Ma­triek­ek­sa­men: Bly kalm en in be­heer

Die angs van die ma­triek­ek­sa­men pak baie leer­ders nou beet, maar daar is hoop vir jou om staan­de te bly en die eksamen te slaag.

Kuier - - Inhoud - DEUR MARTELI BREWIS

Die­ma­trie­k­eind­ek­sa­men­is­die­hoog­te­punt­van­die­af ge­lo­pe­12jaar­in­e­ni­ge­k ind­se­lew e­– ­di­tis­waar voor­jou­k ind­al­am­per­haar­he­le­lew e­lank­w erk.­En­die­t yd­he­taan­ge­breek­.­. ­.

Hier­die­tyd­van­die­jaar­is­baie­hui­se­waar­ma­tri­ku­lan­te­bly,­soos­’ n­slag­veld. ­ Stil­tye,­ge­moe­de­re­wat­hoog­loop ,­ge­volg­deur­’ n­heen­en­w eer­ge­sk ar­rel­of­selfs­er­ger!­Som­mi­ge­kinders­raak­ma­nies ,an­der­de­pres­sief.­Som­mi­ge­voel­vol­ver­troue­en­goed­v oor­be­reid,­ter­wyl­an­der­wens­hul­le­het­’ n­bie­tjie­meer­t yd­ge­had. ­ ’n­Mens­weet­nie­alt yd­waar­om­t e­vat­en­waar­om­t e­los­om­jou­am­per­groot­bloed­jie­te­help­nie .­

Maar­ hoe­ dit­ ook­ al­ sy ,­ die­ be­lang­rik­ste­ is­ om­te­ wee t­op­ wat­ter­ punt­ jou­ ma­tri­ku­lant­ is ,­ waar­ sy­ nog­ hulp­ no­dig­ he­te n­ hoe­ men­se­ in­ die­ huis­ haar­ kan­ on­der­steun .

Ma­rin­da­ F reeks ­(41)­ van­ Port­ E­li­za­beth­se­ ma­triek­seun ,­ Ja don­ Ma sok ­(17),­ i s­nou­hard­ aan­ die­ studeer ­–­ el­ke­ mid­dag­ ná­skool­ tot­ laat­ saans .­Al­is­Ja­don­’ n­ top­pres­teer­der ,­ is­ hy­ en­s y­ ma­ steeds­ bie­tjie­se­nu­wee­ag­tig .­“Ek­ help­ baie­ deur­ so­ min­moont­lik­ druk­ op­ h om­te­ sit .­ Ek­ het­sy­huis ta­kies­ ver­min­der­ en­ hy­g aan­ nie­ baie­uit­ saam­ met­ vrien­de­ nie .”

Lee­ann­Da­vids­(36)­van­St el­len­bosch­ver­tel­sy­kon­nie­skool­k laar­maak­nie­e­nis­baie­tr ots­op­haar­ma­triek­seun,­L eeray­ Klaas en ­(18),­ se­ har­de­ werk .­“Di t­is ­’ n­ou­er­se­ plig­ om­te­ on­der­steun .­ Ek­ praat­ met­my­ seun­ en­ hy­ moet­ hard­ leer­ en­ ge­fo­kus­ wees­ op­sy­ skool­werk ,”­ ver­tel­ sy .­ L e e­ann­het­nog­’ n­ seun­ en­ dog­ter­ op­lae rskool­ en­s y­ wil­ graag­ hê­ haar­ oud­ste­moet ­’ n­ voor­beeld­ wees­ vir­ die­ klein­tjies .“E k­is­ baie­ ge­span­ne ,­ maar­ ons­ glo­ en­ver­trou­ dat­ die­ He­re­ h om­en­ die­ an­der­ma­tri­ku­lan­te­ help­ eksamen­ skryf .”

Nie­al­le­ma ’s­het­dit­egt er­mak lik­nie.Wen­dy­O­den­daal­ (42)­ van­V an­der­bijl­park­het­al­haar­dae­met­haar­seun,­Jo­han­nes(18).­“Hy­kom­net­nie­aan­die­leer­nie .­E­k­lê­nag­te­om­en­be kom­mer­oor­die­k ind,maar­hy­steur­hom­min,”­sê­sy­ge­span­ne .Hoe­sy­hom­deur­die­eksamen­gaan­k ry,weet­sy­nog­glad­nie .

Die­ken­ners­is­dit­eens­dat­leer der­steen­dié­t yd­eint­lik­al­goed­v oor­be­reid­moet­wees.­As­hul­le­nie­be­hoor­lik­ge­leer­het­nie,­sal­dit­nou­moei­lik­of­b yna­on---

moont­lik wees om die he­le jaar se werk deur te gaan. “Her­sie­ning-tyd is ver­by en leer­ders moet se­ker maak hul­le ge­bruik die tyd tus­sen vra­e­stel­le op die doel­tref­fend­ste ma­nier. Hoe­wel ‘cram­ming’ dalk na die lo­gie­se op­sie voel op hier­die sta­di­um, kan dit die teen­oor­ge­stel­de uit­wer­king hê en sal waar­skyn­lik angs en moeg­heid ver­er­ger,” sê Nola Payne van The In­de­pen­dent In­s­ti­tu­te of E­du­ca­ti­on (IIE).

Maar, ver­dui­de­lik sy, daar is kre­a­tie­we en ou­li­ke ma­nie­re waar­op leer­ders nou hul tyd kan be­nut om te ver­se­ker hul­le be­hou ’n goeie werk-le­we-ba­lans ty­dens hier­die uit­put­ten­de tyd. Die be­lang­rik­ste ding om op hier­die sta­di­um te doen, is om te be­paal waar jy trek – hoe­veel werk het jy al ge­doen en hoe­veel is daar nog oor. Só kan jy ’n ge­de­tail­leer­de stu­die­roos­ter op­trek vir die vol­gen­de paar we­ke wat duidelik wys hoe­veel tyd jy be­skik­baar het tus­sen vra­e­stel­le. Wan­neer jy dit ge­doen het, moet jy be­sluit wat is die bes­te ma­nier om jou tyd te ge­bruik om se­ker te maak jou voor­be­rei­ding be­te­ken nie net om her­haal­de­lik jou hand­boe­ke te lees nie.

STUDEER SÓ

Nola sê daar is drie goeie ma­nie­re om te studeer ter­wyl die eksamen in vol­le gang is:

1. Raak so­si­aal

“Moe­nie te op­ge­won­de raak nie. Dit be­te­ken nie Fa­ce­book of In­sta­gram nie,” lag sy. Kry eer­der ’n paar vrien­de by­me­kaar en be­gin stu­die­groe­pe vir se­ke­re vak­ke. Hou ’n vas­vra en kyk hoe goed jul­le vaar. Be­gin ’n W­hat­sApp chal­len­ge met jou vrien­de waar jul­le vrae vir me­kaar stuur oor ’n vak. Dit kan lei tot lek­ker en waar­de­vol­le ge­sprek­ke en die­per in­sig, maar dit kan ook te­kort­ko­min­ge uit­wys, so­dat jy weet waar­aan jy aan­dag moet gee.

2. Wees ak­tief

Dit is baie be­lang­rik om te oe­fen ty­dens die eksamen om jou lig­gaam en brein ’n rus­kans te gee. “As jy en jou vrien­de ’n stu­die­roos­ter deel, kan jy jou tyd be­ter be­nut deur by­voor­beeld saam te gaan hard­loop en die vol­gen­de vra­e­stel be­spreek, vrae vra en i­dees uit­ruil,” ver­dui­de­lik sy. As jul­le die­self­de roos­ter het, sal jul­le me­kaar ook nie uit die werk uit hou nie – as daar ge­leer word, word daar ge­leer, as daar ge­rus word, rus jul­le saam. Dit werk ook ’n bie­tjie soos ’n ge­we­te – as jy weet jou vrien­din is hard aan die leer, is die kan­se goed dat jy ook gaan in­spring en werk.

3. Be­gin skryf

Een van die bes­te ma­nie­re om jou­self voor te be­rei as jy min tyd het, is om ou vra­e­stel­le uit te werk, stel Nola voor. “Kry jou vrien­de saam en skryf ’n ‘oe­fen-eksamen’. Ruil ná die tyd vra­e­stel­le om so­dat al­mal ie­mand an­ders s’n merk. Nou is ook ’n goeie tyd om jou werk vi­su­eel te be­gin uit­beeld met by­voor­beeld mind maps – net om nog de­le van jou brein ak­tief in te span.

Dit is baie be­lang­rik dat jy jou tyd e­we­re­dig ver­sprei tus­sen al jou vak­ke en om nie vas te haak by die in­ge­wik­kel­des, soos by­voor­beeld Wis­kun­de nie, waar­sku Nola. Op hier­die sta­di­um van die wed­stryd is ba­lans baie be­lang­rik om span­ning en angs bie­tjie te be­veg. As jy erns­tig is daar­oor om die bes­te pun­te te be­haal wat jy kan, is dit nog nie te laat nie. Spring in, be­gin leer en doen jou bes!

VERMY ’N MELTDOWN

Om ’n bie­tjie te stres of ge­span­ne te raak voor jy skryf, is na­tuur­lik. Maar dit is nie i­de­aal wan­neer dit ty­dens die eind­ek­sa­men ge­beur nie en in­meng met jou pro­duk­ti­wi­teit nie.

Dr. Gil­li­an Moon­ey van IIE se A­ka­de­mie­se Ont­wik­ke­ling en Ondersteuning gee raad:

Moe­nie pa­nie­ke­rig raak nie. Haal a­sem en be­sef wat is be­sig om te ge­beur. Melt­do­wns is nie on­ge­woon nie en kan met e­nig­een ge­beur. Deur die si­tu­a­sie te er­ken, kan jy nou be­heer te­rug­neem en be­ter doen in vra­e­stel­le wat nog kom.

Kyk vo­ren­toe, nie ag­ter­toe nie. Die groot­ste re­des vir melt­do­wns is angs en span­ning, te­kort aan slaap, uit­bran­ding en on­voor­be­reid­heid. Dit is be­lang­rik om nou din­ge in per­spek­tief te sien en ’n stra­te­gie uit te werk om die bes­te te doen wat jy kan vir die res van die eksamen. Dit help ook nie om aan te hou be­kom­mer oor vra­e­stel­le wat nie goed ge­gaan het nie. Sit dit ag­ter jou en fo­kus op dié wat voor­lê.

Ver­an­der jou per­spek­tief. Jou a­ka­de­mie­se loop­baan is ’n ma­ra­thon, nie ’n re­sies nie. El­ke dag is ’n nu­we ge­leent­heid om be­ter te doen.

Be­sluit, van van­dag af, is jy weer in be­heer. Hou by jou ske­du­le, maak se­ker jy eet ge­noeg en ge­sond, slaap ge­noeg en oe­fen ge­reeld. Oor­weeg dit om el­ke dag vir ’n uur of twee lan­ger te studeer. Ont­hou, dié tyd gaan nie vir e­wig aan­hou nie. En wan­neer dit klaar is, is dit die be­gin van die res van jou le­we!

Kry jou vrien­de saam en skryf ’n ‘oe­fe­nek­sa­men’. Ruil ná die tyd vra­e­stel­le om so­dat al­mal ie­mand an­ders s’n merk. NOLA PAYNE

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.