BES­TE AGTERDOGTIG

Kuier - - Doktersadvies -

Net om­dat sy nou nu­we hou­dings het, be­te­ken nie daar het fi­sies iets tus­sen vrou en haar eks ge­beur nie. Maar ’n mens weet nooit nie, want waar ’n ro­kie trek . . .

Ek dink jy moet met haar praat. Jy kan mos nie jou mond hou as jy ver­moed jou vrou loop rond en jy dra so ’n ge­wig­ti­ge saak op die hart dra nie.

Jy sê self sy het ver­an­der. In­dien jy jou hu­we­lik wil red, moet jy al­les in jou ver­moë doen om die ding gou uit te sor­teer. Maar jy moet ook nie die re­a­li­teit uit­sluit dat jy dalk in die pro­ses jou vrou sal ver­loor nie.

Dit be­te­ken nie dat jy nie al­les moet in­sit om haar weer te wen nie. Daar is ook ’n moont­lik­heid dat jy sto­ries hoor en dan prent­jies op­maak van goed wat dalk nie waar is nie. Die brein en die hart kan mens mal maak. Ek raai jou aan om reg­uit en eer­lik met jou vrou te praat en die ding eens en vir al­tyd uit te sor­teer.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.