In­spi­ra­sie: Ma hard­loop siek­te en ge­wig weg

Sy was op moed­ver­loor se vlak­te en oor­ge­wig en toe sy boon­op uit­vind sy is siek, was sy plat­ge­slaan. Maar toe vind sy uit­koms op ’n p­lek waar­aan sy nooit ge­dink het nie.

Kuier - - Inhoud - DEUR ELMARINE AN­THO­NY

Sep­tem­ber 2016 het C­heryl G­reen (39) self­moord oor­weeg. Sy was oor­ge­wig en het ’n er­ge dob­bel­ver­sla­wing ge­had. Maar voor sy heel­te­mal moed op­ge­gee het, het haar ge­hun­ker na ge­luk daar­toe ge­lei dat sy let­ter­lik vir haar le­we be­gin hard­loop het.

Van­dag is C­heryl van Ta­ble View, in die noor­de­li­ke voor­ste­de van Kaap­stad, ongeveer 27 kg lig­ter en oe­fen sy vir haar eer­ste ma­ra­thon – al is el­ke tree wat sy gee pyn­lik.

Vir C­heryl, ’n ma van twee, was die pad tot waar sy van­dag in haar le­we is, ’n moei­li­ke een. Sy het tal­le strui­kel­blok­ke op pad na die eind­streep ge­had. Wat sy as ’n“baie don­ker tyd in haar le­we”be­skryf, het in Au­gus­tus 2012 be­gin toe haar skoon­pa self­moord ge­pleeg het. Sy sê dit het de­pres­sie by haar ver­oor­saak. So­wat ’n maand la­ter het sy nog sleg­te nuus ge­kry toe sy op net 35 jaar met os­te­o­po­ro­se ge­di­ag­no­seer is. (Os­te­o­po­ro­se tas die be­ne in jou lig­gaam aan en maak dit mak­lik breek­baar.) Sy het ge­dink haar“le­we is ver­by”.

Ge­ge­we haar skoon­pa se af­ster­we het sy haar di­ag­no­se stil­ge­hou en sy sê dit het haar op ’n pad na ver­woes­ting ge­lei. Sy is op pil­le ge­sit wat haar meer de­pres­sief ge­maak het en sou af­vat by die werk om te gaan dob­bel by ’n ca­si­no.“Dit het tot ’n ver­sla­wing ge­lei wat tot nog ’n ver­sla­wing ge­lei het,” ver­tel C­heryl.

TOEVLUG IN KOS

Sy het haar toevlug tot kos ge­neem en be­gin oor­eet. C­heryl het o­ën­skyn­lik ’n baie bor­re­len­de per­soon­lik­heid en dis hoe men­se bui­te die huis haar ge­sien het. Selfs ty­dens haar moei­lik­ste dae, ver­tel sy.“Wat jy bui­te ge­sien het, was nie wat bin­ne my aan­ge­gaan het nie. Ek sou in my ka­mer sit en vir ure aan­een huil. By die werk sou ek my­self in die bad­ka­mer toe­sluit en be­gin oor­eet. Ek sou my hand­sak saam toi­let

Ek­het­vir­my­ma­ge­be­len­ge­sê‘nóú­gaan­e­ke­nig­iet­seet.Ek­gee­op’.Al­mal­moet­dood­gaan,soek kan­net­so­wel­nou­dood­gaan. C­HERYL G­REEN

toe neem en my­self vol­prop met e­nig­iets waar­aan jy kan dink. Ek sou vir twee ure daar sit en eet en my lon­ge uit­huil.”

Sy sê sy het waar­de­loos as ’n vrou en ’n eg­ge­noot ge­voel om­dat sy om­trent 17 kg op­ge­tel het. By die huis, ver­tel C­heryl ver­der, sou sy dan op haar kin­ders, Ro­nan (15) en Ca­lis­ta (11), en man, Ro­ger (40), skree.“Dit het ’n groot im­pak op die men­se rond­om my ge­had. Ek dink dit het vir my dog­ter angs­tig­heid ver­oor­saak. My seun sou hom­self in sy ka­mer toe­sluit. Ek sou my man se kop af­byt en hy sou my­ne af­byt. Dit het glad nie goed ge­gaan nie,” er­ken sy.

Ro­ger sê haar ge­drag het hom la­ter self de­pres­sief ge­maak.“Ons het de­fi­ni­tief ge­suk­kel. Haar ge­drag het baie be­kom­mer­nis­se en de­pres­sie ver­oor­saak, ver­al met my pa se af­ster­we het dít ook nog baie span­ning in ons hu­we­lik ver­oor­saak.”Ro­ger het eg­ter al­tyd sy vrou deur al­les on­der­steun en aan­ge­moe­dig. “Ek sou haar al­tyd her­in­ner dat din­ge be­ter sal gaan.”

Die keer­punt vir C­heryl was in Sep­tem­ber 2016 toe sy be­sluit het om te be­gin hard­loop na­dat sy hard­lo­pers te­ë­ge­kom het.“Hul­le het so ge­luk­kig ge­lyk,”sê sy. Sy het haar ho­ër­skool­tek­kies uit­ge­haal en in die buurt ge­hard­loop. Min het sy ge­weet dat haar be­ne, heu­pe en arms reeds weens haar siek­te be­gin in­gee het.“Ek het 400 me­ter ge­hard­loop en toe be­land ek op kruk­ke vir ses we­ke!”

Sy was te swaar vir haar knieë en het te veel druk daar­op ge­sit. Die dok­ter het vir haar ge­sê sy gaan teen 40 in ’n rol­stoel wees as sy nie vin­nig haar leef­styl ver­an­der nie.“Ek was in skok en het in on­ge­loof vir hom ge­kyk. Ek het vir my­self ge­dink,‘dit kan nie wees nie’. Ek voel nie siek nie. Ek voel seer, maar nie siek nie.”

Toe sy huis toe gaan, het sy ge­voel as­of sy wil op­gee.“Ek het vir my ma ge­bel en ge­sê‘nóú gaan ek e­nig­iets eet. Ek gee op’. Al­mal moet dood­gaan, so ek kan net so­wel nou dood­gaan,”het C­heryl ge­re­de­neer. Toe sy eg­ter aan haar kin­ders dink, het sy be­sef sy moet pro­beer ter wil­le van hul­le.“Ek het vir hul­le ge­kyk en be­sef ek het hul­le no­dig net soos wat hul­le my no­dig het. Hul­le sien my as ’n rol­mo­del en dís wat ek gaan wees.”

Sy sê ook haar ge­loof het haar­deur­ge­dra en dit was die pad wat die He­re vir haar uit­ge­sit het om te loop.“Ek glo daar­die strui­kel­blok­ke is in my le­we ge­sit om my ster­ker te maak.”

BE­GIN IS MOEI­LIK

In Ja­nu­a­rie ver­le­de jaar het C­heryl vir die eer­ste keer in haar le­we by ’n gym aan­ge­sluit en saam met haar kol­le­gas by die werk met ’n“big­ge­st lo­ser”-pro­gram be­gin. Sy het ge­sond be­gin eet en ook by die Run/Walk for Li­fe-hard­loop­klub aan­ge­sluit na­dat hul­le haar ’n jaar­lan­ge gra­tis lid­maat­skap aan­ge­bied het. Aan die be­gin het sy eg­ter ge­twy­fel of sy dit kon doen.

Toe sy vir die eer­ste keer by die klub gaan oe­fen, wou sy nie uit haar kar klim nie.“Ek het in die kar ge­sit en my hart uit­ge­huil daai dag. Ek het ge­dink ek is nie ’n hard­lo­per nie.”Die vol­gen­de oom­blik het die af­rig­ter aan haar deur ge­klop en vir haar ge­sê om uit te klim. Die res is ge­skie­de­nis.

Van­dag hard­loop sy vyf keer per week vir 6 tot 10 km per dag en na­we­ke vir 15 tot 21 km. In A­pril van­jaar het sy haar eer­ste 30 km-wed­loop vol­tooi en sy oe­fen tans vir haar eer­ste ul­tra­ma­ra­thon van 50 km in Ju­lie en vir die Kaap­stad-ma­ra­thon van 42,2 km in Sep­tem­ber van­jaar.

Haar ge­moed en ge­sond­heid het dras­ties ver­an­der se­dert sy be­gin hard­loop het.

Dít ten spy­te van die feit dat sy in pyn is weens die os­te­o­po­ro­se.“Ek hard­loop kon­stant met pyn en is baie be­wus daar­van. Wan­neer ek val, is ek bang dat ek mis­kien ’n been ge­breek het.”Sy sê daar is nie veel wat sy aan haar siek­te kan doen nie. Sy neem kal­si­um­ta­blet­te en sê dis mak­li­ker se­dert sy ge­sond be­gin eet en oe­fen het.“Dis net een van daai toe­stan­de waar­mee jy moet le­we. Aan die ein­de van die dag dink ek hard­loop is ’n mind ga­me. Jy moet sterk wees in jou ge­moed ver­al as jy ’n siek­te­toe­stand het.”

C­heryl se goeie ge­moed het ook ’n po­si­tie­we im­pak op haar ge­sins­le­we ge­had. Haar seun het saam met haar be­gin hard­loop en het die eer­ste span op skool ge­haal.“Mis­kien is dit in ons bloed. Jy weet nooit nie,”lag C­heryl. Die ge­sin is ook meer ge­heg aan me­kaar se­dert sy haar le­we ver­an­der het. Haar dog­ter doen ook pret­lo­pe saam met haar en hul­le doen meer din­ge as ’n ge­sin.“In plaas daar­van om by die huis te sit, gaan ons uit en doen fa­mi­lie-din­ge. Dis iets wat ons nooit voor­heen ge­doen het nie.”Fi­sies voel C­heryl goed en het reeds om­trent 27 kg af­ge­skud. En dít deur mid­del van iets wat sy nooit ge­dink het sy sou doen nie.“Hard­loop het ge­not­vol ge­word en die hard­loop-ge­meen­skap het ook soos fa­mi­lie ge­word.”

C­heryl het ver­le­de jaar die toe­ken­ning vir die mees in­spi­re­ren­de hard­lo­per by haar klub ge­wen. Hoe­wel sy nooit ’n hard­lo­per was nie, het sy van kleins af ’n droom ge­had om ’n ma­ra­thon voor die ou­der­dom van 40 te vol­tooi. En te oor­deel aan die vor­de­ring wat sy in ’n jaar en ’n half ge­maak het, is sy goed op dreef om van­jaar haar droom te be­waar­heid.

HOOF­FO­TO: C­heryl G­reen hard­loop ten min­ste vyf dae per week en oe­fen nou vir haar eer­ste ma­ra­thon.

C­heryl voor en na­dat sy ge­wig ver­loor het deur te hard­loop en reg te eet.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.