In­spi­ra­sie:

Pa le­we vol­uit met ont­las­ting­sak­kie

Kuier - - Inhound - DEUR ELMARINE ANTHONY

Die kan­ker­di­ag­no­se kon sy ein­de be­te­ken het. Maar Fai­zel Ja­cobs (44) van T­horn­ton bui­te Kaap­stad het twee jaar ge­le­de be­sluit om on­ge­ag die ge­vol­ge aan te hou veg. Dit was óf hy le­we met ’n sakkie óf dis dalk die ein­de van sy le­we. En ter wil­le van sy seuns het dié pa be­sluit om son­der op­hou te ba­klei. Maar dit is nie net som­mer e­ni­ge soort sakkie nie . . .

Fai­zel se le­we het in Mei 2016 on­her­roep­lik ver­an­der toe hy met rek­tum­kan­ker ge­di­ag­no­seer is. Die ge­volg­li­ke o­pe­ra­sie wat hy moes on­der­gaan, het hom met ’n per­ma­nen­te sto­ma-sakkie ge­laat. Die sakkie word aan die punt van sy derm ge­kop­pel wat deur ’n o­pe­ning in sy maag ge­maak is (be­kend as ’n sto­ma). Die sakkie vang sy ont­las­ting.

“Die sakkie was die laas­te ding op my ge­dag­tes. Ek het nie ge­weet wat dit was nie of wat dit be­te­ken het nie.”Selfs toe sy di­ag­no­se deur mid­del van toet­se be­ves­tig is, het hy steeds nie op­ge­let toe die dok­ter die sakkie ver­dui­de­lik het nie.

Soms kan ’n sto­ma om­ge­keer word, maar in Fai­zel se ge­val is dit iets waar­mee hy vir die res van sy le­we moet saam­leef. Dok­ters moes sy a­nus en ’n ge­deel­te van sy sphincter (sluit­spier wat die u­ri­ne te­rug­hou) ver­wy­der.

Ge­luk­kig is die kan­ker in sta­di­um 1 ge­di­ag­no­seer en dit was dus nie no­dig vir hom om e­ni­ge ver­de­re be­han­de­ling te kry nie.

Voor sy o­pe­ra­sie het ’n sto­ma-ver­pleeg­ster hom ver­der oor die sakkie in­ge­lig. Toe hy wak­ker skrik en sy ty­de­li­ke sakkie sien, het die werk­lik­heid weer in­ge­skop.“Is dit nou my le­we?”het hy ge­dink.

Hy was eg­ter baie bly en dank­baar toe dok­ters vir hom sê hul­le is oor­tuig dat hul­le die he­le tumor ge­kry het.

al­tyd Angs­tig

Ter­wyl hy be­sig is om te ver­tel, laat Fai­zel ’n wind.

“Dis die an­der ding waar­mee ek moet le­we. Hier­die ding doen sy eie ding. Ek het geen be­heer nie. As jy ’n wind wil laat, kan jy squee­ze. Met my ge­beur dit net.”

Eers was Fai­zel, te ver­sta­ne, baie skaam oor die sakkie en vol­gens e­ti­ket mag ons nie oor dié din­ge praat nie. Maar hy sê hy is nou ver­by die sta­di­um om dit weg te steek.

“Dit maak jou so angs­tig. Dis be­ter om oop en eer­lik te wees hier­oor. Dit raak ont­slae van so­veel angs.”

Vol­gens Fai­zel het hy met sy seuns, Za­ne (13) en Ri­az (12), ge­sels oor sy di­ag­no­se en sakkie op ’n ma­nier wat hul­le sal ver­staan.

Hy het die ver­ge­ly­king van ’n vi­de­o­spe­le­tjie wat ’n teg­nie­se fout het, ge­bruik om die sakkie te ver­dui­de­lik. Hy het vir hul­le ge­sê die sakkie is ’n ma­nier om sy fout reg te maak.

“Aan­vank­lik was daar baie‘eews’en‘aahs’, maar hul­le is nou fi­ne daar­mee,”ver­tel Fai­zel, wat toe­sig van sy kin­ders met sy eks­vrou deel. Hy sê sy kin­ders ver­staan wat die sto­ma is en hoe­kom hy dit be­no­dig.

“Aan die be­gin was hul­le nuus­kie­rig en be­kom­merd oor my, maar nou is hul­le baie on­der­steu­nend en moe­dig my aan om aan wed­lo­pe deel te neem,”sê hy.

Fai­zel se sto­ma is aan die lin­ker­kant van sy maag, maar op die oog af lyk dit nie as­of hy een het nie. Die sakkie gee ook nie ’n reuk af nie. Op die oom­blik ver­vang hy die sakkie om­trent twee keer per dag. Hy pro­beer om die ont­wrig­ting van die sto­ma so min moont­lik te hou, maar vol­gens hom het dit sy he­le le­we – van sy kan­se om werk te kry tot om net ’n per­fek­te paar je­ans te koop – ge­af­fek­teer.

Vir Fai­zel, wat ver­le­de jaar uit sy kan­toor­werk be­dank het, is dít eg­ter nie die erg­ste wat met hom in die o­pen­baar kan ge­beur nie. As ie­mand wat ma­ra­thons en an­der wed­lo­pe hard­loop om geld in te sa­mel vir lief­da­dig­heid, het hy al tal­le glip­se ge­had. Hy sê wan­neer hy sweet, trek die sakkie weg en breek.“Jy hard­loop, die sakkie gly af, jy sweet, die gom hou nie, dit gly af en jy be­mors jou­self. Ek het geen be­heer nie. Ek weet nie wan­neer ek o­pe­lyf kry nie. Ek voel net ’n ge­wig in die sakkie dan weet ek iets ge­beur.”

Om glip­se te voor­kom, pro­beer hy tans an­der ti­pe sak­kies en gee ook hom­self een keer per dag ’n e­ne­ma waar­ty­dens hy wa­ter in sy derm spuit om dit skoon te spoel.

Hy wil sy derm“train”om net saans te werk so­dat hy nie ge­du­ren­de die dag wan­neer hy dik­wels hard­loop, o­pe­lyf kry nie.

’n Sto­ma-sakkie is ook nie net een­vou­dig om af te haal en aan te sit nie. ’n Plas­tiek­plaat word rond­om die sto­ma di­rek op sy vel ge­plak. Soms skaaf hy en kry vel­uit­slae waar­voor hy nie room kan ge­bruik nie om­dat die plaat dan los­kom en die sak lek.

“Dit is al­les din­ge wat ek op my eie moes uit­fi­gu­re. Men­se praat nie oor dié din­ge of die uit­da­gings wat met ’n sto­ma-sakkie ge­paard­gaan nie,”sê Fai­zel moe­de­loos.

Be­mors by die werk

Sy ge­dag­tes gaan on­mid­del­lik na sy der­de dag te­rug by die werk, agt we­ke ná sy o­pe­ra­sie. Hy het hom­self be­mors na­dat sy sakkie per on­ge­luk op die rand van sy les­se­naar vas­ge­sit en los­ge­ruk het.

“Ek het ge­voel dis los en het toe na die bad­ka­mer ge­hard­loop. Nie­mand het ge­weet wat aan­gaan nie om­dat ek nooit met e­nig­ie­mand daar­oor ge­praat het nie.”Hy het toe in die bad­ka­mer ge­sit en nie ge­weet wat om te doen nie.

“Ek het ge­huil. Ek het vir ’n uur in die toi­let ge­sit voor­dat ek die moed ge­kry het om een van my kol­le­gas te bel en hul­le te vra om my sak te bring. Toe ek ’n an­der sakkie op­sit, het ek uit­ge­glip om my kle­re te gaan ver­an­der. Ek het weg­ge­hard­loop van die werk,”sê hy ter­wyl hy sy kop skud.

Fai­zel, wat nou ver­loof is, sê daar is te min be­wus­ma­king oor sto­mas en dat die be­han­de­ling meer ho­lis­ties moet wees.

Vol­gens hom kan hy on­mid­del­lik ’n ver­an­de­ring in toon op­merk ty­dens werks­on­der­hou­de wan­neer hy by­voor­beeld vra of dit moont­lik sal wees om hou­ers soos in die mees­te vrou­e­bad­ka­mers om ont­slae te raak van sa­ni­tê­re doe­kies, in die bad­ka­mer te hê wat hy gaan ge­bruik.

“Dis so­dat ek ’n sa­ni­tê­re ma­nier het om ont­slae te raak van die sak­kies. Dít is din­ge wat men­se as van­self­spre­kend aan­vaar. Iets so een­vou­dig soos om ’n broek te koop. Jy pas dit aan, kyk in die spie­ël, ou­kei my ag­ter­ste­we lyk goed, jy’s klaar. Ek moet eers sit en an­der goed soos hoe ver dit op­trek, in ag neem.”Hy sê hy kry ook hou­ding by be­amp­tes wan­neer hy by lug­ha­wes vra om deur ’n dok­ter on­der­soek te word.

Hy het ook per­soon­li­ke uit­da­gings. As ’n Mos­lem wat gereeld mos­kee by­woon, is dit vir hom moei­lik. Jy moet jou­self met wa­ter rei­nig voor jy bid en moet dit weer doen in­dien jy by­voor­beeld ’n wind laat of toi­let toe gaan.

“My­ne ge­beur in die mid­del van ge­bed. Wat kan ek doen? Jy kan nie met men­se daar­oor praat nie, want par­ty van hul­le is nie ge­mak­lik om daar­oor te praat nie. Men­se pro­jek­teer hul wal­ging op my.”

Fai­zel is eg­ter dank­baar dat die sto­ma sy le­we ge­red het en dat hy nog daar is vir sy twee seuns.

Jy­hard­loop,die­sak­kieg­ly­af,jy­sweet,die­gom hou­nie,dit­g­ly­a­fen­jy­be­mor­sjou­self.Ek­het­geen be­heer­nie. FAI­ZEL JA­COBS

HOOFFOTO: Fai­zel Ja­cobs le­we met ’n sto­ma-sakkie ná hy rek­tum­kan­ker ge­had het. REGS: Fai­zel en sy twee seuns, Za­ne (links) en Ri­az (regs).

REGS: Fai­zel wys waar die sto­ma­sak­kie aan sy sy sit. ONDER: Die toe­stel wat hy ge­bruik om hom­self ’n e­ne­ma te gee.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.