Ak­tu­eel:

Skry­wer van De Zal­ze-moord­boek praat

Kuier - - Inhound - DEUR Mar­te­li B­re­wis

Die grumoor­de van drie le­de van die ge­goe­de Van B­re­dage­sin meer as drie jaar ge­le­de in ’n se­ku­ri­teits­kom­pleks bui­te S­tel­len­bosch, het die land ge­ruk en tot oor­see op­slae ge­maak. Nie­mand kon hul­le dit in­dink dat een van die eg­paar se eie seuns sy ge­sin met ’n byl dood­ge­kap het nie . . .

Op sy beurt het Hen­ri van B­re­da (nou 23) aan­ge­voer ro­wers was waar­skyn­lik vir die moor­de ver­ant­woor­de­lik. Maar die Kaap­se hoog­ge­regs­hof het ver­le­de maand be­slis Hen­ri het in­der­daad sy ou­ers, Mar­tin en Te­re­sa, en sy ou­er broer, Ru­di (22), in die hoë se­ku­ri­teits­kom­pleks ver­moor. Hy is ook skul­dig be­vind aan po­ging tot moord op sy blon­de­kop-sus­ter, Mar­li (toe 16), wat daar­die nood­lot­ti­ge nag ook met ’n byl in die kop ge­kap is.

Dié sto­rie het die land aan­ge­gryp en men­se het dit slaafs na­ge­volg ter­wyl al­mal oor Hen­ri se skuld be­spie­gel het. Maar vir die Rap­port- joer­na­lis Ju­li­an Jan­sen (53) van die S­trand, het dit meer as ’n sto­rie ge­word en het dit se­dert­dien met sy le­we ver­weef ge­raak.

Húl sto­rie het deel van sy­ne ge­raak, so­da­nig dat hy ’n op­spraak­wek­ken­de boek

Die De Zal­ze Moor­de neer­ge­pen het. In die vroeë og­gend­u­re van 27 Ja­nu­a­rie 2015 was Ju­li­an een van die eer­ste joer­na­lis­te op die to­neel en hy her­roep die som­ber at­mos­feer en die bu­re wat ver­slae bui­te rond­ge­staan het.

Ju­li­an kon nie daar­die og­gend die moord­to­neel self be­tree nie, maar vol­gens be­amp­tes het ’n me­taal­ag­ti­ge reuk die graf­stil huis ge­vul en was die groot bloed­bad so erg dat dit la­ter selfs die mees ge­har­de po­li­sie­man sla­pe­lo­se nag­te ge­gee het.

’N DONKER TYD

En in sy pri­va­te le­we het Ju­li­an ty­dens die hof­saak die diep­ste donker van sý le­we be­leef . . .

“Die sterf­te van my vrou, C­har­le­ne, op 10 Fe­bru­a­rie van­jaar, het my hart uit my siel uit­ge­ruk,”er­ken Ju­li­an be­woë.

“Ek, my seuns, Jar­ryd (30) en Rei­mer (25), en haar fa­mi­lie is in gees en siel ont­wor­tel. Ek kán nie vir jou die skok be­skryf toe die dok­ter my daar­die og­gend by my werk bel nie,”ont­hou hy.

C­har­le­ne, wat vir 36 jaar die lief­de van sy le­we was, het vroe­ër daar­die week in­ge­gaan vir ’n o­pe­ra­sie en op die oog af goed her­stel. Sy was ver­on­der­stel om die vol­gen­de dag ont­slaan te word, maar het ty­dens ’n fi­si­o­te­ra­pie-ses­sie in­me­kaar­ge­sak. Vir 40 mi­nu­te is ge­veg om haar le­we, maar te­ver­geefs.

Ju­li­an ver­tel hy het ge­suk­kel om die dok­ter se woor­de“sy het nie weer by­ge­kom nie”te be­gryp.“Ek het twee ure te­vo­re nog met haar oor die te­le­foon ge­sels. Toe sê sy ‘kom haal my mô­re met ons nu­we mo­tor (ons het dit die og­gend van haar o­pe­ra­sie ge­koop), ek kan nie wag om te voel hoe ry dit nie!’”Dit was hul­le eg­ter nooit be­sko­re nie.

“Sy was my eer­ste lief­de en my laas­te,” sê hy sag. Vir hom voel dit steeds soms on­werk­lik en daar is dae wat hy suk­kel om op te staan en aan te gaan. Hy het on­langs twee ge­skre­we no­tas in haar bed­laai ont­dek – daar­op was haar ge­bed vir die o­pe­ra­sie, vir hom, vir hul seuns en haar skoon­ma.“Dit was ab­so­luut hart­ver­skeu­rend.”Ju­li­an kon hom­self ook nog nie so ver kry om C­har­le­ne se goed weg te pak nie. Hy is nog nie reg om te laat gaan nie.

Maar hy voel hy het hon­derd goed om oor te huil, ’n dui­send om oor te glim­lag.

“Die He­re het vir Ju­li­an Jan­sen met die een hand groot ge­gee – die boek, met die an­der hand het Hy ook groot ge­neem – my vrou. Ek moet Hom vir bei­de dan­kie sê. Wat God doen, is goed. Hy maak nooit ’n fout nie. Ek le­we nou on­ge­loof­lik na aan die He­re, ek het ge­leer om meer ne­de­rig te bly, want al­les wat ek ont­vang, kom van die He­re af. Die le­we is kort, maar die le­we is ook om ge­leef te word. Ja, ons treur steeds, dis die prys wat ons be­taal vir lief­de,”sê hy met ’n glim­lag en vryf C­har­le­ne se krui­sie wat dees­dae om sy nek hang.

Ju­li­an se band met sy seuns is nou ster­ker as ooit.“Ek het my seuns an­ders as my pa groot­ge­maak. Ek het hul­le ’n bie­tjie meer ruim­te ge­gee om te fou­teer en dat hul­le daar­oor kon praat, maar meer, ek het gereeld vir hul­le ge­sê hoe lief ek hul­le het en hul­le kon die­self­de doen. En ek het hul­le baie druk­kies ge­gee.”

Vol­gens Ju­li­an wil al­le seuns eks­pe­ri­men­teer en die gren­se toets. As jy as pa nie daar is om te wys waar die gren­se se pen­ne­tjies in­ge­kap is nie, gaan hy dit ver­der skuif, want hy soek ’n pa se aan­dag. Want jou pa is jou held.“My pa was my su­per­ster. Hy was groot en sterk. Hy het bo­dy­buil­ding ge­doen en ek ook. Ek het onder 17 Me­neer Suid-A­fri­ka ge­wen in my rooi speedo,”lag Ju­li­an on­deund.

Maar na­dat sy pa te­rug­ge­keer het van die grens­oor­log, glo Ju­li­an, het hy aan bom­skok ge­ly. Dit was nie die­self­de pa van sy kin­der­ja­re nie. Sy pa het een­dag net ver­dwyn en sy ma en ses kin­ders ag­ter­ge­laat.

Ja­re la­ter het hul­le hom op­ge­spoor – ver­lam in ’n hos­pi­taal. Ben­de-skol­lies het hom by ’n ge­bou uit­ge­gooi.“My mag­ti­ge held het ons net ge­los en ’n swer­wer ge­word,”ver­tel Ju­li­an en dis dui­de­lik dat hy steeds nie heel­te­mal ver­staan of daar­mee vre­de ge­maak het nie.

Dit maak hom hart­seer en be­kom­merd dat so baie seuns dees­dae son­der ’n va­der­fi­guur moet groot­word of ’n sleg­te voor­beeld het om na te volg.“El­ke seun het ’n pa of ten min­ste ’n va­der­fi­guur no­dig, een vir wie die seun kan vra:‘Pa is my spie­re groot ge­noeg, doen ek or­raait, is my pie­pie groot ge­noeg, dink pa ek was dap­per?’Net die pa of ’n men­tor kan daar­die ant­woor­de gee.”

ge­weld o­ral

En Ju­li­an, wat vir ja­re in die on­der­wys was, meen die saak kry nie ge­noeg aan­dag nie.

Al kan die ge­weld van die Van B­re­da­moor­de, die gru­saam­heid van die to­neel – ver­bry­sel­de hoof­de (vol­gens ge­tui­e­nis het Hen­ri net vir sy slag­of­fers se kop­pe ge­mik en die byl is met on­meet­ba­re ge­weld ge­swaai), bloed­be­spat­te mu­re – nie ont­ken word nie, is in­wo­ners van by­voor­beeld die Kaap­se Vlak­te daag­liks slag­of­fers van soort­ge­ly­ke voor­val­le, maar word daar nie, vol­gens Ju­li­an, so wyd daar­oor be­rig nie.“Daar word kin­ders groot in ’n ben­de­eko­no­mie. Dis ’n kor­rup­te spul waar­by so baie men­se be­trok­ke is, soos on­der­wy­sers, po­li­sie­man­ne, reg­ters en so meer. Daar is am­per nie uit­kom­kans nie.”Ju­li­an ver­dui­de­lik ver­der ben­des is ’n skyn-fa­mi­lie – ê­rens waar seuns aan­vaar­ding kry en kan pres­teer. Maar daar hang vir e­wig ’n swaard oor jou kop, jy kan e­ni­ge tyd met jou le­we boet. Vol­gens hom is dit ook baie moei­lik om ’n goeie pa te wees in ’n ben­de­ge­bied waar ar­moe­de ook al­ge­meen is.

Maar Ju­li­an glo daar is ’n op­los­sing.“Dink aan daai see­ster­re­tjie. Gooi hom te­rug en maak ’n ver­skil aan daai een. Dit is ge­noeg.

Syou­ers het­net hul ou­er­li­ke plig ge­doen toe hul­le­hom­die­aand voor­die­moor­de weer daar­oor aan­ge­spreek he­te n dit was die laas­te strooi vir hom. JU­LI­AN JAN­SEN

As el­ke mens ten min­ste een an­der mens pro­beer help . . .”Hy ver­tel toe hy nog ’n on­der­wy­ser was, was daar ’n seun wat hom wou steek met ’n pas­ser, ’n reg­te boe­lie en moei­lik­heid­ma­ker. Ju­li­an het ek­stra aan­dag en moei­te aan die seun ge­skenk, sy skool­kos met hom ge­deel en hom en sy mak­kers ge­vat om by­voor­beeld te gaan berg­klim. Die seun het hand­om­keer ver­an­der om­dat ie­mand be­lang­stel­ling ge­toon het en van­dag is hy ’n suk­ses­vol­le (en eer­li­ke, lag Ju­li­an) me­cha­nic.“G’n mens gaan ’n he­le ge­meen­skap ver­an­der nie. Dis daai een see­ster wat tel . . .”

“Kyk maar na die ben­des op die Kaap­se Vlak­te en vra waar was die po­si­tie­we va­der­fi­gu­re en rol­mo­del­le. Hul­le skit­ter in hul af­we­sig­heid. Vir my per­soon­lik sal jong seuns wie nie deur hier­die in­di­vi­due én die ge­meen­skap on­der­steun word nie, op ’n dag te­rug­keer met wraak. Ben­de­le­de is myns in­siens“wraak­ma­sjie­ne”.

Hy won­der of Hen­ri nie dalk ook ’n “wraak­ma­sjien”was nie? Vol­gens Ju­li­an kon dit nie net sy pa wees wie hom dalk kwaad sou ge­maak het nie. Hen­ri, was vol­gens Ju­li­an, ook van kleins af ’n“lo­ner”, “een­kant­kind”en het la­ter glo sy toe­vlug in dwelms ge­soek.

“Sy ou­ers het net hul ou­er­li­ke plig ge­doen toe hul­le hom die aand voor die moor­de weer daar­oor aan­ge­spreek het en dit was die laas­te strooi vir hom,” ver­tel Ju­li­an ter­wyl sy ge­dag­tes hom te­rug­neem na daar­die tyd.“Ek dink hy het min­der­waar­dig ge­voel in die ska­du van sy broer en ou­li­ke sus­ter. En dan het hy nog ge­hak­kel ook.”

Die vraag op al­mal se lip­pe was, kan dwelms, ja­loe­sie en geld ’n nor­ma­le 20-ja­ri­ge (dit was hoe oud Hen­ri was ty­dens die moor­de) daar­toe dryf om ’n byl op te tel en sy he­le ge­sin te pro­beer uit­wis? Vol­gens Ju­li­an is Hen­ri die e­nig­ste een wat weet wat werk­lik daar­die nag ge­beur het.

Ju­li­an ver­tel hy het reeds die dag ná die moor­de sy ver­moe­dens oor Hen­ri se skuld ge­had na­dat ’n bron hom ver­tel het van die seun se hou­ding.

Vol­gens Ju­li­an het die bron ver­tel Hen­ri het hom“har­re­gat”ge­hou met die speur­ders ty­dens on­der­vra­ging en dat dit ge­lyk het as­of hy self sy won­de ver­oor­saak het.“Jam­mer, vir die woor­de, maar ek dink Hen­ri het sy moer ge­strip en uit­ge­haak, kop ver­loor. Hy kon daar­die aand met sy ou­ers haaks ge­wees het oor hul­le dalk sy sak­geld weg­ge­vat het en hy dus nie meer kon dwelms koop nie. Dalk was hy so ja­loers op die‘pos­ter boy’Ru­di, dat hy sy aan­val op hóm ge­mik het,”be­spie­gel Ju­li­an.“Hen­ri se daad was myns in­siens ’n pas­sie­moord, hy het net ge-snap, ge­knak. Sul­ke op­tre­de ken nie ras, klas, ou­der­dom of ge­slag nie.”

Maar, meen hy, Hen­ri het die kans ge­had om van plan te ver­an­der en ’n an­der keu­se te maak – van die oom­blik toe hy die byl uit die spens gaan haal het en met el­ke tree wat hy op die trap­pe na­der aan sy slag­of­fers ge­gee het. Daar­om meen Ju­li­an die moor­de was met op­set. Koel­bloe­dig. Die hof was dit eens en daar­om is hy aan al­drie moor­de en po­ging tot moord skul­dig be­vind. Die staats­aan­kla­er het ook reeds aan­ge­dui hy gaan die hof vra vir ’n le­wens­lan­ge von­nis.

ge­raak deur saak

Die Van B­re­da-moor­de het Ju­li­an diep ge­raak.“El­ke moord­sto­rie maak ’n im­pak op mens, maak ’n merk in jou psi­ge, maar hier­die saak het my le­we ver­an­der. Jy dink baie diep oor die le­we, jy dink hoe­kom sal men­se aan­hou me­kaar moor. Jy dink dan jyself sal nooit ooit so iets doen nie, maar jy weet ook dis so mak­lik om dit te sê.”

Ju­li­an het ook op ’n ma­nier ge­heg ge­raak aan Hen­ri.“Ek het hom vir ure in die hof dop­ge­hou, die jong man met die ge­pant­ser­de leu­en (sy weer­ga­we van die moord­nag). Die jong man met die seuns­ge­sig, fors skou­ers, wat oor tyd ge­re­du­seer is in ’n uit­mer­ge­len­de hof­saak, tot op daar­die laas­te dag en uit­spraak tot ’n be­teu­ter­de, brand­ma­er en half angs­be­van­ge be­skul­dig­de wie sy lot moes aan­hoor. Dat hy die hof nie in sy ver­troue ge­neem het nie, die hof be­lieg het en dat hy mil­joe­ne uit trust­geld in­ge­span het om ’n leu­en te ver­de­dig.”Ge­reg­tig­heid het, vol­gens Ju­li­an, ge­se­ë­vier. Maar dis nie al­tyd mooi en skou­spel­ag­tig nie. Dis fi­naal, hard en tot op die punt.

Met sy vrou se skie­li­ke dood en die te­le­vi­sie­reeks oor sy boek, het Ju­li­an se le­we on­her­roep­lik ver­an­der, maar hy kyk vo­ren­toe.“Ek wil net na aan die voe­te van die He­re bly, want Hy het nu­we plan­ne vir my. Ek wil die le­we weer op­nuut en ten vol­le aan­gryp en ek hoop dat ek ten min­ste één jong mens kan in­spi­reer om die bes­te te word wat hy of sy kan word. Ek glo in die kon­sep van‘pay it for­ward’, ”sê die sag­te reus met die glim­lag vol wys­heid en deer­nis.

LINKS: Ju­li­an en sy oor­le­de vrou, C­har­le­ne. BO: Ju­li­an, C­har­le­ne en hul seuns, Jar­ryd (links) en Rei­mer (regs). REGS: Ju­li­an se boek Die De Zal­ze-moor­de. Hy het die boek se film- en TV-reg­te aan Hol­ly­wood ver­koop.

BO: Die by­l­moor­de van drie le­de van die Van B­re­da-ge­sin en die saak teen Hen­ri, die jong­ste seun, was pal in die nuus. ONDER VAN LINKS NA REGS: Hen­ri, Mar­li, Ru­di, Te­re­sa en Mar­tin van B­re­da. Hen­ri is skul­dig be­vind aan die moor­de en po­ging tot moord.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.