BOODSKAPPE

Kuier - - Kuierhoekie -

. My hart gaan uit na die Bar­nes-ge­sin ( Pa bly held ná dood, 17 Ok­to­ber). Dit is reg­tig so waar wat aun­ty S­hir­ley oor Ky­le sê – hy was ’n baie lief­li­ke kind en het al­tyd ’n smi­le op sy gesig ge­had en baie grap­pe ge­maak. Ons sal hom mis. Rest in pe­a­ce, Ky­le. S­terk­te aun­ty S­hir­ley, Da­niel­le en By­ron. CHANTELL BAADJIES, EERSTERIVIER

. Wow, Kuier Pienk Ple­sier was weer­eens ’n on­ver­geet­li­ke aand! Baie dan­kie dat jul­le ons al­tyd ho­pe pret ver­skaf. Ons voe­te het be­hoor­lik ge­jeuk met die per­for­man­ces van A­lis­tair, Sa­lo­me en Jar­rad! Jul­le is on point. Ek mis dit vir niks! SHERLENE MAARMAN, KAAP­STAD

. Kuier, jy is die lei­er. Ek is lief vir jou. Kom tog weer gou! Jy laat my lag, jy laat my huil. Jy is my bes­te vrien­din en ek kan nie my le­we son­der jou in­dink nie. BELINDA PREUTS, S­PRING­BOK

. Dit is baie hart­seer om te dink die seun ( Broos en Ge­bro­ke, 3 Ok­to­ber) was so acti­ve. Hy het deur baie ge­gaan. Iets wat nie vir my sin maak nie, is hoe ou­ers skoon­maak­mid­dels in gla­se of koel­drank­bot­tels kan gooi. Dis baie ge­vaar­lik. Sit dit op plek­ke waar kinders dit nie kan kry nie en sorg dat dit ge­se­ël is. Ek voel daar­die seun se pyn. Ek ver­trou dat die He­re hom deur sal dra en lank sal laat le­we. Jy moet gou be­ter word, Ja­de. A­NO­NIEM

. Hil­de­gardt ( Hil­de se har­te­dief, 17 Ok­to­ber), jy straal al­tyd. Ge­niet jou ba­ba, hy word nou vin­nig groot! VERONICA DE WEE, KAAP­STAD

. Ek kon nie my oë glo toe ek lees van die hu­man traf­ficking ( Men­se te koop, 17 Ok­to­ber) in ons land nie. Dit maak my siek dat ie­mand dink dis ou­kei om met men­se han­del te dryf! A­NO­NIEM

. Aaah, Hil­de­gardt, my vrien­din uit my kin­der­dae. So trots op jou! NADIA LEMMETUIS, KAAP­STAD

. My man lees jul tyd­skrif saam met my. Hy is baie ge­raak deur Is die dood al Ge­na­de? (3 Ok­to­ber). Hy skryf die vol­gen­de: Suid-A­fri­ka, O Suid-A­fri­ka, jul wet­te maak net nie sin nie. ’n Per­soon wat sy le­we ge­ly het en nie meer wil le­we nie mag nie vra vir ge­na­de­dood nie, maar ’ n fe­tus word nie die voor­reg ge­gun nie. As bei­de net ge­los word dat die na­tuur sy gang gaan, sal die sie­kes son­der me­di­ka­sie (om dié se le­we te ver­leng) s­terf en die fe­tus sal ont­wik­kel in ’n mens. HENRY WILLIAMS, KRUGERSDORP

. Ek kry ’ n oor­val as ek jong men­se te­ë­kom wat selfs net ok­ka­pyp rook ( Te hoog vir die wet, 17 Ok­to­ber). Die re­ge­ring sê vir ons kinders “doen wat jul­le wil, want jy gaan niks oor­kom nie”. Ek het ’ n broer wat in ’n in­rig­ting is wat soms uit­ge­laat word vir ’ n maand of lan­ger. Jy sal dink hy gaan sy le­we in or­de kry, maar nee, hy is op die­self­de plek waar hy laas was. Hy be­gin met ’ n R2 vra waar­mee hy la­ter ’n dag­ga­zol koop. Ai, Ons kinders gaan ver­lo­re. RO­SE, PORT E­LI­ZA­BETH

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.