’N ROYAL WAT SOOS ONS LYK!

Die spro­kies­hu­we­lik van prins Har­ry en Meg­han het ge­wys lief­de maak al­les moont­lik en dít kan tot die ko­nink­li­kes laat ver­an­der . . .

Kuier - - Mening - Deur HaIDEE mul­ler Haidee Mul­ler is‘n om­roe­per en re­gis­seur by RSG.

Eint­lik hang my mond steeds oop. Ver­al as ek kyk na die fo­to’tjie wat ek nou die dag op die in­ter­net ge­sien het – daar sit ’n 15-ja­ri­ge Meg­han Mar­kle in 1996 en po­se in ’n swart shor­tie voor Bucking­ham-pa­leis langs ’n pêl.

Om te dink 22 jaar la­ter, toe trou daai ein­ste A­me­ri­kaan­se mei­sie (nou 36) met In­ge­land se Prins Har­ry (33). En dit maak reg­tig nie saak dat haar ha­re nie bees­ge­lek­glad­des soos daai wa­ens is waar­aan die sty­we­lip B­rit­te ge­woond is nie.

Tog het ek nooit as te nim­mer ge­dink Har­ry en Meg­han gaan reg­tig trou nie.

Hy’s dan wil­le­wrag­tig Har­ry – wie weet wan­neer hy erns­tig met ’n goo­se sou word? En nog ’n ding, waa’sou die K­ween haar Har­ry-klein­kind laat erns­tig vry met ’n vrou wat al voor­heen ge­troud was én wie se pa wit en haar ma swart is?

Nee, ek is net eer­lik. Ons jud­ge mos maar soms. Min te wis dat dié twee, wat op ’n blind da­te in 2016 ont­moet het, som­mer die vol­gen­de jaar ver­loof sou raak en so waar as wrag­tig op 19 Mei 2018, voor die kan­sel sou staan.

Wys jou net. Ons is al­mal tog net mens en lief­de is lief­de. Of jy nou ’n grênd prins van In­ge­land is of wie ook al. Ek glo mos wa­re lief­de kyk ver­by kleur en daai an­der los din­ge. En vir my is Meg­han en Prins Har­ry se sto­rie ’n wa­re spro­kies­ver­haal.

Ek wou eers nie die troue kyk daai Sa­ter­dag­og­gend nie. Maar toe ek weer sien, sit ek vas­ge­na­el en tjan­kend, soos ’n ba­ba.

Wat ek daai dag in Wind­sor aan­skou het, was werk­lik­waar so­mething el­se. Ek was uit­ge­boul deur Meg­han se e­le­gan­sie, haar klas­sie­ke skoon­heid en die kalm­te wat sy uit­ge­straal het. Ek glo sy gryp ons al­mal se ver­beel­ding aan juis om­dat sy ni­ce lyk.

Sy lyk toe­gank­lik en warm, sy deel druk­kies uit en dit lyk of sy op­reg is. Dit voel vir my of ek en Meg­han as kin­ders saam ken­ne­tjie kon ge­speel het in die pad, as­of ons dik bras­se sou kon wees en kop­stuk­ke sou kon praat. Sy lyk soos die mei­sie langs­aan, son­der fie­ter­ja­sies. Sy em­bra­ce haar sproe­te en dra bit­ter min gri­me­ring – nie dat sy dit no­dig het nie. Sy is klaar ge­woond aan die kol­lig, weet hoe om haar voor up­stairs men­se te ge­dra, sy’t sterk me­nings oor vrou­e­reg­te e nis pas­sie­vol oor lief­da­dig­heids­werk. Sy is ge­bo­re as Ra­chel Meg­han Mar­kle in 1981 in Los An­ge­les. Haar ma, Do­ria Rag­land, is ’n maat­skap­li­ke wer­ker en jo­gain­struk­teur. Haar pa, T­ho­mas Mar­kle Sr., woon glo in Mex­i­ko e nis’ n af­ge­tre­de TV-be­lig­ting s re­gis­seur. Hy’t glo ook op die stel van die sit­kom Mar­ried with C­hild­ren ge­werk waar Meg­han gereeld saam met hom rond­ge­hang het. Die gog­ga het ge­byt en haar eer­ste rol was as ’n ver­pleeg­ster in die se­pie Ge­ne­ral Hos­pi­tal en se­dert 2011 speel sy Ra­chel Za­ne in die tref­fer­reeks Suits.

Toe sy ses was, het haar ou­ers se paaie ge­skei, sy het ook ’n ou­er half­broer, T­ho­mas Mar­kle Jr., en ’n sus, Sa­man­tha Grant. En al pro­beer dié twee hoe hard om skan­des te maak, steur nie­mand hul­le daar­aan nie.

Nee kyk, Meg­han moet spe­si­aal wees – Har­ry het vir haar ’n ring ge­gee met ’n di­a­mant uit Botswa­na, hul eer­ste va­kan­sie­plek saam. Die ring spog ook met twee an­der di­a­man­te uit sy oor­le­de ma, Di­a­na, se di­a­mant ver­sa­me­ling. Haar rok, deur die mo­de­huis Gi­ven­chy, was van wit sa­tyn, met ’n sy­net­slui­er en sleep van vyf me­ter en die roy­als het ’n al­le­min­ti­ge R3,4 mil­joen daar­voor op­ge­dok. Baie sou sê dis nou met jou ag­ter­ent in die bot­ter val, maar so w­hat? Beurt is se­ker maar net beurt?

G’n mens kan daai prent­jie ver­geet waar Do­ria voor by die kan­sel stok­siel­al­leen sit, maar hel­se e­le­gant in haar lem­me­tjie­groen Os­car de la Ren­ta out­fit. S­mart. Het een van die roy­als ge­mo­an oor haar dre­ads of haar neus­ring? Not ’n dêm.

Die A­me­ri­kaan­se bis­kop, Mi­cha­el Bru­ce Cur­ry, se preek was vir my aan­gry­pend. Sy woor­de sit vas in my kop:“Ons moet lief­de ont­dek, die ver­soe­nen­de mag van die lief­de. As ons dit doen, sal ons van hier­die ou wê­reld, ’n nu­we wê­reld maak, want lief­de is die e­nig­ste weg.’’

Ek stem saam, ons kan en moet nooit die krag van lief­de on­der­skat nie. Har­ry en Meg­han se lief­de het ’n tik­kie Hol­ly­wood­glans aan die mo­nar­gie ver­leen. En ook vir so­veel an­der, dalk tog ook ’n sweem­pie van hoop in ’n wê­reld waar lief­de soms net nie ge­noeg ge­vier word nie. . .

Baie sous ê di snou me tjou ag­ter­ent in die bot­ter val, maar so w ha t? Beur tis se­ker maar­net­beurt?

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.