Le­wens­dra­ma: Seun kry 7 o­pe­ra­sies om le­we te red

Van haar seun se ge­boor­te af moes hier­die en­kel­ma hos­pi­taal in en uit om hom aan die le­we te hou. Maar die kind het van­af dag een ba­klei en staan van­dag sterk.

Kuier - - Inhoud - Deur Mar­te­li B­re­wis

Ba­bas is god­ge­ge­we ge­sken­ke wat vei­lig bin­ne-in jou as ma kan be­staan en groei. Maar wat as dié kos­ba­re ge­skenk nie so ge­sond groei soos wat jy dink nie?

’n En­kel­ma van Hawston, na­by Her­ma­nus, se dro­me vir ’n ge­son­de baba het eg­ter in ’n nag­mer­rie ont­aard toe sy ná die ge­boor­te van haar seun­tjie uit­vind twee gaat­jies het in sy hart ge­vorm ter­wyl sy swan­ger was. Dit was die be­gin van ’n lang, uit­mer­ge­len­de reis van pyn, kom­mer en baie tra­ne wat sou voor­lê. Haar seun­tjie sou se­we o­pe­ra­sies moes on­der­gaan voor hy twee ge­word het. Sy was ook al­leen, want haar kind se pa was al uit die prent­jie nog voor sy ge­boor­te.

Lori-Ann Meyer (34) se han­de was af­ge­kap en sy kon niks doen vir die kind wat sy met so­veel lief­de vir ne­ge maan­de bin­ne-in haar ge­koes­ter het nie. Sy moes haar kind in die han­de van dok­ters en die nood­lot toe­ver­trou.

Dis ’n stil dag in Hawston wan­neer ons vir Lori-Ann en haar seun­tjie, Ni­cho­las “Nik­ki”Ru­dolph (4), gaan kui­er. Die lug is skil­der­ag­tig blou. Hier en daar blaf ’n hond. Twee buur­man­ne staan en ge­sels oor die hei­ning.

Wan­neer jy na ma en seun kyk, die prag­ti­ge glim­lag­te en skit­te­ren­de oë vol lief­de, kan jy am­per nie die pad glo wat hul­le tot nou moes stap nie.

Nik­ki is mal daar­oor om met kar­re­tjies te speel en op sy swart skop­mo­tor­fiets te ry.

In sy bloed­rooi hemp lyk hy soos ’n kind vir wie die le­we net ’n fees is. Sy mam­mie is sy bes­te maat­jie en hy is lief om te sing, ver­al lie­we Je­sus-lied­jies. Wan­neer hy glim­lag, steel hy ’n stuk­kie van ’n mens se hart, laat hy jou glo daar is hoop. Dit is am­per on­moont­lik om te dink sy klein ly­fie vol letsels on­der daai rooi hemp ver­tel ’n heel an­der s­to­rie – een wat hy am­per nie oor­leef het nie.

Daar is groot fout

“Ek kan van­dag skaars glo wat ons al­les moes deur­maak en dat ons het,”ver­tel Lori-Ann. Ná Nik­ki se ge­boor­te kon sy nie op­hou om na hom te staar nie, voeg sy by. Hy was die mooi­ste ding wat sy nog ooit ge­sien het, so kos­baar.“Hy het die he­le aand so ag­ter my rug ge­lê,”ont­hou sy. Haar hart wou bars van die oor­wel­di­gen­de lief­de wat in haar op­ge­bor­rel het. Maar haar vreugde was van kor­te duur . . .

Nik­ki is in Her­ma­nus se pro­vin­si­a­le hos- pi­taal op 12 Sep­tem­ber 2013 deur mid­del van ’n nood­kei­ser­snee ge­bo­re.

Lori-Ann was toe reeds ne­ge maan­de en twee we­ke swan­ger en het steeds el­ke dag by C­hec­kers op die dorp ge­werk. Hoe­wel haar swan­ger­skap ge­sond en nor­maal ver­loop het, het haar be­stuur­der haar aan­ge­moe­dig om kli­niek toe te gaan om se­ker te maak al­les is nog reg.

Die kli­niek het haar da­de­lik hos­pi­taal toe ge­stuur. Na­dat die dok­ter haar on­der­soek en ge­mo­ni­tor het, het hy haar on­mid­del­lik te­a­ter toe ge­neem om­dat die baba se hart­klop be­sig was om al hoe sta­di­ger te word.

Nik­ki het ty­dens ge­boor­te ’n ste­wi­ge 3,7 kg ge­weeg.“Hy was ’n prag­ti­ge ba­ba­tjie en ek was so op­ge­won­de. Hy is my eer­ste en e­nig­ste kind,”sê sy.

“Ná sy ge­boor­te wou hy nie bors­voed nie – nie die aand nie en ook nie die vol­gen­de og­gend nie,”ont­hou Lori-Ann.

Ver­pleeg­per­so­neel het haar ge­help om bors­melk uit te pomp en dit vir hom met ’n kop­pie te voer.“Ek het ge­dog my baba het ’n wind.”Sy het hom oor haar skou­er ge­gooi en sy rug­gie ge­vryf om die wind te pro­beer uit­kry. Hy het on­ge­mak­li­ke kreun­ge­lui­de be­gin maak en sy ma­gie was

vrees­lik op­ge­swel. Lori-Ann het ’n on­heil­spel­len­de ge­voel ge­kry dat al­les nie pluis is nie.

Sy het da­de­lik die ver­pleeg­sters ge­roep en ge­sê daar is fout met haar seun. Hul­le het vir hom suur­stof ge­gee en in ’n broei­kas ge­sit. Die vol­gen­de dag is hy en sy ma Ty­ger­berg-hos­pi­taal toe ge­jaag vir ’n nood­o­pe­ra­sie.“Me­die­se per­so­neel het iets baie on­ge­woon ag­ter­ge­kom. My baba het nie ’n a­nus ge­had nie. Ek het dit self ge­sien. Daar was niks sny­tjies of ’n gaat­jie om te pou nie,”ver­dui­de­lik Lori-Ann.

Hul­le moes on­mid­del­lik die on­der­kant van sy dik­derm by ’n o­pe­ning na­by sy ab­do­men uit­haal en vir hom ’n sto­ma-sak­kie gee so­dat hy kon ont­las. Die derm­pie was heel­te­mal uit en ’n mens kon dit sien, ver­tel sy ver­der. Dit was baie sen­si­tief en on­ge­mak­lik en kon mak­lik ont­steek.“Ek was stuk­kend van die hart­seer om my kind só te sien. ’n Mens ver­wag nie dit nie. Ek het da­de­lik in tra­ne uit­ge­bars,”ver­tel sy sag­gies ter­wyl sy na haar han­de kyk. Dis as­of die tra­ne van ont­hou nog vlak lê.

Maar dit was nie die e­nig­ste ding wat hier­die klein seun­tjie se le­we be­dreig het nie. Dok­ters het ook uit­ge­vind hy is met twee gaat­jies in sy hart ge­bo­re.

Me­die­se per­so­neel he­tiet s baie on­ge­woon ag­ter­ge­kom. My baba het nie’ n a­nus ge­had nie. Ek het dit self­ge­sien. LORI-ANN MEYER

Maar om­dat sy nu­we ly­fie nog so swak was, wou dok­ters hê hy moet eers sy krag­te op­bou voor­dat hy ’n hart­o­pe­ra­sie kon on­der­gaan. Die eer­ste paar maan­de van Nik­ki se le­we was ’n uit­mer­ge­len­de s­tryd teen die dood.

bly sterk vir seun

Lori-Ann was nog in ont­set­ten­de pyn van die kei­ser­snee en am­per ’n e­mo­si­o­ne­le wrak daar­die eer­ste paar dae ná Nik­ki se ge­boor­te. Tog het sy haar­self voor­ge­neem om sterk te bly vir haar seun­tjie. Van Nik­ki se ge­boor­te en vir twee jaar daar­na was ma en seun ge­reel­de be­soe­kers by die kin­der­hos­pi­taal se waak­een­heid.

“Ek het baie keer op die grond van die hos­pi­taal­saal vir my ’n bed ge­maak so­dat ek net my lyf en my oë bie­tjie kon rus. Maar ek het by my kind ge­stáán. Ek kon hom nie los nie,”sê sy met oë wat blink van die tra­ne.

Lori-Ann moes hom self tuis ver­sorg voor­dat hy vir sy hart­o­pe­ra­sie kon gaan. Dit was maar moei­lik, want nie net het hy ge­suk­kel om a­sem te haal nie, maar die sto­ma-sak­kie en sy derm het ook baie ver­sig­ti­ge sorg ge­verg. Par­ty­keer het sy nag­te om in vrees wak­ker ge­lê.“Ek het la­ter p­re­sies ge­weet wan­neer my kind moes hos­pi­taal toe. Sy hart­jie het be­gin jaag, vin­ni­ger en vin­ni­ger. Dan het ek ge­weet hy suk­kel om a­sem te kry en dan moes ons hos­pi­taal toe.”

Sy ver­tel sy en haar pap baba sou snags in die bed lê dan voel sy ewe skie­lik die “doef, doef, doef”van sy hart en dan breek daar ’n stuk­kie van haar in sker­we.

Sy moes dan da­de­lik plan maak om op ’n ma­nier by die hos­pi­taal uit te kom.“Ons moes keer op keer jaag. Hy was twee keer in ICU. Twee keer wat ek ge­dink het ek gaan my seun­tjie ver­loor,”pre­wel sy met ’n be­we­ri­ge stem.

As ge­volg van sy toe­stand was hy baie vat­baar vir in­fek­sies en selfs ’n ver­koue kon do­de­lik wees. Par­ty­keer was hul­le net ’n week by die huis en dan weer maan­de in die hos­pi­taal. Ter­wyl die mees­te ma’s trots toe­kyk hoe hul ba­bas groei, moes Lori-Ann hoop en bid haar seun oor­leef.

“Hy was een keer so siek, die hos­pi­taal het die he­li­kop­ter ge­roep om ons te kom haal. Toe gaan sy hart . . . Ons fa­mi­lie het daai dag ge­dink ons gaan hom ver­loor,” snik sy sag­gies.

“Dit was die erg­ste tyd van my le­we om my kind, my klein ba­ba­tjie, so te moes sien.”

Op ses maan­de was hul­le na die Rooi Kruis-hos­pi­taal om die gaat­jies uit­ein­de­lik in sy hart reg te maak en ’n a­nus vir hom te maak. Hy was ten laas­te sterk genoeg om die o­pe­ra­sies te on­der­gaan.“Dok­ter het vir my ver­dui­de­lik hul­le gaan ’n stuk­kie vel uit­knip, want die gaat­jies ver­oor­saak dat hy suk­kel om a­sem te haal.”

Lori-Ann kon eers weer rus­tig slaap na­dat sy hart reg­ge­maak is.

“Ek het be­sef hy gaan ou­kei wees toe sy hart vir ’n ruk nie meer daar­die‘doef-doef­doef’-ge­luid ge­maak het nie.”

nu­we hoop

Hul­le moes eers wag tot­dat sy nu­we a­nus heel­te­mal ge­sond was voor­dat hul­le Ni­cho­las se derm te­rug in sy ly­fie kon sit toe hy am­per twee was.

“Hy het ’n sny van sy sy tot by sy pie­pie,” ver­dui­de­lik Lori-Ann.

Dit is een van die ve­le lit­te­kens op sy klein ly­fie wat sy bra­we s­to­rie ver­tel.“Die erg­ste vir my was ge­wees toe hul­le die derm­pie te­rug­ge­sit het. Hul­le moes drie

keer die wond oop­maak, want daar was kom­pli­ka­sies. Nik­ki kon niks eet of drink nie. Daar het net groen by sy mond uit­ge­kom. Hy was in en uit die te­a­ter,”ont­hou sy.

“Ek het dag en nag langs sy bed ge­sit in die hos­pi­taal. Hy kon nie eet of drink nie. Hy het net­so daar ge­lê,”sê sy af­ge­trok­ke en er­ken teen hier­die tyd was sy al moe­de­loos.

“My kind suf­fer en ek kon niks doen nie.” Tog het sy vir haar ’n kooi op die grond langs sy bed ge­maak en daar ge­bly, ge­bid en die By­bel ge­lees vir hoop en krag.

“Party dae het ek som­mer huis toe ge­bel en ge­huil oor die foon tot­dat daar nie meer huil in my oor was nie,”er­ken sy.

An­der ke­re het sy weer by sy bed ge­sit en sy hand­jie vas­ge­hou. Selfs die dok­ters het soms op­ge­merk dat die uit­mer­ge­len­de s­tryd sy tol op haar eis en haar aan­ge­moe­dig om te rus.

“Een­dag in ICU het ek by hom ge­sit toe sê een van die nur­ste vir my,‘Wow, hy is reg­tig ’n veg­ter’. Dit het ge­help. En toe hy ná die der­de dag sy hand so op­lig, het ek dit ook be­sef.”

Sy het el­ke keer weer op­ge­staan en sterk ge­bly vir hom.

Tot van­dag toe ver­staan sy nie mooi hoe­kom dit al­les ge­beur het en wat dit ver­oor­saak het nie.

Nik­ki moes al­te­saam se­we o­pe­ra­sies voor sy twee­de ver­jaar­dag deur­maak. Dit was twee jaar van kon­stan­te kom­mer, wat Lori-Ann nie wil her­leef nie.

Sy kon nie werk nie, kon nie sor­ge­loos saam met vrien­de kui­er of eers ’n be­hoor­li­ke rus­kans kry nie. Hoe­wel sy baie on­der­steu­ning van haar vrien­de en fa­mi­lie, ver­al haar ma, No­ra, ge­kry het, was sy meest­al al­leen op die pad, een­saam in die hos­pi­taal, ver ver­wy­der van al­les wat sy ken. Maar as sy te­rug­kyk op hul reis, sou sy dit nie an­ders ge­doen het nie.

Op vier is Nik­ki klei­ner as an­der kin­ders van sy ou­der­dom. Lori-Ann ver­tel hy is nog nie so sterk soos an­der kin­ders nie en hy is ’n bie­tjie ag­ter met mo­to­rie­se vaar­dig­he­de. Hy het ook eers op drie be­gin loop.

Maar dit is te ver­wag­te ná al­les wat hy moes deur­staan en sy het geen twy­fel dat hy bin­ne­kort net so sterk en vin­nig soos die res gaan wees nie. Tog is daar niks fout met sy ver­stand nie.

“Hy is klok­hel­der en daar is niks wat hy nie kan doen nie,”ver­tel Lori-Ann trots. Sy kyk na haar seun en glim­lag. Dit is dui­de­lik dat die band tus­sen moe­der en seun on­breek­baar is.

Van­dag be­sef Lori-Ann dat God dalk ’n gro­ter plan het met haar Nik­ki.

“My dro­me vir hom vir een­dag is dat hy iets moet word in die le­we, dat hy vir men­se kan ver­tel waar­deur hy al­les is as ba­ba­tjie,”sê sy. Sy glo vas daar is groot din­ge vir hom be­sko­re.

sien uit na toe­koms

Dees­dae is Nik­ki ’n ge­son­de, op­ge­wek­te klein seun met ’n glim­lag wat selfs ’n steen­hart kan laat ver­mur­we. Hul­le moet nog ge­reeld vir check-ups gaan om se­ker te maak sy hart en nie­re werk soos dit moet, maar hy ge­bruik glad nie meer me­di­ka­sie nie en dok­ters is baie te­vre­de met sy vor­de­ring.

Al slaan Lori-Ann nog soms in koue sweet uit wan­neer die her­in­ne­rin­ge haar tref, is die twee be­sig om vir hul­self ’n nor­ma­le le­we uit te kerf in Hawston.

“Ek kan nou weer ’n bie­tjie a­sem­haal en re­lax,” glim­lag sy.

As ge­volg van sy aan­vank­li­ke derm­pro­ble­me dra hy steeds kim­bies, maar so­dra hy dit kan af­leer, gaan sy ma sy sak pak en hom skool toe stuur. Sy wil nie hê hy moet skaam wees om­dat hy nog nie ge­pot­ty train is nie. Sy glo hy sal teen daar­die tyd ook so vin­nig en sterk soos die an­der kin­ders van sy ou­der­dom wees, want sy wil nie hê hul­le moet hom terg wan­neer hy val en suk­kel om op te staan soos op die oom­blik nie.

Lori-Ann kan weer sta­dig maar se­ker haar le­we weer be­gin her­bou.

Sy sien uit daar­na om weer ’n vas­te werk te hê. Dees­dae werk sy soms by ’n per­le­moen­plaas in die om­ge­wing. Sy ge­niet dit om die per­le­moen-mand­jies te maak en per­le­moen-hui­se te bou vir die per­le­moen om in te broei.

Saans as Lori-Ann en Nik­ki styf teen me­kaar lê, hoor sy hoe hy rus­tig a­sem­haal, sy hart­jie kalm klop soos dit moet en dan be­sef sy die pad­kaart van sy le­we is ook die pad­kaart na haar hart.

BO: Lori-Ann en Nik­ki by die huis waar hy op sy ge­luk­kig­ste is as hy sy skop­fiets kan ry.

HOOF­FO­TO: Lori-Ann en haar seun, Nik­ki (4). Hy wys die lit­te­kens op sy lyf ná sy se­we o­pe­ra­sies. LINKS: Nik­ki ná sy hart­o­pe­ra­sie op ses maan­de. BO: Nik­ki in die hos­pi­taal met sy sto­ma-sak­kie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.