Ge­sond­heid: Di­a­be­tes be­kruip jou stil-stil 46

Sui­ker­siek­te is al so al­ge­meen dat dit vir baie men­se nie eens die ge­vaar­lig­te laat flik­ker nie. Maar dit is le­wens­ge­vaar­lik en tog kan dit in baie ge­val­le voor­kom word.

Kuier - - Inhoud - DEUR Mar­te­li b­re­wis

Di­a­be­tes is ge­na­de­loos. Dit raak oud en jonk en ver­laag nie net jou le­wens­kwa­li­teit nie, maar kan ook jou sak ruk. En die erg­ste is dat die siek­te in die mees­te ge­val­le heel­te­mal voor­kom­baar is.

Suid-A­fri­ka­ners staan voor in die ry as dit kom by di­a­be­tes wat ver­oor­saak word deur vet­sug, on­ge­son­de eet­ge­woon­tes en te min oe­fe­ning. Die siek­te en die be­han­de­ling daar­van kos die land jaar­liks ongeveer R350 mil­joen – en dit sluit die toet­se en be­stuur van kom­pli­ka­sies van laat di­ag­no­se uit. Vol­gens Fos­ter Mo­ha­le, di­rek­teur van kom­mu­ni­ka­sie van die na­si­o­na­le ge­sond­heids­de­par­te­ment, neem di­a­be­tes ook jaar­liks toe om­dat Suid-A­fri­ka­ners nie hul­self op­pas nie. Vol­gens hom eis die siek­te sy tol al pro­beer die re­ge­ring om ge­meen­skap­pe be­ter oor die siek­te in te lig. Di­a­be­te­stoet­se is dees­dae ook meer toe­gank­lik en ’n sui­ker­be­las­ting is ook reeds se­dert A­pril van­jaar in wer­king ge­stel om men­se te ont­moe­dig om pro­duk­te te ge­bruik wat ’n hoë sui­ker­in­houd het.

Hoe­wel jy in som­mi­ge ge­val­le die siek­te met me­di­ka­sie kan be­han­del en heel­te­mal ver­my met leef­styl­ver­an­de­rings, kan jy ge­di­ag­no­seer na­dat sy baie ge­wig ver­loor het. Mi­che­li­ne het ge­dink haar kind het griep en het haar dok­ter toe ge­vat.

“Ek was in to­ta­le denial en kon dit nooit aan­vaar dat sy di­a­be­tes het nie. Dit was soos ’n doods­von­nis vir my, want ek is ’n nur­se en ek het baie ge­werk met ou­er men­se met di­a­be­tes,”ver­tel Mi­che­li­ne.

Sy het haar man, Mu­ri­siet, ge­vra om daar­op aan te dring dat nog toet­se ge­doen word om die di­ag­no­se te be­ves­tig, maar niks het ver­an­der nie. Vol­gens die dok­ter was Ja­my­la se di­a­be­tes ge­ne­ties, maar Mi­che­li­ne sê sy weet nie van e­nig-

95% van di­a­be­te is siek as ge­volg van swak ge­woon­tes.

ie­mand an­ders in haar fa­mi­lie wat die siek­te het nie.

Mi­che­li­ne er­ken sy het selfs ná die be­ves­ti­ging van die di­ag­no­se ge­wei­er om dit te aan­vaar en ge­maak of dit nie be­staan nie. Mu­ri­siet, wat rug­pro­ble­me ge­had het en ’n tuis­bly­pa was, het toe Ja­my­la se sorg oor­ge­neem. Dit het weer ’n ne­ga­tie­we uit­wer­king op Mi­che­li­ne en Mu­ri­siet se ver­hou­ding ge­had. In 2015 het hul­le as ge­sin en as paar­tjie be­ra­ding be­gin. Daar­na het Mi­che­li­ne be­gin om met die dok­ters te kom­mu­ni­keer en het haar eie na­vor­sing oor die toe­stand ge­doen.

Maar in De­sem­ber 2016 het Ja­my­la siek ge­word. Mi­che­li­ne het haar tuis pro­beer be­han­del, maar niks het ge­werk nie. (Me­di­ci be­veel by­voor­beeld aan dat jy een glas wa­ter of koel­drank son­der sui­ker el­ke uur drink wan­neer jou bloed­glu­ko­se ho­ër is as ’n se­ke­re vlak. As dit la­er is, moet jy een glas wa­ter of koel­drank met sui­ker in el­ke uur drink. In­su­lien moet ook uur­liks toe­ge­dien word.)

Kind in ko­ma

Toe niks werk nie, is Ja­my­la vir ’n paar dae in die hos­pi­taal op­ge­neem en vir ’n blaas­in­fek­sie be­han­del. Te­rug by die huis het sy weer ag­ter­uit­ge­gaan en op­ge­gooi. Mi­che­li­ne het nog ’n keer met haar hos­pi­taal toe ge­jaag en sy is da­de­lik op ’n drup ge­plaas. Dié ma se groot­ste nag­mer­rie is toe be­waar­heid – haar dog­ter het in ’n ko­ma ver­val.

“Dit was die erg­ste twee dae van my le­we. Ek was siek. Ek het ge­dink ek gaan my kind ver­loor. Ek het aan­hou bid, al het ek swak ge­voel, ge­voel ek kan nie meer nie,”ont­hou Mi­che­li­ne. Wat dit er­ger maak, is dat sy al­les al­leen moes deur­gaan, want Mu­ri­siet is in A­pril 2015 oor­le­de.

Kort daar­na moes Mi­che­li­ne haar werk as ver­pleeg­ster by Me­lo­med op­gee om vir Ja­my­la te sorg. Sy werk nou as ’n pri­vaat ver­pleeg­ster en werk nag­diens so­dat sy steeds na Ja­my­la kan om­sien. Ge­luk­kig is Rees (24), haar seun, dees­dae haar steun­pi­laar en help baie met die ver­sor­ging. Die he­le ge­sin het op­lei­ding ge­kry hier­voor.

Hoe­wel di­a­be­tes die Har­ris-ge­sin se le­we on­her­roep­lik ver­an­der het en aan­vank­lik baie on­e­nig­heid ver­oor­saak het, het dit hul­le ook na­der aan me­kaar ge­bring.

Maar el­ke dag is steeds ’n st­rug­gle. Ja­my­la moet el­ke dag drie keer haar sui­ker­vlak­ke toets en el­ke ding wat sy eet, moet ge­mo­ni­tor word.“Par­ty­keer raak sy de­pres­sief en skree dat sy moeg is van hier­die le­we met naal­de en me­di­ka­sie,” ver­tel Mi­che­li­ne.

Soms re­bel­leer sy en eet goed wat sy nie mag nie wan­neer haar ma nie na­by is nie. Tog hou dit haar nie te­rug nie – sy neem aan al­les deel en is selfs in die Wes­te­li­ke Pro­vin­sie se dril­ling squad. Mi­che­li­ne wens dat din­ge an­ders kon wees, maar hul­le pro­beer die bes­te maak van hul si­tu­a­sie.

Die oor­gro­te mee­der­heid van men­se met di­a­be­tes (ongeveer 95% van die di­a­be­tes­be­vol­king) is eg­ter as ge­volg van swak ge­woon­tes.

Hier­die soort di­a­be­tes is meer al­ge­meen in men­se ou­er as 45 wat oor­ge­wig is. Maar om­dat al hoe meer jon­ger men­se ook dees­dae oor­ge­wig is, slaan dié siek­te dik­wels op ’n jon­ger ou­der­dom toe.

Dit word be­skryf as ’n leef­styl­siek­te, want dit kan voor­kom word as men­se reg eet en genoeg oe­fen. Dit is moont­lik om dié soort di­a­be­tes te be­stuur deur ’n ge­pas­te ge­son­de di­eet, ge­reel­de oe­fe­ning, me­di­ka­sie en in­su­lien. Ku­pi­do Ba­ron (40), me­di­a­be­stuur­der by die Nel­son Man­de­la­baai-mu­ni­si­pa­li­teit in Port E­li­za­beth, is in 2012 met ti­pe 2-di­a­be­tes ge­di­ag­no­seer.

“Ek ont­hou nog hoe mag­te­loos ek ge­voel het daai og­gend,”ver­tel hy. Net voor sy di­ag­no­se, was Ku­pi­do be­sig met ’n kri­sis toe ki­lo­me­ters van een van hul dam­me se pyp­lei­ding weg­ge­spoel het en ’n groot deel van Port E­li­za­beth son­der wa­ter was.“Ek het feit­lik dag en nag ge­werk en ek was so be­sig ek het glad nie tred ge­hou met reg eet of slaap nie. Ek het net ’n mul­ti­vi­ta­mien ge­drink om my sta­mi­na te gee,”er­ken hy.

Ná ’n paar dae van oor­ma­ti­ge dors en dat hy in die mid­der­nag­te­li­ke ure tel­kens bad­ka­mer toe moes hard­loop, het hy be­sluit om sy huis­dok­ter te gaan sien. Hy het sy oud­ste dog­ter, Kay­lee, saam­ge­neem.

“Die dok­ter was to­taal ont­steld toe hy my bloed­sui­ker­vlak neem en die ma­sjien bloot‘HI’wys,”ver­tel Ku­pi­do.“Toe die dok­ter his­te­ries op­drag­te aan sy per­so­neel skree dat ’n hos­pi­taal­bed on­mid­del­lik vir my be­spreek moet word, het ek be­sluit dat ek nie my kind in daar­die war­boel wil los nie.”Ku­pi­do het haar gaan af­laai en self tot by die hos­pi­taal ge­ry, waar­na hy in die ho­ë­sorg-een­heid op­ge­neem is.

“Ek het eers la­ter uit­ge­vind dat my bloed­sui­ker 50,9 ge­meet het, want die dok­ter wou nie hê ek moes weet nie. Blyk­baar het men­se met le­sings van mid­del twin­tigs al in ko­mas be­land.”

Ku­pi­do sê hy was baie ge­luk­kig om ná die voor­val slegs met ver­swak­te vi­sie en er­ge lig­gaam­li­ke swak­heid te suk­kel. Bei­de sy ma en pa is met di­a­be­tes ge­di­ag­no­seer en sy ma is in 2014 oor­le­de as ge­volg van di­a­be­tes­ver­wan­te kom­pli­ka­sies.

Voor­dat hy by die mu­ni­si­pa­li­teit be­gin werk het, was hy ’n joernalis wat nooit werk­lik sy di­eet erns­tig op­ge­neem het nie.

“Ek sou vir ja­re net gou ’n koel­drank en ’n sjo­ko­la­de by die ka­fee gaan gryp vir mid­dag­e­te. Ek glo my ge­brek aan ge­ba­lan­seer­de maal­tye het my met­ter­tyd in­ge­haal,” er­ken Ku­pi­do.

Na­dat hy in 2012 ge­di­ag­no­seer is, het hy sy leef­styl dras­ties ver­an­der.“Ek is nou baie meer be­wus van my sterf­lik­heid en skenk nou baie meer aan­dag aan my­self.” Ná sy be­soek aan die hos­pi­taal moes hy in­su­lien ge­bruik. Dees­dae oe­fen hy hard en sy eet­ge­woon­tes het so dras­ties die af­ge­lo­pe twee jaar ver­an­der dat hy nie meer in­su­lien hoef te ge­bruik nie en net ’n ma­ti­ge vorm van di­a­be­tes het.

Di­a­be­tes kan ook ty­dens swan­ger­skap toe­slaan. Dit kan e­ni­ge tyd ty­dens jou swan­ger­skap ma­ni­fes­teer. Soos die an­der ti­pes, af­fek­teer dit hoe jou sel­le sui­ker (glu­ko­se) ge­bruik. Dit ver­oor­saak hoë bloed­sui­ker wat jou en jou baba se ge­sond­heid kan raak.

Swan­ger vroue kan hul­self help deur ge­son­de kos te eet, te oe­fen en me­di­ka­sie te neem in­dien no­dig.

Ti­pe 2-di­a­be­tes kan voor­kom en be­stuur word deur reg te eet en te oe­fen.

Van vo­ri­ge blad­sy

Maar as jy swan­ger­skap di­a­be­tes ge­had het, is jou ri­si­ko ho­ër om la­ter ti­pe 2-di­a­be­tes te ont­wik­kel, soos wat met Carol

Hendricks (61) van Mit­chells Plain ge­beur het. Sy is 31 jaar ge­le­de ge­di­ag­no­seer met swan­ger­skap di­a­be­tes ty­dens haar laas­te swan­ger­skap.

“Nie­mand het ooit vir my ge­sê ek moet my leef­styl ver­an­der nie en van­dag is ek ti­pe 2 en in­su­lien-af­hank­lik ,” ver­tel sy.

Baie van haar fa­mi­lie­le­de suk­kel ook met die toe­stand en Carol moes haar ma ver­sorg ná haar eer­ste be­roer­te.“Ek het niks ge­weet van di­a­be­tes nie, maar haar dok­ter het my ge­help om te weet wat om te doen.”

Dít is waar haar pas­sie van­daan kom om an­der te help. In 2000 het­sy’ n di­a­be­te­son­der­steu­nings groep in Mit­chell s Pla in be­gin met 13 men­se. Van­dag het sy meer as 100 le­de.“My ma is dood ná haar der­de stro­ke. Ek is in daar­die tyd ge­di­ag­no­seer. Dit is die moei­lik­ste ding om te weet my eie on­ge­son­de eet­ge­woon­tes het hier­die ding ver­oor­saak en om te weet ek kan dood­gaan as ge­volg van die kom­pli­ka­sies daar­van,”sê sy met tra­ne in haar oë.

skok­ken­de sy­fers

Vol­gens Di­a­be­tes SA is hier­die siek­te ver­ant­woor­de­lik vir meer as 1 mil­joen am­pu­ta­sies el­ke jaar en el­ke 20 se­kon­des ver­loor ie­mand ’n been. Dis die twee­de groot­ste oor­saak van voor­ty­di­ge dood in Suid-A­fri­ka, vol­gens Di­a­be­tes SA. El­ke ses se­kon­des sterf ie­mand as ge­volg van di­a­be­tes – 4,9 mil­joen in 2014 en dit raak el­ke jaar meer. Vol­gens die de­par­te­ment van ge­sond­heid was daar ongeveer 1,8 mil­joen vol­was­se­nes met di­a­be­tes in Suid-A­fri­ka

in 2017. Die siek­te is ook ’n groot oor­saak van blind­heid en die groot­ste oor­saak van nier­ver­sa­king in die ont­wik­ke­len­de wê­reld. Men­se met di­a­be­tes is ook meer ge­neig om hart­siek­tes te ont­wik­kel. Mar­got M­cCu­mis­ky van Di­a­be­tes SA waar­sku lae seks­dran­ge is nog ’n groot pro­bleem waar­mee baie men­se met di­a­be­tes suk­kel. Dit is ge­woon­lik ’n re­sul­taat van swak be­stuur­de di­a­be­tes. Di­a­be­tes kan tot lae tes­tos­te­roon lei wat jou be­hoef­te vir seks be­lem­mer. Die me­di­ka­sie kan dit ook ver­oor­saak. Di­a­be­tes kan ook e­rek­tie­le dis­funk­sie en im­po­ten­sie by mans ver­oor­saak as dit nie goed be­stuur word nie. Praat met jou dok­ter as jy hier­mee suk­kel, is haar raad. Daar word be­raam dat meer as 50% van men­se wat met di­a­be­tes leef, sa­lig on­be­wus is daar­van. Dis ook waar­om dit die“stil­le moor­de­naar” ge­noem word.

HET JY DALK DI­A­BE­TES?

Vol­gens Di­a­be­tes SA kan jy hier­die vrae be­ant­woord om jou ri­si­ko to be­paal: Is ek oor 35 jaar oud? Is ek oor­ge­wig? (Ver­al as jy mees­te van jou ge­wig om jou maag saam­dra.) Het ek hoë cho­les­te­rol? Het ek hoë bloed­druk of hart­siek­tes? Het my fa­mi­lie ’n ge­skie­de­nis van di­a­be­tes?

As jy“ja”op een of meer vrae be­ant­woord het, raai Di­a­be­tes SA jou aan om jaar­liks jou­self te laat toets – dis ’n een­vou­di­ge vin­ger­prik­toets by jou ap­teek of dok­ter. Dit moet ver­kies­lik in die og­gend voor ont­byt vir ’n vas-bloed­glu­ko­se­vlak (dis wan­neer jy niks ge­ëet of ge­drink het vir agt ure nie) ge­doen word.

Vroeë sta­di­ums van di­a­be­tes kan on­ge­merk en simp­toom­loos wees. Al­ge­me­ne simp­to­me is:

Jy is heel­tyd vrees­lik dors. Jy wil el­ke nou en dan toi­let toe gaan. Jy ver­loor ewe skie­lik ’n klomp ge­wig. Jy is ver­skrik­lik moeg en het geen e­ner­gie. Jou sig word wa­sig (blur­red). Jy kry ge­reeld in­fek­sies en jou seer­plek­ke word sta­dig ge­sond.

Jou han­de en voe­te voel soms dood of jy kry pins en need­les.

Met vroeë di­ag­no­se en goeie be­stuur van jou siek­te, kan jy erns­ti­ge kom­pli­ka­sies uit­stel of selfs ver­my.

Dit sluit in hart­siek­tes, blind­heid, am­pu­ta­sie, nier­siek­tes, pe­nis­pro­ble­me en selfs mis­kra­me. Die goeie nuus is dat jy steeds ’n nor­ma­le en ge­son­de le­we leef kan lei al het jy di­a­be­tes. Jy moet net jou­self mo­ni­tor, ge­reeld jou glu­ko­se­vlak­ke laat toets en vir check-ups vir oë, nie­re, voe­te en bloed­druk gaan.

Nie­mand het ooit vir my ge­sê ek moet my leef­styl ver­an­der nie en van­dag is ek ti­pe 2 en in­su­lien-af­hank­lik. CAROL HENDRICKS

Fo­to ter il­lus­tra­sie

Dit was ’n groot skok toe om­trent niks daar­aan doen as dit ’n fa­mi­lie­siek­te is nie. Ja­my­la Har­ris (14) van Mit­chells Plain bui­te Kaap­stad, in ’n di­a­be­tie­se ko­ma ver­val het. Haar ma, Mi­che­li­ne Har­ris (46), sê ’n mens ver­geet nooit die dag wan­neer die...

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.