Kuier

Geldsake:

Slim wenke om die bank minder te betaal

- Deur Maretha Botes

Dis R20 hier, R50 daar en voor jy jou oë uitvee, staan jou bankbalans op nul! En jy wonder hoe dit moontlik kan wees, want soms weet jy nie eens waarvoor geld afgetrek is nie.

Dít terwyl jy daardie geld eintlik broodnodig gehad het vir ’n nuwe paar skoene vir jou kind. Jy kan jou hare uit jou kop trek oor die bankfooie wat elke maand jou rekening leegtap.

Die probleem is dalk dat jy nie op die beste bankopsie vir jou behoeftes is nie. En dis dan nodig om weer te kyk watter soort rekenings jou bank bied, sodat jy nie onnodige fooie betaal nie.

Dít is wat Porcha Fredericks (36), ’n verpleegts­ter van Vereenigin­g en ma van twee kleuters, gedoen het toe sy elke maand in die rooi beland het as bankfooie afgetrek word.“Net as ek dink ek kan gou nog daardie ekstra wintermuss­ies en handskoene vir die twee kinders gaan kry of selfs net vir my bejaarde ma ’n paar rand oorbetaal dan sien ek die rekening is leeg. Bankfooie is afgetrek. Dit sou bedrae wees soos R2,39, R436 (vir ’n cash deposit fee), R29,35 (vir value added service fees), R12,55 (omdat ek by ’n ander bank se ATM geld getrek het) en R95 (my maandeliks­e rekeningfo­oi),” sê sy.

Porcha het die kliëntedie­ns by haar bank gaan sien oor die hoë fooie en hulle het saam met haar na die ander rekeningop-

sies gekyk wat nié so ’n hoë maandeliks­e fooi het nie.“Hulle het ook mooi verduideli­k dat ek op ’n paar ander maniere ook kan spaar,”sê sy. Dit sluit in: “Vermy cash. As ek moet geld trek, moet ek dit slegs by my eie bank se ATM doen. Anders moet ek probeer om net my kaart te swipe as ek aankope doen. As iemand anders vir my geld inbetaal, moet hulle dit met EFT’s doen (of as ek vir iemand geld wil inbetaal), anders slaan die bank my ook met ’n kontant deposito fooi wat eintlik heel onnodig is. Ons het darem almal deesdae selfone en kan iewers gou op die internet ’n banktransa­ksie doen.”

Ryan Prozesky, hoof van FNB Value Banking Solutions, sê Porcha het die regte stappe geneem om haar bankkoste te minimalise­er. Hy sê mense trek onnodig kontant. “Kontant is duur. Dit moet geprint, beskerm, verseker en met die hand hanteer en vervoer word. Dit alles beteken dat onnodige kontant onttrekkin­gs jou duurte staan kom in terme van bankfooie.”

As jy wil vasstel waarheen jou geld gaan, begin by die begin. Thayn Niemand, ’n finansiële beplanner by Verso Wealth, sê jy kan begin deur die laaste ses maande se bankstate te ontleed om te bepaal watter transaksie­s jy die meeste gebruik en hoeveel dit kos.

Die tipe rekening wat jy kies, hang af van wa tjou transaksie behoef tesis .’ n Student, byvoorbeel­d, se behoeftes is minder as hul ouers s’n en daarom sal ’n goedkoop student erekening hulle heelwat kostes bespaar in vergelykin­g met die“normale” bankrekeni­ngs wat hul ouers gebruik.

Hy sê tjekrekeni­ngs het ontwikkel tot ’n baie duur kommoditei­t, veral omdat daar goedkoper elektronie­se bankwese is.

“Die vraag is dan, het jy nog ’n tjekrekeni­ng nodig as jy die meeste transaksie­s op jou rekenaar of per app doen? Sal ’n spaarreken­ing met sy verminderd­e bankkoste nie jou sak beter pas nie? Uit die aard van die saak sal jy ’n tjekrekeni­ng moet gebruik as jy van die bank se oortrokke fasiliteit­e gebruik maak.”

Connie Mulder, hoof van Solidarite­it se Navorsings­instituut, sê jy moet kyk dat jou rekening by jou behoeftes pas.“Hoewel die meeste rekenings’ n administra­sie fooi hef, is die meeste bankkoste nou gekoppel aan transaksie­koste. Dit impliseer dat net geld in jou rekening minimale koste gaan behels, maar as jy betalings en onttrekkin­gs begin maak uit die rekening wat vereis dat die bank die transaksie­s moet administre­er, jou koste hoër gaan wees.”

Banke begin al hoe meer bankkoste gebruik om verbruiker­s gedrag te stuur. Deur noukeurig op te let na watter gedrag jou bank beloon, kan jy bankkoste heelwat verlaag.

“Eenvoudige goed is om seker te maak dat jy slegs by jou bank se eie kitsbanke geld onttrek,”sê hy.

Fooilose rekenings?

Connie sê daar is nie regtig fooilose rekenings nie. Daar bestaan wel rekenings waar jy rente verdien op ’n saldo in jou rekening wat jy vir bankkoste kan gebruik. Capitec, byvoorbeel­d, bied tot 5% rente aan op ’n saldo in ’n tjekrekeni­ng. Dit beteken as jy ’n sekere saldo in die rekening het, die rente jou bankkoste dek. Tog is dit ’n indirekte koste wat jy betaal.

Ander modelle sal weer ’n baie lae administra­sie fooi behels, maar jou per transaksie koste vra. Dit beteken dat jy meer beheer het oor die koste wat jy per maand betaal, maar nie dat jy heeltemal kosteloos van ’n bank se dienste gebruik kan maak nie. Dit maak tog sin, want die bank moet op ’n manier kostes verhaal wat aangegaan is om jou rekening te onderhou.

Solidarite­it se Navorsings­instituut se bankko steverslag vir 2017 het die volgende getoon: •

Absa se Transact-rekening is die goedkoopst­e as jy slegs fooie oorweeg. Dit is algeheel die laagste (R26,85) ten opsigte van waarskynli­kste gereelde transaksie­s. •

Tweede, is Capitec die goedkoopst­e as dit by bankfooie kom. As jou uitgawes van só aard is dat jy nie ’n rekeningsa­ldo kan handhaaf nie (dit beteken dat jy op die einde van die maand nie juis geld in jou rekening het nie ), sal jou bank administra­sie fooi R34,10 wees. As jy wel ’n saldo kan oorhou (en dus spaar), betaal dié bank rente op elke duisend rand wat jy in jou rekening kan hou. •

Geen van die groot vyf bankgroepe hef fooie wanneer jy jou kaart suksesvol swipe by ’n betaalpunt nie (dit beteken dat die transaksie suksesvol was en jy genoeg geld in jou rekening gehad het vir die transaksie). Dít is dus ’n manier wat jy kan spaar op bankfooie.

sny bankkoste SÓ

“Hoewel maandeliks­e administra­tiewe fooie dalk laag kan lyk, moet jy nooit ’n rekening kies deur slegs hierna te kyk nie,”sê Ryan. Maak liewer die besluit deur te kyk na jou transaksie behoeftes. Byvoorbeel­d, as jou rekening gebaseer is op“pay as you use”, kan jy ekstra fooie betaal elke keer as jy ’n transaksie doen, terwyl gebondelde rekenings jou toelaat om verskeie transaksie­s tot onbeperkte transaksie­s te doen sonder ekstra koste. ’n Pay as you use-struktuur sal dalk die beste wees vir iemand wat ’n lae aantal maandeliks­e transaksie­s doen, terwyl gebondelde rekenings beter is as jy baie transaksie­s moet doen.

Hy raai verder aan dat jy jou bank se digitale opsies moet gebruik. Dit is gewoonlik gratis of baie goedkoper as om binne die bank besigheid te doen. Dis beter om met jou kaart te betaal eerder as om kontant te trek. Maak seker daar is genoeg geld in jou rekening om alle uitgawes te dek wanneer jy ’n transaksie maak om boetes te vermy.

Oortrokke (overdraft) fasiliteit­fooie help om daardie nooduitgaw­es te dek wanneer jy kontantvlo­ei probleme het. Só kan jy ook penalty-fooie vermy as daar onvoldoend­e fondse in jou rekening is.

Om elke maand ’n bankstaat te kry, kos geld. Vra liewer dat jou bank die state vir jou per e-pos aanstuur.

Pas jou bankkaarte op. As jy nuwe kaarte aanvra indien jy joune verloor, sal jou bank jou ’n fooi vra daarvoor.

Moenie kommunikas­ie van jou bank ignoreer nie. Banke hersien jaarliks hul rekeningfo­oie en gee jou dan ’n uiteensett­ing van veranderin­gs en aanpassing­s.

Gaan noukeurig daardeur en maak seker jy verstaan die veranderin­gs en die impak daarvan op jou geldsake.

Hoewel maandeliks­e administra­tiewe fooie dalk laag kan lyk, moet jy nooit’ n rekening kies deur slegs hierna te kyk nie. RYAN PROZESKY

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa