Wen­ke

Hier is wen­ke vir kou­gom aan jou meu­bels of kle­re, voe­te wat erg sweet en raad vir hoe om ont­slae te raak van vrat­jies.

Kuier - - Inhoud -

ANT­WOORD

Met ’ n paar ou­li­ke truuks en skoon­maak­mid­dels wat jy reeds in jou huis het, kan jy die mees­te kou­gom-kop­se­re ver­wy­der. Raak só ont­slae van kou­gom in ha­re en kle­re of e­ni­ge meu­bels wat ook van ma­te­ri­aal ge­maak is:

Ha­re: Grond­boon­tjie­bot­ter is jou vriend. Vryf dit oor die kou­gom met jou vin­gers of ’n ou tan­de­bor­sel en los dit aan vir ’n paar mi­nu­te. Haal die kou­gom nou uit jou ha­re en vee so­veel moont­lik van die grond­boon­tjie­bot­ter af met hand­doek­rol. Was jou ha­re daar­na soos ge­woon­lik. Jy kan ook Va­se­li­ne, tan­de­pas­ta of kook­o­lie pro­beer om die kou­gom uit te kry.

Kle­re/ma­te­ri­aal: Ge­bruik ’n blok­kie ys om die kou­gom hard en min­der kle­we­rig te maak. Trek so­veel moont­lik van die kou­gom af wat jy kan met jou vin­gers. Sit dan ’ n paar ys­blok­kies daar­op vir ’n ruk­kie so­dat die laas­te stuk­kies hard trek. Trek sag­gies die kou­gom af en skrop e­ni­ge oor­blyf­sels af met ’n ou tan­de­bor­sel. Jy kan ook jou kle­re in wita­syn was. Was dit daar­na in koue wa­ter. Dit werk ook vir kou­gom op mat­te en ban­ke BRON: www.tas­te­of­ho­me.com

WENK GE­SOEK

Weet ie­mand as­se­blief hoe om my stort skoon te kry? Dis al swart aan­ge­pak! MALONE,P­RE­TO­RIA

ANT­WOORD

Muf in die stort lyk mor­sig en nie­mand wil dit hê nie. Dit word oor die al­ge­meen ver­oor­saak deur nor­ma­le bak­te­rieë in die bad­ka­mer, ge­kom­bi­neer met die warm, be­dom­pi­ge om­ge­wing wat daar­mee ge­paard gaan. Daar is eg­ter ’n mak­li­ke en goed­koop op­los­sing.

Al wat jy no­dig het, is ’n goeie skrop­bor­sel en koek­so­da. Skrop die muf weg so­veel as wat jy kan. Be­han­del dan die de­le tus­sen die te­ëls met ’n pas­ta van wa­ter en koek­so­da. Skrop weer tot­dat die muf weg is.

As dit baie vuil is, los die meng­sel aan vir ’n uur u of twee. Wan­neer jy eers ont­slae is van die d muf, maak se­ker dit bly só. Maak ’n ven­ster st oop of sit ’n waai­er aan ná ’n bad of stort om van die hu­mi­di­teit ont­slae te raak.

Maak ook ’n sproei van 10 drup­pels tea tree-o­lie en ge­ly­ke de­le wita­syn en wa­ter. Spuit dit el­ke keer in jou stort wan­neer jy klaar ge­was het. B­le­ach werk ook goed. BRON: www.cle­an­m­yspa­ce.com

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.