HALLO MY KUI­ER- MEN­SE,

Kuier - - Inhound -

Dis Ju­nie en dit be­te­ken Va­ders­dag is om die draai, maar nie al­mal sien ewe veel na hier­die spe­si­a­le dag vir pa’s uit nie. In bruin ge­meen­skap­pe ver­al, voel dit vir my word daar nie met so­veel op­win­ding as Moe­ders­dag na die der­de Son­dag in Ju­nie uit­ge­sien nie. Ek ver­moed sterk dit het te doen met pa’s wat gaan melk koop het of pa’s wat net wei­er om hul fi­nan­si­ë­le ver­ant­woor­de­lik­heid (pap­geld) na te kom. Maar dit be­te­ken glad nie daar is nie ver­ant­woor­de­li­ke pa’s in ons ge­meen­skap­pe wat ’n goeie voor­beeld stel nie. Dis net jam­mer die sto­ries oor af­we­si­ge pa’s en hul op­tre­de word gou­er oor­ver­tel.

In hier­die uit­ga­we wil ons juis ’n punt daar­van maak om ge­wo­ne pa’s te ver­eer wat uit hul pad gaan om die bes­te vir hul kin­ders te doen en ’n in­spi­ra­sie te wees.

Daar is ’n he­le paar sto­ries oor spe­si­a­le pa’s, maar ek ver­moed die nuus­sto­ries gaan le­sers nog lank aan die praat hê. Die Ashwin Wil­lem­se-si­tu­a­sie is nog lank nie uit­ge­klaar nie en ek ver­moed ook Hen­ri van B­re­da het nog ’n paar kin­kels in sy ka­bel.

Maar moet ook nie die spe­si­a­le sok­ker­blaaie oor die Wê­reld­be­ker mis­loop nie. En maak as­se­blief se­ker die nu­we

Win­terCom­bo is op jou in­ko­pie­lys, want jy kan nie die koue son­der daar­die wa­ter­tand-re­sep­te aan­durf nie!

Tot vol­gen­de keer,

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.