Cash-in-tran­sit: Wer­kers in groot ge­vaar

Dit sit nie in e­nig­een se broek om an­der men­se se geld te ver­voer nie. El­ke dag is jy in skelms se vi­sier en hul­le kan e­ni­ge oom­blik toe­slaan . . .

Kuier - - Inhoud - DEUR JAYDEY SASS

Een van die ge­vaar­lik­ste wer­ke in Suid-A­fri­ka is se­ker­lik om geld per pad te ver­voer. En die men­se (meest­al mans) wat daag­liks mil­joe­ne ran­de se pa­pier­geld moet be­waak, is al­tyd in mis­da­di­gers se vi­sier.

Dis so erg dat hul­le al hul eie mis­daad­ka­te­go­rie het – tran­si­to-roof­tog­te (dis ook be­ken das c as h-in-trans i t rob­be­ries) en vol­gens die nuut­ste mis­daad­sta­tis­tiek e van die po­li­sie­wa s daar 238 tran­si­to-roof­tog­te in 2017/2018! Dis 86 keer meer as in 2016/2017. Nie­mand kan pre­sies sê hoe­veel geld op dié ma­nier ge­roof is nie, maar kon­ser­wa­tief ge­skat praat ons hier van hon­der­de mil­joe­ne.

Dis dan geen won­der dat cash-in-tran­sit vans ro­wers se tei­ken bly nie. Cash-in- tran­sit-maat­skap­pye moet geld of goed van baie waar­de vei­lig tus­sen hul kli­ën­te (soos win­kels) en die bank of stoor­plek en an­ders­om ver­voer.

Die ken­mer­ken­de ge­pant­ser­de voer­tuie waar­in die geld en an­der waar­de­vol­le goe­de­re ver­voer word, maak dit ook moei­lik om hul­le te mis. Be­amp­tes is daar­om ter­deë daar­van be­wus dat el­ke dag hul laat­ste kan wees . . .

As be­stuur­der van ’n cash-in-tran­sit van het Jim­my I­saacs* (46) van Tier­fon­tein na­by Mal­mes­bu­ry in die Wes-Kaap, dik­wels ge­dink hy gaan nooit weer sy ges in­sien nie .( Weens die vei­lig­heid s ri­si­ko kan sy reg­te naam nie ge­bruik word nie, want be­hal­we die se­ku­ri­teit s be­amp­tes, kan hul ge­sin­ne ook tei­kens wees.)

JOU DAE IS GETEL

“Wan­neer is dit my tyd? Was van­og­gend my laas­te good­bye?” Dis maar net ’n paar van die dui­sen­de goed wat al deur dié pa van twee se kop ge­maal het in sy 11 jaar in sy pos. Jim­my het van­af 2004 vir ’n cash-in-tran­sit-maat­skap­py ge­werk. As deel van sy werk het hy el­ke twee­de week OTM’s vol­ge­maak, geld by kli­ën­te op­ge­tel, dit ge­bank en ad­mi­nis­tra­tie­we werk op kan­toor ge­doen.

En soos so baie an­der in die be­dryf, was Jim­my ook een wie se le­we am­per wreed van sy ge­lief­des weg­ge­ruk is toe hy ’n vuur­wa­pen se loop een mid­dag net ná drie teen sy kop voel druk het.

Vir Jim­my was se­ku­ri­teit­werk van die be­gin af net die na­tuur­li­ke roe­te om te

volg. “My le­we het maar net daai (se­ku­ri­teit-)koers ge­vat. Dit was ’n reg­te-tyd-reg­te-plek-ding vir my.” Voor­dat hy as be­stuur­der be­gin werk het, het hy as se­ku­ri­teit in re­tail ge­werk. “Se­ku­ri­teit­werk was lek­ker. Jy het ge­not ge­put uit jou werk daai tyd,” sê hy pas­sie­vol.

Die mid­dag van die voor­val, het hy soos ge­woon­lik kan­toor­werk ge­doen as hy nie be­stuur het nie. “Ek was be­sig om die wer­kers se ure in te tik. Toe ek op­kyk, staan ie­mand met ’n 9 mm-vuur­wa­pen teen my kop. Ek het die loop teen my kop ge­voel.”

Hy ont­hou daai ril­ler­dag. “Hul­le was vier of vyf. Een by die deur so­dat nie­mand kon in­kom nie. Een by die kluis en an­der twee het net rond­ge­staan en uit­kyk. Met die vuur­wa­pen teen my kop, moes ek ’n kluis teen my sin oop­maak. Ek het nie ge­dink ek gaan dit maak nie. Daai ou­ens speel nie speletjies nie. Hul­le het die twee an­der men­se in die kan­toor for­seer om op die vloer te lê, hul vuur­wa­pens ge­vat en dit op hul­le ge­rig soos hul­le daar ge­lê het.”

Daar was ’n ti­me de­lay op die kluis wat hul­le hom be­veel het om oop te maak. Dit het hom nog meer angs­tig ge­maak. “Die ti­me de­lay was 10 mi­nu­te, maar met daai vuur­wa­pen teen jou kop voel dit soos ’n week. En jy kan nie pro­beer Ram­bo speel nie – dan is jy dood.”

Die ro­wers het weg­ge­kom met die geld, maar Jim­my en sy twee kol­le­gas was dank­baar vir hul le­wens. Hy be­skryf hoe dit voel om ’n vuur­wa­pen teen jou kop te voel: “Jy is mag­te­loos en jy weet vir ’n feit jy kan niks doen nie. Daai ou het ge­kom vir geld en hy wil wys hy is die baas, so hy sal jou seer­maak as jy iets pro­beer. Jy is mag­te­loos,” her­haal hy.

Die e­mo­si­o­ne­le im­pak van die trau­ma van ’n roof­tog is bly­wend. En soos Jim­my kan ge­tuig, laat dit jou al­tyd met daai ek­stra ver­sig­tig­heid.

“Jy moet de­fi­ni­tief gaan vir be­ra­ding. Dit vat aan ’n mens. Dit is moei­lik om te ver­dui­de­lik . . . Dis iets wat jy heel­tyd oor en oor be­leef. Jy is skrik­ke­rig as jy ’n voer­tuig sien wat jaag of ie­mand wat met ’n ge­weer loop of iets. As jy sul­ke goed op die nuus kyk of koe­rant lees, dan dink jy aan jou eie er­va­ring, dan bring dit weer daai her­in­ne­rin­ge op.”

Jim­my sê ná die roof­tog, as hy sy oë toe­ge­maak het, het hy dit nog weer be­leef. Hy het nog el­ke keer weer die loop van die vuur­wa­pen teen sy kop ge­voel.

Ja, dit is ’n stres­vol­le werk, want jy weet nie of jy weer huis toe gaan nie, maar dit kan ook ’n lek­ker werk wees. A­no­niem

Maar, sê hy, jy kan nie toe­laat dat dit jou on­der­kry nie. Die wê­reld staan nie stil nie.

“Ja, dit is ’n stres­vol­le werk, want jy weet nie of jy weer huis toe gaan nie, maar dit kan ook ’n lek­ker werk wees. Dis nou as jy die reg­te tools het en op die po­li­sie kan staat­maak.”

VREES VREET AAN JOU

Jim­my sê dis ’ n ge­ge­we dat jou se­nu­wees el­ke keer gaan klaar wees as jy hoor daar was nog ’ n roof­tog. Maar aan die an­der kant, is dit ’ n ri­si­ko wat saam die werk gaan. “Jy gaan werk el­ke dag met daai we­te dat dit dalk jou laas­te bye aan jou ge­sin is. Jy kan maar net (vir die He­re) vra dat jy vei­lig by jou huis moet uit­kom om jou fa­mi­lie weer te sien,” ver­tel hy oor hoe angs ’ n mens kan beet­pak.

“Dis nie ’ n werk wat ’n mens son­der die He­re kan doen nie. Jy kan nie son­der jou ge­loof klaar­kom nie. El­ke dag moet jy bid om vei­lig te bly. Selfs al sien jy net ’n ver­dag­te voer­tuig dan stuur jy jou skiet­ge­bed op om se­ker te maak als is reg.”

En el­ke dag was sy doel net om sy werk te doen en om by sy ge­sin uit te kom. Nie dat hy hul­le, ver­al sy kinders ge­reeld wak­ker ge­sien het nie. Die ure is lank en hy het tot 90 ure in een week ge­werk. “As ek die og­gend ses­uur uit die huis ge­gaan het en mô­re­og­gend twaalf­uur of een­uur in­ge­kom het, dan slaap hul­le. Dit was se­we dae ’n week,” ver­tel hy oor sy lang werks­u­re.

Sy fa­mi­lie en vrou was ou­kei daar­mee dat hy sul­ke ge­vaar­li­ke werk ge­doen het, maar toe die roof­tog­te al hoe meer word, het hy en sy vrou daar­oor ge­praat dat hy lie­wer ’n an­der ti­pe werk soek. “Want jy wil mos nog tyd met jou kinders span­deer. Jy wil sien hoe hul­le groot­word,” ver­tel hy oor hoe­kom hy an­der werk oor­weeg het. “Ek moes dink aan my kinders.”

Dis ’n werk wat baie van jou verg, be­klem­toon Jim­my, “Dis erns­ti­ge werk. Jy kan nie slap­lê nie.”

Hy sê as jy in cash-in-tran­sit wil werk, moet jy vin­nig en nou­keu­rig kan werk, want tyd is baie be­lang­rik. Jy moet stip­te­lik en be­trou­baar wees en daar­om kan jy nie net uit­bly nie. Jy moet goeie men­se­ver­hou­dings kan bou, want jy is al ska­kel tus­sen die kli­ën­te en die bank.

Jim­my kon met­ter­tyd sy cash-in-tran­sit-werk los, maar sy sto­rie leer ons jy moet ’n pas­sie hê om werk soos dié te doen on­danks die ri­si­ko’s. Jy moet dit ook tot die bes­te van jou ver­moë doen, want jou le­we hang daar­van af . . . *S­kuil­naam

HOOFFOTO: ’ n Po­li­sie­man is dood­ge­skiet en twee wag­te is be­seer in ’n roof­tog in Hil­l­brow, Jo­han­nes­burg, op 21 Ju­nie 2018. Ro­wers het op die ge­par­keer­de van ge­skiet en weg­ge­kom met ’n on­be­ken­de be­drag geld. REGS: ’n Paar dae te­vo­re is ’n ge­pant­ser­de G4S van op 18 Ju­nie op­ge­blaas in Ja­kes Ger­wel­ry­laan, Athlo­ne, Kaap­stad. Ro­wers het kom­mer­si­ë­le plof­stof ge­bruik en bank­no­te het ge­waai.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.