Ver­hou­dings: Jong vrou help Mos­lems lief­de soek

Soms het die lief­de net ’n hup­stoot no­dig en met haar da­ting ser­vi­ce vir Mos­lems bring sy een­sa­me har­te by­me­kaar!

Kuier - - Inhoud - DEUR Tar­ren-Lee Ha­bel­gaarn

Dis nie al­tyd mak­lik om jou per­fek­te le­wens­maat te vind nie. Jy moet baie pad­das soen voor jy daai wa­re prins ont­moet en som­mi­ge suk­kel vir de­ka­des, want die lief­de kom nie ewe mak­lik vir al­mal nie.

In die Mos­lem-ge­meen­skap kan dit selfs moei­li­ker wees, want die da­ting poel is nóg klei­ner. So­si­a­le me­dia soos In­sta­gram, T­wit­ter en Tin­der maak dit dees­dae mak­li­ker om nu­we men­se te ont­moet, maar dit is nie al­tyd vei­lig en ge­pas nie.

Die mees­te aan­lyn­diens­te vir da­ting vol­doen nie aan die S­ha­ria-wet nie en dit maak dit moei­lik vir Mos­lems wat graag ie­mand wil ont­moet, maar steeds by die wet­te van hul ge­loof wil hou. Vol­gens die S­ha­ria-wet moet vroue deur ’n man­li­ke fa­mi­lie­lid ver­ge­sel word wan­neer hul­le vreem­de mans ont­moet. Die p­lek waar hul­le ont­moet, moet ook ver­kies­lik

Ek het nooit ge­dink ek sou op my ou­der­dom weer lief­de vind nie. Maar my vrien­din wou nie al­leen na een van die ge­leent­he­de gaan nie en het my­ge­nooi. SHAEEDA EMJEDDI

ha­laal wees – geen al­ko­hol moet by­voor­beeld daar be­dien word nie.

Dank­sy I­man C­hil­wan (33) van Ken­wyn in Kaap­stad, is daar nou hoop vir Mos­lems om ’n ge­skik­te met­ge­sel te vind en steeds hul ge­loof ge­stand te doen. I­man wat in Kaap­stad ge­bo­re is, maar vir ja­re in die bui­te­land ge­woon het, sê sy het oor­see een of twee kui­er­ge­leent­he­de by­ge­woon wat deur aan­lyn­diens­te vir en­kel­lo­pen­des ge­or­ga­ni­seer is.

Sy het met ’n paar van haar vrien­de en fa­mi­lie­le­de ge­sels en ag­ter­ge­kom daar is baie en­kel­lo­pen­des wat suk­kel om men­se te ont­moet. Sy het toe ’n ge­leent­heid in Kaap­stad ge­ör­ga­ni­seer waar Mos­le­men­kel­lo­pen­des me­kaar in ’n vei­li­ge en ha­laal­vrien­de­li­ke om­ge­wing kan ont­moet. Vol­gens haar het baie van die en­kel­lo­pen­des ook ge­sê hul­le is moeg daar­voor om aan­lyn ’n maat te pro­beer kry.

Be­perk­te keu­ses

“Die mees­te was ook te­leur­ge­steld, om­dat die poel om van te kies, nog­al klein was,”sê sy.“Na­tuur­lik soek hul­le ’n Mos­lem en dan moet hul­le ook ver­kies­lik na­by genoeg woon so­dat jy hul­le kan ont­moet en be­ter leer ken. So baie en­kel­lo­pen­des wat ek ont­moet het, kon nie die reg­te maat kry nie en ek wou hul­le help om lief­de te vind. Ek is ie­mand wat al­tyd in die lief­de glo.”

Sy is self nog on­ge­troud, maar dis juis haar er­va­ring met die lief­de wat haar ge­help het om die ga­ping in die mark te sien.

Vol­gens Mos­lem-ge­loof kan ’n man ook meer as een vrou hê. I­man sê som­mi­ge vroue is be­reid om ’n twee­de vrou te wees, ter­wyl an­der eer­der op hul loop­ba­ne fo­kus, maar ook lief­de soek. Dan is daar vroue en mans wat ge­lief­des aan die dood af­ge­staan het en nou ’n twee­de kans op ge­luk soek. Vol­gens I­man soek baie men­se lief­de vir ver­skil­len­de re­des, maar sy is oor­tuig daar­van dat sy ’n dek­sel vir el­ke pot kan vind.

I­man het vier jaar ge­le­de haar eer­ste ge­leent­heid in ’n skool­saal ge­hou. Sy het en­kel­lo­pen­des uit­ge­nooi om me­kaar te kom ont­moet en 400 men­se van reg­oor Kaap­stad het op­ge­daag. Sy het nooit ge­dink daar­die eer­ste ge­leent­heid sou tot twee web­tuis­tes en ver­skeie ge­luk­ki­ge ver­hou­dings lei nie. Men­se was mal daar­oor en kort daar­na wou hul­le by haar weet wan­neer sy die vol­gen­de ge­leent- heid gaan aan­bied.

Vol­gens I­man word sit­plek­ke ty­dens die ge­leent­heid in ou­der­doms­groe­pe uit­ge­sit so­dat die­ge­ne in hul 60’s, 50’s, 40’s en 30’s by ver­skil­len­de ta­fels ge­plaas word.

Aan die be­gin van die aand o­pen hul­le met ge­bed en dan doen ’n i­mam uit die ge­meen­skap ’n praat­jie oor die hu­we­lik. Daar­na kry al­mal 15 mi­nu­te om met ie­mand in hul ou­der­doms­groep te ge­sels voor­dat hul­le na die vol­gen­de per­soon be­weeg. Dit werk soos speed da­ting.

Ná die tyd word kof­fie en koek aan­ge­bied so­dat die men­se wat me­kaar be­ter wil leer ken of nommers wil uit­ruil, die ge­leent­heid kry om dit te doen.

“Ek was ver­baas toe men­se so po­si­tief op my i­dee re­a­geer. Daar was na­tuur­lik men­se wat dit nie on­der­steun het nie, maar ek dink dit het oor die ja­re be­ter ge­word. Men­se sien dit is suk­ses­vol en dat dit heel­te­mal aan die S­ha­ria-wet vol­doen.

“Elk­een wat my ge­leent­heid by­woon, kan hul pa of broer saam­bring en vir men­se wat dalk Mos­lem ge­draai het en nie self ie­mand het nie, maak ons se­ker daar is men­se uit die ge­meen­skap wat hul­le kan on­der­steun.”

men­se stel be­lang

I­man sê toe sy haar eer­ste ge­leent­heid in 2014 aan­bied, het sy nie ge­dink dit sou die be­sig­heid wees wat dit van­dag is nie.

La­ter het haar be­sig­heid uit­ge­brei na ’n web­tuis­te, want nie al­mal was ge­mak­lik om ie­mand in ’n groep te ont­moet nie.

Som­mi­ge is skaam of net meer pri­vaat en dit is hoe die twee­de deel van haar be­sig­heid be­gin het. Sy wou men­se die ge­leent­heid gee om ie­mand pri­vaat te ont­moet. Men­se kan by prin­ces­sof­he­arts. co.za, haar web­stuis­te, aan­sluit en dan sit sy hul­le in kon­tak met an­der en­kel­lo­pen­des wat goed by hul­le sal pas.

“Baie men­se wat by ons groepaan­de of pri­vaat ont­moet het, het la­ter ge­trou,” voeg sy trots by.

“Dit is al­tyd vir my lek­ker wan­neer men­se vir my fo­to’s van hul troue of selfs hul ba­bas stuur. Dit laat my goed voel om te weet dat ek ’n klein deel in hul ge­luk ge­had het en dit mo­ti­veer my ook om aan te hou met dit wat ek doen.” I­man er­ken dat dit nie al­tyd vir al­mal uit­werk nie, maar dan pro­beer hul­le net weer. We­du­wee Gai­ro­ne­sa (63) sê sy en ’n vrien­din, Shaeeda (60), het ’n ge­leent­heid by­ge­woon met die hoop om nu­we men­se te ont­moet. Gai­ro­ne­sa het nog nie ie­mand ont­moet van wie sy hou nie, maar Shaeeda het wel. “On­ge­luk­kig was daar nie baie 60-ja­ri­ge mans nie. Ek wil ook nie net ie­mand hê nie. Ek wil ’n prak­ti­se­ren­de Mos­lem hê,”sê Gai­ro­ne­sa. Sy sê sy ver­kies ’n we­we­naar eer­der as ’n ge­skei­de man.“Ek wil ook ’n man hê wat ’n werk het. Ek het vyf kin­ders en ek woon saam met my een seun en soms word dit een­saam. Ek is eg­ter baie on­af­hank­lik en as ek al­leen voel, klim ek net in my mo­tor en ry ê­rens. Ek het nog nie ie­mand ge­kry nie, maar my vrien­din het, so ek gaan ook aan­hou. Dit is ook lek­ker om net met an­der men­se by hier­die ge­leent­he­de te kan ge­sels.” Shaeeda, wat na­by Gai­ro­ne­sa woon, sê sy is ge­luk­kig en ver­lief. “Ek het nooit ge­dink ek sou op my ou­der­dom weer lief­de vind nie. Maar my vrien­din wou nie al­leen na een van die ge­leent­he­de gaan nie en het my ge­nooi. Ek wou aan­vank­lik nie gaan nie, maar nou is ek baie bly dat ek ge­gaan het. Ek wou nie reg­tig al­leen oud word nie en nou het ek weer ie­mand wat saam met my din­ge kan doen,”sê Shaeeda.

*Vir meer in­lig­ting oor hier­die diens­te, be­soek www.i­ma­nis­la­mi­ce­vents.com of W­hat­sApp I­man op 079 729 1599.

I­man C­hil­wan help en­kel-lo­pen­des in die Mos­lem-ge­meen­skap om die ge­skik­te maat te vind.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.