Leefstyl:

Mans ook sen­si­tief oor hul voor­koms

Kuier - - Inhound - DEUR Tar­ren-Lee Ha­bel­gaarn

Mooi was nog nooit le­lik nie, maar dit hang ook af aan wie se stan­daar­de die“mooi” ge­meet word. En as jy nie aan daar­die stan­daar­de vol­doen nie, kan dit jou self­beeld ’n le­li­ke knou gee.

Baie van ons ge­bruik di­ë­te, duur oe­fen­pro­gram­me en selfs o­pe­ra­sies (as jy dit kan be­kos­tig) om daar­die per­fek­te look te kry. Om nie eens te praat van al die geld wat ons uit­gee op ha­re, kle­re en gri­me­ring nie.

Dis ook ’n mi­te dat net vroue onder druk is om die per­fek­te lyf, vel en glim­lag te hê. Mans het net so­veel is­su­es oor hul voor­koms en baie van húl­le glo ook hul­le is nie mooi of ma­er ge­noeg nie.

En nes vir vroue, kan dit mans se self­beeld en self­ver­troue so erg raak dat dit la­ter hul per­soon­li­ke le­we en werk be­gin be­ïn­vloed. Boon­op word mans ook be­oor­deel na ge­lang van die groot­te van hul pe­nis en hul per­for­man­ce in die slaap­ka­mer.

Lig­gaams­beeld­kwes­sies het nie net ’n uit­wer­king op hoe jy jou­self sien nie, maar ook hoe jy an­der sien en jou in­ter­ak­sie met hul­le.

IDEALE MAN

Dees­dae meen die sa­me­le­wing, Hol­ly­wood, die me­dia en die mo­de­be­dryf die ideale man is lank en slank met spie­re op al die reg­te plek­ke. Kyk maar vir C­han­ning Ta­tum en Ge­or­ge Cloon­ey!

Dan moet hy ver­kies­lik nog slim en ro­man­ties ook wees met ’n ste­wi­ge bank­re­ke­ning. Maar El­ric Jan­sen (30), van S­wel­len­dam, sê dit is vir baie mans net so moei­lik om Ken te wees as vir vroue om Bar­bie te wees.

Hy sê hy is al vet van kleins af en al eet hy ge­sond en oe­fen hy el­ke dag, sal hy nooit ma­er wees nie. Dit is net hoe hy ge­bou is en dit is moei­lik vir hom om kle­re in die win­kels te kry of ge­mak­lik in ’n swem­broek op die s­trand te loop.

Vol­gens El­ric het sy voor­koms hom ja­re lank ge­pla en het hy dit moei­lik ge­vind om vroue te ont­moet. Hy het die mees­te op ho­ër­skool ge­suk­kel en dit was so erg dat hy vir twee jaar bu­li­mies (’n eet­ver­steu­ring) was.“Ek was baie op s­kool ge­terg oor my voor­koms en al het ek el­ke dag ge­oe­fen, kon ek nooit ge­wig ver­loor nie. Die kin­ders het my nie ge­glo nie en ek het de­pres­sie ont­wik­kel. La­ter het kos my naar be­gin maak, want ek het ge­weet as ek eet, ek nog ge­wig gaan op­tel en niks ver­loor nie,” sê hy.

“Ek het min­der en min­der be­gin eet en la­ter het ek ná el­ke maal­tyd naar ge­word en my kos op­ge­bring. My ou­ers het my ge­luk­kig ge­help en by ’n siel­kun­di­ge

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.