit om nie by ’n re­hab te gaan aan­klop nie, maar self die s­tryd te stry.

“Son­der God sou ek dit nie kon doen nie, maar Hy het my in Sy hand vas­ge­hou, saam met my ba­klei teen die cra­vings en ont­trek­kings,”bieg Do­mi­nic. Om sy aan­dag van sy swaar­kry af te trek, het Do­mi­nic weer sy kin­der­dae-stok­perd­jie be­oe­fen – om kar­re se ge­lui­de met sy mond na te maak.

Dit het maan­de ge­neem, maar Do­mi­nic was uit­ein­de­lik skoon en het weer na sy ou­er­huis te­rug­ge­keer. Van­dag is hy weer hul spog­kind, hul trots, want hy het sy le­we hand­om­keer ver­an­der.

Maar ’n paar jaar na­dat hy met dwelms op­ge­hou het, het die gol­we van die le­we hom weer na drank ge­dryf. Nog ’n keer het Do­mi­nic am­per sy le­we weg­ge­gooi in kroeë en klubs. Maar een­dag het hy net be­sluit“tot hier toe en nie ver­der nie.”Hy het weer na God uit­ge­roep én ge­se­ë­vier.

God is nom­mer een

Van­dag is Do­mi­nic ’n we­der­ge­bo­re Chris­ten en God is nom­mer een in sy le­we en sy he­le ge­sin is ge­red. Hy doen al­les bid­dend – selfs voor­dat hy ’n vi­deo van sy mo­tor­ge­lui­de maak, of ’n show, gaan hy op sy knieë en bid tot sy Ver­los­ser. Je­sus is sy bes­te Vriend en hy be­spreek al­les met Hom, deel al­les met Hom.

Do­mi­nic se he­le ge­sig ver­hel­der wan­neer hy van sy ge­lui­de praat.

Aan die ein­de van ver­le­de jaar het hy be­sef sy talent om kar­re na te maak, is nie net be­son­ders nie, maar ’n God­ge­ge­we ga­we. Ie­mand by die werk het hom ge­hoor en aan­ge­moe­dig om ver­to­nings te doen. Hy het da­de­lik ’n vi­deo ge­maak en dit op YouTu­be ge­post.

“Ek het vir my­self ’n fil­ter ge­bou met ’n ou kof­fie­blik en ’n a­lu­mi­ni­um­pyp om my ge­lui­de te am­pli­fy. Dit werk die­self­de as ’n kar­fil­ter en maak die ge­lui­de wat ek maak har­der,”sê hy op­ge­won­de. Hy span­deer ure daar­aan om die spe­si­fie­ke kar­re se ge­lui­de te ontleed en te oe­fen tot­dat dit per­fek is. Do­mi­nic het selfs al ’n kar se en­jin uit­me­kaar­ge­haal om te kyk hoe dit werk en waar die ge­lui­de van­daan kom.

Hy is nog lank nie klaar met sy re­per­toi­re nie – op die oom­blik werk hy daar­aan om sy Toyo­ta Corol­la Be­ams 20v te ver­vol­maak en hy hoop om nog ’n he­le stoet an­der kar­re bin­ne­kort by te voeg! Hy sal ook graag een­dag by groot ge­leent­he­de en kon­ser­te wil op­tree so­dat hy genoeg geld kan maak om kos­pak­kies te be­gin ver­sprei aan min­der­be­voor­reg­te men­se.

Die ge­meen­skaps­koe­rant Ty­gerBur­ger het van sy s­to­rie te ho­re ge­kom en hom “Mo­to Mouth”ge­doop en die res soos hul­le sê, is ge­skie­de­nis. Sy werk­ge­wer, SnG Signs, on­der­steun hom on­ver­poos en het hom ge­borg vir ma­te­ri­a­le vir sy self­ge­maak­te fil­ter en T-hem­de met sy Mo­to Mouth lo­go op.

Van­dag doen hy ge­reeld op­tre­des by ge­meen­skaps­ge­leent­he­de om men­se te ver­maak met sy ei­e­soor­ti­ge en skok­ken­dak­ku­ra­te kar­ge­lui­de. E­ni­ge wins wat hy eg­ter hier­deur maak, skenk hy aan lief­da­dig­heids­or­ga­ni­sa­sies om te ge­bruik om arm en min­der­be­voor­reg­te kin­ders te help met kos, kom­ber­se en wat ook al hul­le no­dig het.

“Maar dit is al­les net uit God se ge­na­de,” ver­tel Do­mi­nic met ’n vre­de­vol­le glim­lag.

Son­der sy Ver­los­ser se in­gry­pe, sy eie deur­set­tings­ver­moë en sy on­ge­wo­ne talent, sou Do­mi­nic van­dag dalk steeds in die gut­ter ge­lê het . . .

Gaan luis­ter op bit.ly/2IL­cy­cZ of soek ‘Mo­to Mouth Vo­lu­me 1’op YouTu­be.

HOOF­FO­TO: Do­mi­nic Dy­son maak die ge­lui­de van ver­skil­len­de kar­re met sy mond na.

Do­mi­nic wys die toe­stel wat hy self ge­maak het om sy klank te am­pli­fy.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.