In­spi­ra­sie: S­kool­mei­sie bou eie be­sig­heid

Sy was dik daar­van om aan­hou te suk­kel om haar tek­kies or­dent­lik skoon te maak. Nou help sy haar­self en an­der en die ran­de rol in!

Kuier - - Inhoud - DEUR Tar­ren-lee ha­bel­gaarn

Tie­ners en tek­kies – be­ter pas­maats kan jy nie kry nie! Dié twee gaan hand aan hand en daar’s niks waar­van ’n tie­ner meer hou as om met die nuut­ste voet­goed te spog nie.

’n Vyf­tien­ja­ri­ge mei­sie van Kom­me­tjie bui­te Kaap­stad het haar lief­de vir tek­kies eg­ter ’n stap­pie ver­der ge­vat deur dit in ’n be­sig­heid te om­skep. Aa­ki­fah Slar­mie was moeg daar­voor om te suk­kel as sy haar guns­te­ling-trap­pers wou skoon­maak en nie die reg­te skoon­maak­mid­dels kon kry om die job reg te doen nie.

Uit hier­die pro­bleem is haar be­sig­heids­i­dee ge­bo­re en sy het be­sluit om skoon­maak­pro­duk­te vir tek­kies te maak.

Aa­ki­fah het tek­kies in al­ler­han­de kleu­re en vir el­ke ge­leent­heid. So of sy nou by die huis is, saam met haar vrien­de win­kels toe gaan of net saam met fa­mi­lie op spe­si­a­le dae soos Eid kui­er, sal jy haar al­tyd in ’n paar tek­kies kry. Sy glo jou uit­rus­ting is nooit reg­tig vol­maak son­der ’n in­te­res­san­te paar tek­kies nie.

Maar om hul­le skoon te hou, ver­al ’n Con­ver­se of Ni­ke se wit rand, is nie al­tyd ’n mak­li­ke taak nie en iets waar­mee Aa­ki­fah en haar vrien­de al­tyd ge­suk­kel het. Hul­le was al­tyd op soek na die reg­te skoon­maak­mid­del wat hul tek­kies kon skoon­maak son­der om dit te be­ska­dig.

Haar ou­ers het ook nie geld ge­had om hon­der­de ran­de te be­taal vir duur pro­duk­te nie en om­dat Aa­ki­fah net op spe­si­a­le ge­leent­he­de nu­we tek­kies kry, was dit vir haar baie be­lang­rik om haar tek­kies mooi te hou. Vol­gens Aa­ki­fah is som­mi­ge pro­duk­te nie sterk genoeg om jou tek­kies mooi skoon te maak nie ter­wyl an­der weer die wit vlek en dit geel laat lyk. Aa­ki­fah sê as

jy ’n goeie skoon­maak­mid­del het, hoef jy ook nie har­de spon­sies of skrop­bor­sels te ge­bruik nie. Dit help ook dan om jou s­koe­ne te be­skerm.

Al wat Aa­ki­fah en haar vrien­de wou hê, was ’n pro­duk wat goed en mak­lik werk, maar ook hul s­koe­ne ná el­ke aan­trek weer soos nuut laat lyk het.

maak haar eie plan

Toe sy so twee jaar ge­le­de haar s­koe­ne wou skoon­maak na­dat dit ’n paar we­ke te­vo­re ty­dens ’n a­von­tuur met vrien­de baie vuil ge­word het, het sy weer nie die reg­te pro­duk ge­had nie. Aa­ki­fah het toe be­sluit om rond te speel met ver­skil­len­de kom­bi­na­sies van seep, wa­ter, skoon­maak­mid­dels en an­der be­stand­de­le wat hul­le in die huis ge­had het. Sy het dit ge­doen tot­dat sy ’n for­mu­le ge­kry het wat haar tek­kies na haar sin skoon­ge­maak het.

Toe sy uit­ein­de­lik die reg­te kom­bi­na­sie vind, het sy vir haar pa, Ni­zaam (40), die re­sul­ta­te gaan wys.

Haar pa was aan­vank­lik kwaad dat Aa­ki­fah die huis se skoon­maak­mid­dels en be­stand­de­le ge­bruik het om“mee te mors”, maar het toe maar be­sluit hy wil tog sy kin­ders toe­laat om te droom en kre­a­tief te wees. En mens weet nooit of dit dalk vir Aa­ki­fah geld kan maak nie, het Ni­zaam ge­dink.

’n Op­ge­won­de Aa­ki­fah het in daar­die sta­di­um nie eens aan ’n be­sig­heid ge­dink nie, sy wou net vir haar vrien­de ’n pro­duk wys wat werk en hul le­we mak­li­ker maak.

“Ek het dit nie ge­doen met die i­dee om ’n be­sig­heid te hê of om geld te maak nie. Ek wou net iets kry wat my tek­kies mooi sal skoon­maak son­der om dit te be­ska­dig en son­der om my ou­ers geld te kos,”sê sy.

“Toe ek ’n for­mu­le kry waar­mee ek ge­luk­kig is, was my vrien­de die eer­ste men­se op wie ek dit wou toets. Ons moes kyk of dit net so goed op hul s­koe­ne gaan werk as my­ne. Al­mal wat ek ken, dra tek­kies en dit is soort­van deel van jou i­den­ti­teit en per­soon­lik­heid in my om­ge­wing. Nie­mand wil met vuil tek­kies rond­loop nie, so ek het ge­weet as hul­le dink die for­mu­le werk, sou dit ’n wen­ner wees.”

Aa­ki­fah het haar for­mu­le met ’n paar van haar vrien­de op ver­skeie s­koe­ne pro­beer en el­ke keer was hul­le ge­luk­kig met hoe dit lyk. Sy het be­sluit om nog van die mid- del te maak en het dit vir kin­ders in haar ge­meen­skap ge­gee om te pro­beer.

“Dit het nog­al duur be­gin raak, want al­mal wou hê, so ek moes aan­hou nog maak en dit was goed wat ons in die huis ge­bruik het. My pa het kwaad ge­raak en toe help hy my om ’n be­gro­ting uit te werk so­dat ek kan sien of ek ’n wins sal maak as ek dit ver­koop,”ver­dui­de­lik Aa­ki­fah.

“Hy het ver­dui­de­lik dat ek dit nie net ver­niet kan maak nie en dat dit in ’n be­sig­heid kan ver­an­der. Ek het op­ge­won­de ge­raak, want ek sou an­der kon help om skoon tek­kies te dra, maar ek kon ook vir my eie sak­geld sorg en daar­oor was ek nog meer op­ge­won­de om­dat ek dan nu­we tek­kies vir my­self kon koop,”er­ken sy met ’n skaam lag.

eie be­sig­heid

Aa­ki­fah sê sy is baie skaam en het nie ge­weet hoe om met men­se te praat en haar pro­duk aan hul­le te ver­koop nie.

Maar na­dat sy een of twee be­stel­lings ont­vang het, het dit haar die ver­troue ge­gee om be­ter met men­se te kan praat.

Haar heel eer­ste be­stel­lings vir haar skoon­maak­mid­del het sy net in ’n ge­wo­ne plas­tiek­bot­tel ge­le­wer.

Maar hoe meer sy dit ge­bruik en ook ver­koop het, het sy ge­voel dit sou meer ge­rief­lik wees as jy die skoon­maak­mid­del op jou skoen kon spuit.

Sy het die for­mu­le in ’n spuit­bot­tel be­gin ver­koop en la­ter met die hulp van haar ou­ers ’n e­ti­ket ont­werp. Soos wat men­se haar pro­duk be­gin koop het, het hul­le vir hul vrien­de en fa­mi­lie ver­tel en het haar be­stel­lings en die be­lang­stel­ling in haar pro­duk net be­gin groei. Sy het la­ter die aan­dag van die rap­per, Young­staCPT, ge­trek wat ook ’n kle­re­reeks het en mal is oor tek­kies. “Hy het vir van die skoen­win­kels in die om­ge­wing ver­tel van my pro­duk en dit ook in sy eie pop-up win­kel ge­sit. Men­se was mal daar­oor en toe be­gin twee an­der skoen­win­kels ook my pro­duk ver­koop. Dit was a­ma­zing, ek kon dit nie glo nie,”sê sy. “Ek het toe ’n bor­sel en lap­pie ook by die pro­duk be­gin ver­koop so­dat jy ’n he­le kit het. Ek ver­koop nou om­trent 300 ’n maand en dit groei el­ke maand. Ek kry ook bulk­be­stel­lings en nou help my fa­mi­lie en vrien­de my om­dat ek nie al­tyd kan by­hou nie. Ek het on­langs by die groot tek­kie­kon­fe­ren­sie ook ver­koop en ek hoop om meer van hul­le by te woon.” Ni­zaam sê hy is baie trots op sy dog­ter en hy glo haar be­sig­heid gaan net ver­der groei. Aa­ki­fah is tans in graad 10 by Fish Hoek High S­chool en ná net twee jaar is haar be­sig­heid reeds suk­ses­vol. Nou wys sy vir an­der kin­ders én groot­men­se dat jy nie vir ’n graad, geld of ná skool hoef te wag om groot te droom nie. Aa­ki­fah se suk­ses leer ons ook jy hoef nie oud te wees om ’n be­sig­heid te be­gin nie, so­lank jy ’n i­dee het wat werk en daar­in glo, kan niks in jou pad staan nie.

Ek­ver­koop­nou om­trent300’n maan­den­dit groei­el­ke­maand. AA­KI­FAH SLAR­MIE

HOOF­FO­TO: Aa­ki­fah Slar­mie wys haar skoon­maak­mid­del vir tek­kies.

Aa­ki­fah wys hoe jy jou tek­kies met haar mid­del skoon­maak.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.