’N HELD SON­DER MANTEL

Me­neer A­pril is meer as ’n op­voe­der vir sy leer­ders en een­dag toe iets ver­skrik­liks ge­beur, wys hy hoe ver hy sal gaan om hul­le te be­skerm . . .

Kuier - - Kortverhaal - Deur E­ric van der Byl

Ga­vin A­pril tuur na­den­kend na die sta­pels vra­e­stel­le wat nog ge­merk moet word. Hy dink van­dag ek­stra hard, maar dis nie aan die vra­e­stel­le voor hom nie . . .

’n Le­wens­lus­ti­ge mei­sie wat in sy klas was, is koel­bloe­dig in die ge­meen­skap ver­moor. ’n Traan big­gel oor sy wan­ge, hy vee dit af en skud hom­self reg. Dis tyd vir klas en iets moet ge­doen word.

Ga­vin sê vir die leer­lin­ge in sy graad se­we-klas hul­le moet op­staan vir reg en ge­reg­tig­heid in die ge­meen­skap en s­kool.

Die kin­ders sit aan­dag­tig en luis­ter, al het hul­le al dik­wels sy preek ge­hoor. Hul­le weet van die dwelms wat by die s­kool in­ge­smok­kel word. Maar hul­le is te bang om te praat, want dis drie van die s­kool se mees ge­vrees­de boe­lies wat dit ver­koop. Dié drie is nie net boe­lies nie, maar ook ben­de­le­de van die S­traat­kat­te. Nie een van die leer­lin­ge wil dit waag om te klik nie. Daar­voor is die ver­moor­de mei­sie te vlak in al­mal se ge­heue. Tog hoop Ga­vin sy woor­de sal tot hul­le deur­dring.

Sy stem weer­klink in die klas­ka­mer: “Wan­neer gaan ons op­staan teen die ti­ran­nie wat ons ge­meen­skap af­breek?”

Toe hy die vrees op die kin­ders se ge­sig­te sien, voel Ga­vin skie­lik skaam, want waar­om ver­wag hy kin­ders moet hul le­wens in ge­vaar stel om ’n ver­skil te maak?

Hy her­vat sy be­plan­de .0les en wag ge­dul­dig dat die kin­ders al­les van die bord af­skryf. Die klok lui skril vir eer­ste pou­se. Vyf mi­nu­te la­ter breek al­le hel op die skool­grond los. Du­wai­ne, ’n sag­ge­aar­de graad ses­sie strom­pel hui­lend sy klas bin­ne. Bloed stroom oor sy ge­sig. Ga­vin voel hul­pe­loos­heid en woe­de deur sy are pols. “Wie het dit aan jou ge­doen?” “Nie­mand nie, Me­neer, ”ant­woord Du­wai­ne snik­kend.

“Seun, een of an­der tyd moet ie­mand die moed het om die si­klus van vrees te breek.”Ga­vin vat Du­wai­ne na die se­kre­ta­res­se waar die eer­ste­hulp­kis­sie ge­hou word. Die klok kon­dig die ein­de van pou­se aan.

Ga­vin is skaars te­rug in die klas toe die in­ter­kom grens en die skool­hoof vra dat hy

Ná s­kool stap me­neer A­pril soos ge­woon­lik huis toe. Skie­lik voel hy’ n ver­lam­men­de pyn in sy bors­kas.

kan­toor toe kom.

Die hoof se kan­toor is vol men­se. Die dwelm­boe­lies is ge­ï­den­ti­fi­seer en hul­le sit met koue, uit­druk­king­lo­se ge­sig­te en luis­ter na wat die an­der leer­lin­ge van hul­le sê. Ga­vin is trots dat hul­le die stil­te ver­breek het. Die ge­tui­e­nis teen die boe­lies is ver­doe­mend, hul­le word uit­ein­de­lik ge­skors en die po­li­sie on­der­vra hul­le.

Al­mal sê Ga­vin is die held, want dis hy wat die kin­ders aan­ge­moe­dig het om uit te praat en vir hul­self op te staan. Vir Ga­vin voel dit hy het net sy plig ge­doen. Hy hoop van har­te dis nou die ein­de van die dwelms en ge­weld op die s­kool.

Ná s­kool stap hy soos ge­woon­lik huis toe; dit was ’n lang dag.

Skie­lik voel hy ’n ver­lam­men­de pyn in sy bors­kas. Toe hy aan sy bors vat, is dit nat en taai van die bloed. Hy is dui­se­lig en sy be­ne gee in.

Toe hy op­kyk, sien hy ’n seun met ’n klein sil­wer pis­tool. Men­se hard­loop ver­vaard om weg te kom. Die ge­wa­pen­de staan oor hom, wa­pen ge­reed om die fi­na­le dood­skoot af te vuur. Dan word die vuur­wa­pen met ge­weld uit sy hand ge­ruk en leer­lin­ge uit Ga­vin se klas oor­rom­pel die boos­wig.

Al waar­van hy van be­wus is, is die am­bu­lans­si­re­ne. “Ek gaan dit nie maak nie. Wie gaan na my kin­ders kyk?”dink hy.

’n Sug ont­snap sy lip­pe en al­les word swart voor hom . . .

Toe Ga­vin wak­ker skrik, voel hy as­of tien trei­ne hom ter­self­der­tyd ge­tref het. Sy vrou, René, sit met sne­sies in haar han­de. Hul drie kin­ders lyk on­ge­mak­lik en on­rus­tig.

Sta­dig pro­beer hy o­rent beur, sy vrou storm hui­lend vo­ren­toe en deur die snik­ke pre­wel sy By­bel­ver­se uit. Hy raak be­wus van po­li­sie­man­ne wat ook die ka­mer vol staan. Al­mal kyk na hom as­of hy La­za­rus is. Ná wat soos ’n e­wig­heid voel, kan hy uit­ein­de­lik uit­maak wat aan­gaan. Hy luis­ter ge­span­ne na die dok­ter wat hom ver­tel hy was am­per ’n week lank in ’n ko­ma. Daar was geen hoop op her­stel nie, maar ’n won­der­werk het ge­beur.

Die po­li­sie on­der­soek die saak, maar daar is nog nie ’n ver­dag­te aan­ge­keer nie. Hul­le ver­moed die voor­val het te doen met dwelms en dat Ga­vin aan­ge­val is as ge­volg van die rol wat hy ge­speel het om die smok­ke­la­ry stop te sit.

Twee we­ke la­ter glim­lag Ga­vin in­ge­no- me toe hy voor die graad se­we-klas sy les be­gin. Hy het ’n in­te­res­san­te les vir hul­le en vir die eer­ste keer voel hy weer soos sy ou self ná die skiet­voor­val.

Van­dag gaan hul­le ’n vul­ka­nie­se uit­bars­ting maak. Die graad se­wes raak erg op­ge­won­de toe me­neer ’n wit baad­jie aan­trek.

Een van die seuns, Lo­gan De­sai, wag net vir die che­mie­se re­ak­sie en die daar­op­vol­gen­de ont­plof­fing met voed­sel­kleur­sel wat am­per 30 cm die lug in­skiet, voor hy vra om die ka­mer te ver­laat.

Die vol­gen­de oom­blik hoor hul­le har­de klap­ge­lui­de en toe storm Lo­gan al hy­gen­de en skreeu­en­de die klas bin­ne.

‘’Me­neer!”bul­der Lo­gan vrees­be­van­ge. ‘’Lo­gan wat de . . .”Ga­vin het die ge­raas bui­te ge­hoor, maar nie ge­weet wat aan­gaan nie. Toe hy eg­ter die doods­vrees op Lo­gan ge­sig sien, snap hy on­mid­del­lik dat hul­le in ge­vaar is. Lo­gan snak na sy a­sem en ver­tel hor­tend vir Ga­vin wat aan die gang is.“Daar is ses van hul­le! Hul­le is al­mal ge­wa­pen en le­de van die S­traat­kat­te, want ek het hul tat­toos her­ken. Ie­mand het se­ker ver­geet om die hek te sluit, want hul­le het aan die ag­ter­kant van die veld by die skool­ter­rein in­ge­kom.

“Toe hul­le my ge­waar, het een van die boos­wig­te ’n hal­we bak­steen na my ge­gooi,”ver­tel Lo­gan.

“Toe sien ek uit die hoek van my oog hoe ’n vuur­wa­pen oor­ge­haal word en toe be­gin hul­le skiet. Toe hard­loop ek, want ek moes Me­neer kom waar­sku. Hul­le soek vir Me­neer!”ein­dig Lo­gan se ver­tel­ling op ’n angs­be­van­ge noot.

Ga­vin be­sef on­mid­del­lik dat al­mal in die klas in le­wens­ge­vaar ver­keer. Hy sit sy les­se­naar soos ’n storm­ram teen die deur om die ben­de­le­de uit te hou. Dis ook net be­tyds, want ’n paar oom­blik­ke la­ter slaan ’n rits koe­ëls in die deur vas.

Ab­so­lu­te pa­niek breek los in die klas. Die leer­ders skreeu be­noud om hulp en gryp me­kaar vas.

Ga­vin ver­baas sy klas toe hy in ’n sag­te, be­heers­de stem sê:“As jul­le van­dag wil leef, luis­ter na my. Al­mal van jul­le val on­mid­del­lik plat en luis­ter na wat ek sê. As ek ge­skiet word, dan moet jul­le al­mal vir Lo­gan luis­ter.’’ On­mid­del­lik is daar ’n do­de­li­ke kalm­te. Ga­vin gee sy foon vir Lo­gan. “Bel in­spek­teur De Lan­ge.’’ Hy sien die be­sem in ’n hoek staan en breek die be­sem­stok vir ’n wa­pen. “Dit sal moet doen,”dink hy. Die deur ver­splin­ter en die boos­wig­te staan met moord in hul oë en be­trag vir Ga­vin en sy leer­ders. Bloed­stol­len­de gil­le klief deur die stil­te. Dit trek die boe­we se aan­dag en Ga­vin ge­bruik die ge­leent­heid om die een na­by aan hom te ont­wa­pen. Hy het hom in ’n kop­klem. Hy stoei ver­woed en for­seer ’n en­ke­le skoot in die skryf­bord. Een van sy mak­kers ver­loor kop en mik ’n paar sko­te na hom. Ga­vin hou ver­be­te die boos­wig as ’n skild voor hom. Dan raak hy pap en bloed sy­pel uit sy lyf, maar Ga­vin klou aan hom. Hy hoor ge­na­dig­lik po­li­sie­si­re­nes en sien hoe die oor­bly­wen­de boos­wig­te na me­kaar kyk. Ga­vin ge­bruik die oom­blik en laat val die le­we­lo­se lig­gaam en stoei be­hen­dig die vuur­wa­pen uit ’n an­der ben­de­lid se han­de. Die po­li­sie se taak­mag bars in die klas­ka­mer en die ben­de­le­de pro­beer om die ha­se­pad te kies. Maar die bord­jies is skie­lik ver­hang. Dis nie lank nie, en hul­le is al­mal onder ar­res en word onder boeie uit­ge­lei. Al­mal be­sef die hel­de­moed van me­neer A­pril. Hy het die ben­de in hul spo­re ge­stuit! Was dit nie vir hom nie, sou die klas be­saai met ly­ke ge­wees het. Vir sy leer­ders is Ga­vin nie meer net ’n on­der­wy­ser nie, hy is hul held. Vir die res van hul le­wens sal hul­le dank­baar wees vir wat me­neer A­pril van­dag vir hul­le ge­doen het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.