FA­CE­BOOK

Kuier - - Kuierhoekie -

Kan jy ont­hou wie jou sleg­ste gas­te was en wat het hul­le ge­doen?

. Wat mos op my werk, is as ek vir jou nooi en jy bring nog vir Piet en Klaas en Paul ook saam. Dan kom hul­le nog son­der ’n dop en wil my­ne kom uit­drink. Ek bars mos ’n aar! NATASHA-LEE OC­TO­BER, PAARL

. Dié wat lek­ker kuier, lag en ge­sels en as hul­le klaar­ge­ëet het net wil huis toe gaan. Hul­le los jou met die skot­tel­goed en vuil huis. Hul­le help nie eens nie. RINALIE PRINSLOO, MILNERTON

. Ek het ’n vrien­din ge­nooi vir ’n na­week Sy het die heel na­week op haar ag­ter­ent ge­lê en niks doen nie. Nie eens ge­vra of sy die aar­tap­pels kan skil vir die Sun­day lunch nie. Ek het my­self be­lo­we nooit weer nie! RONELLE JOSEPH, S­TRAND

. My sleg­ste gas het met leë han­de ge­kom. Dan wil jy nog sê wat jy eet en nie eet nie, uit­soe­ke­rig wees en on­ge­nooid kom. Ek haat sul­ke men­se. SHAMIELA MOHAMED, KAAP­STAD

. Wan­neer die gas­te by jou plek op­daag net met hul kle­re aan, hul­le eet jou kos op en soek nog uit ook wat hul­le wil hê. Koel­drank op koel­drank word ge­koop vir hul­le en dan wil hul­le nog ’n bord­jie ook saam huis toe neem. SAMANTHA ALBANIE, S­TRAND

. Men­se wat kom kuier met kinders en dan maak die kinders die huis vuil. Die ma is so lui sy maak nie eens skoon voor­dat hul­le huis toe gaan nie. NELIE KEMP, P­RE­TO­RIA Wat is jou guns­te­ling-Suid-A­fri­kaan­se snack?

. Een snack wat jy nie in an­der lan­de kry nie, is in­ge­maak­te sar­diens met ta­ma­tie of ris­sie­sous! CORNEELS JAFTA, WINDHOEK

. Ja, groot was my ver­ba­sing hier in die UAE om uit te vind C­re­am So­da is bruin, al proe dit die­self­de. Jy kry ook nie S­par­ber­ry, Iron B­rew of Tab hier nie. As jy die goed wil hê, kan jy dit da­rem aan­lyn be­stel. HELEN SEPTOO, UAE

. Snack? Bil­tong is by my ’ n ete. Som­mi­ge ke­re brek­fis, an­der ke­re som­mer mid­dag­e­te en ek het dit al vir aand­e­te ook ge­had. Die res is al­mal my fa­vou­ri­te snacks. CHAMAGNE CLOETE, O’KIEP . Dro­ë­wors, bil­tong en Pep­per­mint C­risp vir my! NELIE KEMP, P­RE­TO­RIA

. Ek is mal daar­oor om my fiz­zer in my C­re­am So­da te dip. Die twee sma­ke saam maak so lek­ker bor­rel in my mond. Dit is my pay-day be­der­fie! SYLVIE PETERS, KAAP­STAD

My ma het ge­sê: Die le­we is nie reg­ver­dig nie. So­dra jy dit ver­staan en aan­vaar, kan jy die le­we be­gin ge­niet en die kan­se wat jou kant toe kom met ope arms aan­gryp, eer­der as om heel­tyd te kla oor dit wat jy nie het nie.” CHRISANDA FORTUIN, BELLVILLE

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.