Wat die hart van vol is

On­nies doen ’n on­dank­ba­re werk en hul op­voe­dings­rol word erg on­der­skat. Maar son­der hul­le is die toe­koms duis­ter.

Kuier - - Inhoud - deur Jo­an­na A­lex­an­der

Van­dag wil ek ’n lan­sie vir on­der­wy­sers breek juis om­dat ons so min en soms geen er­ken­ning kry vir wat ons werk­lik doen nie. Ons job des­crip­ti­on maak net mel­ding van ons kur­ri­ku­lê­re plig­te. So, toe ek 29 jaar ge­le­de aan­soek ge­doen het as jong on­der­wy­ser­tjie, het nie­mand my ver­tel van al die an­der“plig­te”wat daar­mee ge­paard gaan nie. Daar was ook geen hand­lei­ding wat in jou hand ge­stop was oor hoe om al hier­die plig­te te han­teer nie. Ek noem dit plig­te, want jy het nie werk­lik ’n keu­se nie. Jou hart kies self . . .

Nie­mand het jou ooit ver­tel van die koue be­klem­ming wat jou hart vas­gryp as jou be­lo­wen­de ma­tri­ku­lant in die twee­de pe­ri­o­de flou val nie. Jou eer­ste ge­dag­te: Ag, Va­der, sy’s swan­ger! Dan sien jy hoe haar e­nig­ste kans (’n stu­die­beurs) om uit haar hag­li­ke om­stan­dig­he­de te ont­vlug by die ven­ster uit­vlieg. Net om te ont­dek sy het eint­lik flou ge­val weens hon­ger­te; dat sy twee dae laas iets ge­had het om te eet en te skaam was om e­nig­ie­mand te ver­tel daar gaan niks by die huis aan nie.

Nie­mand het jou ver­tel hoe jy die 15ja­ri­ge moet han­teer met die woe­de en pyn in sy oë nie. Die stout e­ne­tjie wat die heel­tyd met al­mal, ook met jou, skoor­soek en pe­ri­o­de ná pe­ri­o­de jou klas ont­wrig. Dis die een wat dan son­der waar­sku­wing in tra­ne uit­bars en skui­ling teen jou bors soek as jy hom een­dag te­rug­hou en sag­gies vra: Hoe­kom is jy so kwaad vir die wê­reld? Dan, as die waar­heid met hor­te en sto­te uit­kom, is daar nie ’n keu­se nie, dan moet jy ver­geet van self­stan­di­ge naam­woor­de en me­ta­fo­re en ’n s­tuk­ken­de hart pro­beer heel­maak.

Of die tin­ge­ri­ge, een­kant graad 8-mei­sie­tjie wat skie­lik el­ke mid­dag son­der ’n woord ná skool by jou in jou klas kom sit. Net sit en staar met haar on­rus­ti­ge, troe­bel o­gies. Jy bring ek­stra toe­brood­jies om­dat jy ver­moed sy is dalk hon­ger. En dan, ná ’n week of so be­gin sy help met klein ta­kies. Sy pak die boe­ke reg, die kas, jou ta­fel en sta­dig­aan be­gin sy oor dit­jies en dat­jies ge­sels. Jy merk op dat die ge­sig­gie nie meer so erg ge­span­ne lyk nie en die o­gies rus­ti­ger is. En dan uit die blou­te:“Juf­frou, Juf­frou het een­dag ge­sê ’n mens kies nie wie jy is nie. Ek wens net ek kon kies.”En dan be­gin jou taak om daar­die deur­me­kaar ge­moed op te bou en te be­gin werk aan self­aan­vaar­ding en sek­su­a­li­teit. Dis vreugde soos geen an­der wan­neer jy haar sien ont­pop en die troe­bel­heid in haar oë sien ver­vaag as dit ver­vang word met ’n glim­lag.

On­ge­luk­kig loop al­le ge­val­le nie al­tyd soos jy dit graag sou wou hê nie. Daar is die ge­val­le waar die mu­re so hoog en dik is dat jy nie daar­deur kan dring nie. Jy kan maar net mag­te­loos staan en toe­kyk hoe hul­le in­ge­sluk word deur dwelms en an­der eu­wels. Dis ge­woon­lik moe­de­loos­heid en moeg­heid vir hul om­stan­dig­he­de wat lei tot hul uit­sig­loos­heid.

Maar dan kry jy weer die graad 4’tjie wat jou met sy groot on­skul­di­ge oë aan­kyk en af­haak:“Juf­frou ruik lek­ker.”Dís wat jou dag vol son­skyn maak . . . Wat maak dat ’n op­voe­der dan maar weer haar kop op­lig en haar sleep­voe­te op­tel, glim­lag en aan­gaan met haar dag­taak.

Of die een in graad 8 wat sê hy wens sy ma was soos Juf­frou. En jou skaam­ste graad 11-seun wat sê:“Nee, Juf­frou is glad nie so oud nie. Juf­frou lyk dan nog soos ’n six­teen val­ve.”Nou wie kan dan an­ders as om vir hul­le lief te wees!

Die bes­te is eg­ter nog steeds as jy in ’n lang ry in die win­kel staan en ’n prag­ti­ge jong man of vrou stop en sê:“Mid­dag, Juf­frou. Ont­hou Juf­frou my nog? Ek was so en so ’n jaar in Juf­frou se klas.”Dan sê hul­le wat hul­le nou is, ’n bank­be­stuur­der, in­ge­ni­eur, on­der­wy­ser . . . Daar is se­ker geen ge­voel be­ter as daai trots wat deur jou bruis as hul­le suk­ses­vol is nie.

Daar­om ver­kies ek om“op­voe­der” te ge­bruik, want ons gee hul­le nie net boek­ge­leerd­heid nie, ons voed op! Ons leer hul­le goeie ma­nie­re, re­spek. Ons speel ma, po­li­sie­be­amp­te, maat­skap­li­ke wer­ker, ver­pleeg­ster, skeids­reg­ter . . . You na­me it, ons doen dit. En son­der ’n hand­lei­ding!

Vir el­ke op­voe­der, wil ek sê: Wees trots op wat jul­le daag­liks vir ons kin­ders doen. Al sê wie wat, al is die geld aan die ein­de van die maand min. Ons ver­goe­ding kom uit oor­de wat meer werd is as geld. En glo my, dis die bes­te ver­goe­ding ooit!

Ons speel ma, po­li­sie­be­amp­te, maat­skap­li­ke wer­ker, ver­pleeg­ster, skeids­reg­ter ... Y ou na­me i t, ons doen dit. En son­der’ n hand­lei­ding!

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.