Wen­ke

Hier is wen­ke vir wan­neer jou bleik­mid­del op is, har­de na­el­lak, mie­re wat pla, o­lie­ri­ge ha­re en raad vir hoe om van koors­bla­re ont­slae te raak.

Kuier - - Inhound -

WENK GE­SOEK:

Ek soek raad vir o­lie­ri­ge ha­re as­se­blief. As ek my ha­re van­dag was en blow, is dit mô­re al weer o­lie­rig. DI­A­NA DELPORT, UI­TEN­HA­GE

ANT­WOORD GE­GEE:

Ap­pela­syn: Meng twee tot drie eet­le­pels ap­pela­syn en een kop­pie wa­ter. Was jou ha­re en spoel af. Wend nou die ap­pela­syn­meng­sel aan en los vir ’n paar mi­nu­te aan. Spoel af met koue wa­ter. Her­haal drie tot vier keer per week. Die suur in die a­syn speel klaar met die oor­tol­li­ge o­lies op jou kop­vel.

Aloe ve­ra gel: Meng een tot twee tee­le­pels aloe ve­ra gel, een eet­le­pel suur­le­moen­sap en een kop­pie wa­ter. Spoel jou ha­re hier­mee af na­dat jy dit ge­was het. Los die meng­sel aan vir ’n paar mi­nu­te en spoel af met koue wa­ter. Her­haal el­ke nou en dan as jou ha­re o­lie­rig is. Aloe ve­ra voed jou ha­re, maak dit sag en help om o­lie­rig­heid te be­heer.

Eps­om­sout: Gooi een tot twee tee­le­pels sout by jou sjam­poe en was jou ha­re. Laat die meng­sel vir ’n paar mi­nu­te werk voor­dat jy dit af­spoel. Doen dit twee keer per week. Dis ’n baie doel­tref­fen­de ma­nier om ont­slae te raak van vet­te­rig­heid. Om­dat dit ’n goeie bron van mag­ne­si­um is, help dit om kop­ve­lin­flam­ma­sie teen te werk en ab­sor­beer oor­tol­li­ge o­lie.

Bak­poei­er: S­prin­kel bak­poei­er oor jou droë ha­re en kop­vel. Bor­sel jou ha­re om dit e­we­re­dig te ver­sprei. Spoel af. Her­haal twee keer per week. Bak­poei­er werk goed as ’n droë sjam­poe, want dit ab­sor­beer oor­tol­li­ge o­lie.

Eier­geel: Meng een eier­geel met ’n eet­le­pel suur­le­moen­sap. S­meer die meng­sel aan skoon nat ha­re. Los aan vir 30 mi­nu­te. Spoel af met koue wa­ter. Her­haal week­liks. Dit voed jou ha­re en voor­kom oor­tol­li­ge o­lies. BRON: WWW.STYLECRAZE.COM

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.