Gift of the Gi­vers: Vrou gee al­les met lief­de

Sy is die vrou ag­ter die man van Gift of the Gi­vers en al is sy in die ag­ter­grond, doen sy merk­waar­di­ge werk waar­voor sy haar al­les gee. DEUR ELMARINE AN­THO­NY

Kuier - - Inhoud -

Tal­le ken dr. Im­ti­az Sool­i­man (56) as een van die land se voor­ste hu­ma­ni­tê­re wer­kers en hoof van die nie­re­ge­rings­or­ga­ni­sa­sie Gift of the Gi­vers. Hy het al die he­le wê­reld plat­ge­reis om in van die ge­vaar­lik­ste p­lek­ke op aar­de te gaan help. Maar ag­ter el­ke suk­ses­vol­le man is daar ge­woon­lik ’n ewe suk­ses­vol­le en stand­vas­ti­ge vrou. En son­der Im­ti­az se vrou, Zohra (54), sou die or­ga­ni­sa­sie dalk nie so suk­ses­vol ge­wees het nie.

Zohra is ’n ma van vyf en me­de­stig­ter van Gift of the Gi­vers, maar sy is gou om vir jou te sê sy wil nie ’n op­hef hier­van maak nie.“Ek is al­tyd in die ag­ter­grond en ek hou daar­van om in die ag­ter­grond te bly,”sê Zohra ne­de­ring per te­le­foon. Die paar­tjie is reeds vir 34 jaar ge­troud en het ja­re voor die for­me­le stig­ting van die or­ga­ni­sa­sie in 1992 reeds nood­le­nings­werk ge­doen. Zohra was toe ’n kleu­ter­skool­on­der­wy­ser en Im­ti­az die ei­e­naar van drie me­die­se prak­ty­ke.

Vol­gens Zohra het men­se hul werk be­gin raak­sien en be­sef hul­le maak ’n ver­skil. Men­se het toe ge­reeld aan die paar­tjie se deur in Pie­ter­ma­ritz­burg, K­waZu­lu-Na­tal, vir hulp ge­klop so­wel as om do­na­sies af te le­wer.“Ter­wyl die mans be­sig was met my man, sou hul vroue al­tyd vir my van hul pro­ble­me, soos by­voor­beeld hu­we­liks­pro­ble­me ver­tel en vir raad vra.”Dis hoe sy be­sef het daar be­staan ’n be­hoef­te aan be­ra­dings­diens­te, maar ver­al be­ra­ding wat ie­mand se ge­loof en kul­tuur in ag sou neem.“Ont­hou dit was ge­du­ren­de a­part­heid en ge­meen­skap­pe was ge­skei. Men­se het dus nie genoeg van me­kaar se ge­lo­we en kul­tu­re ver­staan nie.”

staan an­der by

Zohra het ’n bran­den­de nood ge­had om ’n be­ra­dings­diens te be­gin, maar het geen kwa­li­fi­ka­sies daar­voor ge­had nie. Sy het toe haar stu­die­rig­ting by die U­ni­ver­si­teit van Suid-A­fri­ka van on­der­wys na maat­skap­li­ke werk ver­an­der met die doel om een­dag haar droom om men­se siel­kun­dig te help, te be­waar­heid. Kort hier­na is Gift of the Gi­vers eg­ter for­meel op die been ge­bring en toe was daar as ma van vier kin­ders tus­sen een en ses jaar oud, nooit tyd vir Zohra om op haar stu­dies te fo­kus nie. Sy het haar man to­ta­le vry­heid ge­gee om oor­see te reis en aan die or­ga­ni­sa­sie se pro­jek­te te werk ter­wyl sy die kan­toor van­af hul huis be­stuur het.

Een van die pro­jek­te was om ’n mo­bie­le hos­pi­taal in die oor­log­ge­teis­ter­de Bos­nië in Eu­ro­pa op die been te bring. Dit het drie jaar ge­vat.“Ek het dit in my stri­de ge­neem, want ek het ge­weet Im­ti­az het on­der­steu­ning no­dig ge­had. Dit was mo­reel die reg­te ding om te doen. Ons het ’n ver­ant­woor­de­lik­heid teenoor die sken­kers ge­had.”

Sy het ge­weet dis iets wat haar man moes doen, maar sê as ma en vrou, was sy be­kom­merd of Im­ti­az le­wen­dig sou te­rug­kom.“Hy sou my aan­me­kaar ver­tel van die koe­ëls wat hy moes ont­duik. Ek het nie ge­weet of my man en my kin­ders se pa te­rug gaan kom nie. Ek sou bang, ont­steld en hart­seer wees, maar ter­self­der­tyd het ek ge­weet ek het ’n mo­re­le plig om

my man te on­der­steun om klaar te maak waar­mee hy be­gin het.”

Op ’n per­soon­li­ke vlak het hul­le eg­ter ge­ly, ver­tel Zohra, ver­al fi­nan­si­eel om­dat Im­ti­az se pa­si­ën­te hom per­soon­lik wou sien en nie die een wat in sy p­lek waar­ge­neem het nie. Sy moes dan ma en pa vir haar kin­ders wees, na die huis­hou­ding om­sien, haar werk doen so­wel as om die or­ga­ni­sa­sie se ad­mi­nis­tra­sie en lo­gis­tiek te be­stuur.“Ons het fi­nan­si­eel in die moei­lik­heid be­land.”Sy het ook haar werk as ’n kleu­ter­skool­on­der­wy­ser op­ge­gee om vol­tyds die or­ga­ni­sa­sie te be­stuur ter­wyl haar man aan­hou aan oor­se­se pro­jek­te ge­werk het.“Ná Bos­nië was hy al­tyd weg en be­sig met iets. ’n Vriend van my het my ’n‘hu­ma­ni­tê­re we­du­wee’ge­noem.”

In 1997 kon sy haar droom be­waar­heid om die or­ga­ni­sa­sie se be­ra­dings­diens, Ca­re­li­ne, te stig. Sy moes ook haar­self leer oor an­der kul­tu­re, want aan die be­gin het men­se uit ver­skil­len­de ag­ter­gron­de van die diens ge­bruik ge­maak. In dié sta­di­um het sy eg­ter nog nie haar stu­dies vol­tooi nie.

Dit het al­tyd ná haar kin­ders en die or­ga­ni­sa­sie ge­kom en sy het al­tyd in die mid­del van die nag ge­leer. In 2004 toe haar oud­ste kind met u­ni­ver­si­teit be­gin, het sy be­sluit om haar­self ook in te skryf.

Sy het ’n graad in so­si­a­le we­ten­skap­pe met on­der meer siel­kun­de en ge­meen­skap­hulp­bron­ne­bestuur as hoof­vak­ke ver­werf. Hier­na het sy haar hon­neurs in siel­kun­de ge­doen.

al­tyd be­trok­ke

Van­dag be­stuur sy steeds die be­ra­dings­diens en is ook be­trok­ke by an­der as­pek­te van die or­ga­ni­sa­sie. Dis dui­de­lik dat die be­ra­dings­diens baie na aan haar hart is en iets waar­oor sy ver­al pas­sie­vol is. Sy en haar span ver­skaf per­soon­li­ke be­ra­ding by hul kan­to­re in Pie­ter­ma­ritz­burg so­wel as per e-pos en deur hul tol­vrye te­le­foon­lyn. Hul­le word ook ge­nooi om praat­jies by on­der meer sko­le, kli­nie­ke en werk­plek­ke oor ver­skeie kwes­sies in­slui­tend vrou­e­mis­han­de­ling, MIV/vigs en de­pres­sie te doen.

As deel van haar werk, het sy ook al ver ge­reis om trau­ma­be­ra­ding te bied, soos in Ga­za in 2009 en die Re­pu­bliek van die Kon­go in 2012. Dit het daar­toe ge­lei dat sy soms self hulp be­no­dig het om haar werk te kan han­teer.“Dis baie moei­lik om die men­se se sto­ries te hoor. Van die sto­ries sou ons breek. Dan praat ek en die an­der be­ra­der met me­kaar en sê kom ons wees sterk, ons is hier om ’n werk te doen, wan­neer ons na die ho­tel gaan, kan ons praat en me­kaar de­brief.”

Sy ver­tel in die Kon­go het ’n groep be­ra­ders, siel­kun­di­ges en maat­skap­li­ke wer­kers ge­gaan om trau­ma­be­ra­ding te ver­skaf na­dat ’n am­mu­ni­sie-pak­huis in die mid­del van ’n woon­ge­bied ont­plof het.

Vol­gens Zohra praat men­se dan oor al hul al­le­daag­se pro­ble­me ty­dens be­ra­ding. “’n Ramp be­te­ken nie dat men­se nie an­der pro­ble­me soos de­pres­sie of fi­nan­si­ë­le sor­ge het nie. Wan­neer jy men­se sien vir ’n ramp dan gee jy ook ge­wo­ne be­ra­ding. Hul­le wil nie praat oor hul huis wat af­ge­brand het of ’n fa­mi­lie­lid wat hul­le ver­loor het nie. Hul­le wil praat oor pro­ble­me wat al lank­al daar was.”

Oor hoe sy daar­in ge­slaag het om al­les te jug­gle, sê sy vroue is be­kend daar­voor dat hul­le e­nig­iets kan doen.“Ons is vroue. Jy weet waar­van ons ge­maak is. As ons al­les moet doen, doen ons dit. Aan­vank­lik was ek bang, maar dit het my ge­loof ster­ker ge­maak en my ge­loof in my­self as ’n vrou. My kin­ders (van­dag 32, 30, 28, 25 en 17) het my ook baie sterk ge­maak,” ver­tel Zohra.

Op sy beurt, het Im­ti­az niks be­hal­we lof vir Zohra nie.“Sy on­der­steun my on­danks die uit­da­gings, moei­lik­he­de en ge­va­re. Sy is ’n ge­ly­ke ven­noot in my werk. As ’n ma is sy die bes­te vriend vir my vyf kin­ders en is baie in­sig­ryk oor hul be­hoef­tes en hul hart­seer. Sy is ab­so­luut merk­waar­dig op el­ke ma­nier.”

Nes Im­ti­az, ver­wag Zohra niks in ruil vir die op­of­fe­rings wat sy moes maak of die diens wat sy le­wer nie. Sy sien dit bloot as deel van haar Mos­lem-ge­loof.“As ’n Mos­lem, glo ons Islam is ’n ma­nier van le­we. Ons moet al­tyd lief­da­dig­heids­werk doen en aan an­der men­se dink in al­les wat ons doen. Ca­re­li­ne is net ’n an­der ma­nier hoe ek my ge­loof uit­leef.”

Sy sê ook in ’n fa­mi­lie soos ha­re wat sel­de by­me­kaar­kom oor die aard van hul werk, is Eid baie spe­si­aal.“Ons al­mal kom saam, eet, deel, lag en ge­niet die kos op die ta­fel.”

*Ca­re­li­ne bied gra­tis be­ra­ding Maan­dae tot Vry­dae van 09:00 tot 16:00. Die tol­vrye te­le­foon­nom­mer is 0800 786 786.

HOOF­FO­TO: Zohra Sool­i­man in die Kon­go waar sy trau­ma­be­ra­ding aan slag­of­fers van ’n ont­plof­fing ge­gee het.

HEEL BO: Zohra en haar man, Im­ti­az, toe hul­le ’n toe­ken­ning vir hul vry­wil­li­ger­werk ont­vang het. MID­DEL: As deel van hul werk gee Gift of the Gi­vers se be­ra­dings­diens­te, Ca­re­li­ne, be­ra­ding aan e­nig­een. ON­DER: Zohra lei ook be­ra­ders op.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.