Voor­blad:

Theodore Jantjies reg vir eer­ste Va­ders­dag

Kuier - - Inhound - Deur Tar­ren-Lee Ha­bel­gaarn

Wan­neer T­he­o­do­re Jan­tjies van­dag in sy vyf maan­de oue ba­ba­seun se groot oë kyk, kan hy soms steeds nie glo dat die He­re hom ge­kies het om pa te word nie.

Nog min­der kan die 35-ja­ri­ge ak­teur wat Xan­der Mein­tjies in die ge­wil­de se­pie 7de

Laan speel, glo daar was ’n tyd toe hy en sy le­wens­maat, Tam­my van der Mer­we (30) oor­spronk­lik van Mal­mes­bu­ry, dit oor­weeg het om ’n kind aan te neem om­dat hul­le nie ge­weet het of hul­le swan­ger sal kan word nie. Hul­le was dus ab­so­luut ver­heug toe Tam­my uit­vind sy ver­wag.

Hul­le is al vir ja­re ’n paar­tjie en T­he­o­do­re lag goe­dig ter­wyl hy ver­tel dat hul­le al teen daai tyd moeg was vir fa­mi­lie en vrien­de se vrae oor wan­neer hul­le gaan trou of met ’n ge­sin gaan be­gin. Maar dit was nie al­tyd ’n grap nie. Vol­gens hom kan sul­ke per­soon­li­ke vrae ’n mens nog­al on­ge­mak­lik maak, ver­al as die re­des daar­ag­ter nie vir al­mal se ore be­doel is nie. Dalk be­geer ’n paar­tjie tog kin­ders, maar daar is me­die­se kom­pli­ka­sies. Dus glo T­he­o­do­re jy moet eer­der nie sul­ke per­soon­li­ke vrae vra nie.

WIL OU­ERS WORD

Hy en Tam­my het juis ge­won­der of hul­le ooit kin­ders van hul eie sal hê. Tam­my ly ja­re­lank aan ’n me­die­se toe­stand wat ver­oor­saak het dat haar kan­se baie skraal was om na­tuur­lik swan­ger te word. Vol­gens T­he­o­do­re het dit eg­ter nie be­te­ken dat hul­le nooit ou­ers sou word nie.

“Daar is baie kin­ders in die wê­reld wat ’n huis en lief­de no­dig het. Ek het ge­weet as ons nie ’n kind van ons eie kon hê nie, sou ek graag ’n kind wou aan­neem.”

Vir T­he­o­do­re was dit nog al­tyd ’n groot droom om een­dag ’n pa te word. Hy­self het in ’n en­kel­ou­er­huis groot­ge­word en hoe­wel hy baie na aan sy ma en ou­ma is, er­ken hy hy het as kind al­tyd ge­hun­ker na ’n heg­te ver­hou­ding met sy pa.

Vol­gens T­he­o­do­re het hy baie vroeg in sy le­we aan­vaar dat sy pa nie el­ke dag deel van sy le­we gaan wees nie.

Maar hy het tog ge­wens sy pa sou op spe­si­a­le dae soos sy aan­ne­ming of ’n groot sport­wed­stryd daar wees. Hy het eg­ter v­re­de ge­maak met daar­die deel van sy le­we, want, sê T­he­o­do­re, dis nie ge­sond om kwa­de­ge­voe­lens saam met jou te dra nie. Vol­gens hom er­vaar jy ’n spe­si­a­le soort vry­heid wan­neer jy die­ge­ne wat jy lief­het, kan ver­ge­we vir din­ge wat jou seer­ge­maak het.

“Dit help nie­mand om aan din­ge vas te klou nie. In al­les wat ge­beur, is daar iets po­si­tiefs en ’n les wat jy daar­uit kan leer. Vir my het my ver­hou­ding met my eie pa my vroeg in my le­we laat be­sef dat ek heel­te­mal teen­woor­dig in my kind se le­we wil wees,”sê hy met pas­sie.

Lief­de son­der gren­se

Jy kan som­mer sien klein S­hi­loh, wat op 5 Ja­nu­a­rie van­jaar ge­bo­re is, maak sy pa baie trots. Daar is al­tyd lief­de in sy s­tem wan­neer T­he­o­do­re van sy klein man­ne­tjie praat. Hy sê hy het al­tyd ge­hoor men­se ont­wik­kel on­mid­del­lik ’n sterk lief­de vir hul kind van­af ge­boor­te, maar hy het nooit

be­sef hoe vin­nig dit ge­beur nie. Hy het ook nooit ge­dink dat jy so vin­nig, so lief vir ie­mand kan word nie.

Vol­gens T­he­o­do­re is dit ’n in­ten­se lief­de wat hy nie in woor­de kan be­skryf nie, maar die oom­blik toe hy S­hi­loh sien, kon hy nie wag om sy seun vas te hou nie.

“Hy het on­mid­del­lik ons har­te ge­steel. Ons wou nie voor die ge­boor­te die ge­slag van die ba­ba weet nie, so toe ek hom sien, was die eer­ste ding wat ek vir Tam­my ge­sê het, ‘Ba­by, hy het ’n tol­lie!’, ”ver­tel T­he­o­do­re ter­wyl hy lek­ker be­gin lag.

“Ek was so op­ge­won­de! Ons het ook voor­af op die naam S­hi­loh be­sluit, juis om­dat ons nie die ba­ba se ge­slag ge­weet het nie. Dit is ’n naam wat vir ’n mei­sie en ’n seun­tjie kan werk, maar die be­te­ke­nis is ook mooi. S­hi­loh kom uit die By­bel en be­te­ken vre­de­ma­ker.”

So op­ge­maak was T­he­o­do­re met sy seun­tjie dat hy am­per nie wou hê hos­pi­taal­per­so­neel moet hom vat om skoon te maak nie. T­he­o­do­re sê as hy so na sy seun kyk, dink hy sy naam pas per­fek by hom. Hy is ’n be­si­ge seun­tjie, maar met ’n kalm­te en ’n rus­tig­heid. T­he­o­do­re sê om ’n pa te wees, is iets wat hy as ’n eer en nie ’n op­sie be­skou nie.

Vol­gens hom be­reik jy ’n sta­di­um in jou le­we waar jy nie meer el­ke na­week wil uit­gaan en par­ty­tjie hou nie. Jy wil rus­tig word en ’n ge­sin be­gin. Met S­hi­loh se koms het die vol­gen­de fa­se in T­he­o­do­re se le­we ook aan­ge­breek.

Hy sê S­hi­loh het reeds sy he­le uit­kyk op die le­we en sy werk ver­an­der.

Dees­dae sien hy al­les met an­der oë en doen hy al­les an­ders, ver­tel hy. Hy is steeds die­self­de per­soon, maar al­les wat hy nou doen en sê, word met S­hi­loh in ge­dag­te ge­doen.

In al die be­slui­te wat hy maak, die din­ge wat hy doen, plan­ne wat hy be­raam en selfs hoe hy aan die toe­koms dink, kom S­hi­loh eer­ste.

Hy raak erns­tig wan­neer hy ver­dui­de­lik as pa gaan dit nie meer net oor jou nie en dink jy eer­ste oor hoe jou be­slui­te jou kind gaan raak.

DIT KOM NA­TUUR­LIK

Hy sê dit is iets wat so na­tuur­lik vir hom kom al het hy nie ’n pa-en-seun­ver­hou­ding ge­had nie. Maar dit mo­ti­veer hom ook nóg meer om deel van S­hi­loh se le­we en ’n teen­woor­di­ge pa te wees.

T­he­o­do­re sê voor S­hi­loh se ge­boor­te sou hy nie om­ge­gee het om by die werk laat te bly om met me­de-ak­teurs te kui­er of ek­stra ly­ne te leer nie, maar dees­dae wil hy so gou as moont­lik by die huis kom. Hy hou selfs daar­van om doe­ke om te ruil en hy wil steeds daar wees wan­neer S­hi­loh ge­bad word al is dit nie sy beurt nie.

“El­ke oom­blik is ’n spe­si­a­le oom­blik vir my. Hy groei so vin­nig, voor ons ons oë uit­vee, gaan hy nie meer ’n ba­ba wees nie, so ek pro­beer om el­ke oom­blik daar te wees. Maar ek kan ook nie wag vir die dag wan­neer hy be­gin praat nie. Al is hy nog klein, lyk dit as­of hy reeds baie het om te sê,”ver­tel T­he­o­do­re.

“S­hi­loh is baie op­let­tend en wak­ker. As ie­mand ’n ge­luid maak dan kyk hy om. Hy is ook mal daar­oor wan­neer ek in die aan­de vir hom act en my ly­ne vir die vol­gen­de dag saam met hom leer.”

Ge­mak­lik met kin­ders

T­he­o­do­re, wat twee kin­ders in die se­pie het, sê se­dert S­hi­loh se ge­boor­te is hy meer ge­mak­lik rond­om kin­ders en speel hy sy ka­rak­ter met nog meer pas­sie. Voor S­hi­loh se ge­boor­te was hy bang om kin­ders vas te hou, maar dees­dae is hy nie meer so haas­tig om die kin­ders vir hul ou­ers te­rug te gee nie.

Wan­neer hy by die huis is, be­skryf hy hom­self as mal en won­der hy soms wat sy seun van hom dink. Maar hy sê hy wil so mal moont­lik bly vir sy seun en sy bes­te vriend wees.

Hy hoop om ’n pa te wees met wie sy seun kan ge­sels oor moei­li­ke en goeie din­ge.

’n Pa saam met wie hy kan lag en wat vir hom sê hoe trots hy op hom is. Hy hoop ook om vir sy kind die be­lang­ri­ke din­ge in die le­we te leer, soos goeie ma­nie­re en hoe om men­se goed te laat voel, want dit is die din­ge wat sy ma en ou­ma vir hom ge­leer het en wat vir hom die mens ge­maak het wat hy van­dag is.

Dis dui­de­lik T­he­o­do­re leef vir sy nu­we rol as S­hi­loh se pa en dat hy glad nie ge­noeg daar­van kan kry nie.

“Dit is lek­ker om iets te hê wat jou nog meer op­ge­won­de maak oor die le­we. Dit gee jou ook meer be­grip vir an­der paar­tjies wat nie kin­ders kan kry nie. Dis iets wat my e­mo­si­o­neel laat word, want om ’n pa te kan wees, is on­ge­loof­lik en ’n waar­de­vol­le ge­skenk. Dit is hart­seer dat som­mi­ge men­se nooit hier­die ge­voel sal ken nie, maar dit laat my dit nog meer waar­deer.”

El­ke oom­blik is’ n spe­si­a­le oom­blik vir my. Hy groei so vin­nig, voor ons ons oë uit­vee, gaan hy nie meer’ n ba­ba wees nie. T­HE­O­DO­RE JAN­TJIES

HEEL LINKS NA REGS: T­he­o­do­re is en wil al­tyd ak­tief be­trok­ke wees wan­neer dit by sy seun se groot­maak en ver­sor­ging kom.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.