GEMMERBROOD-TRIFLE MET BES­SIES

Ge­noeg vir 8 – 10

Kuier - - Inspirasie -

BE­STAND­DE­LE

2 gem­mer­brood­jies ½ kop­pie sjer­rie 5 gem­mer­brood­man­ne­tjies (of -vrou­tjies) 3 hou­ers room 2 kop­pies klaar­be­rei­de vla 500 g ge­meng­de so­mer­bes­sies van jou keu­se 1 kop­pie pe­kan­neu­te, ge­kap 2 gem­mer­brood­man­ne­tjies en mint vir gar­ne­ring

ME­TO­DE

Ge­bruik ’n deur­sky­nen­de glas­bak vir hier­die ge­reg. Sny die gem­mer­brood­jies in snye van 1 cm. Be­gin met ’n laag van die gemmerbrood. S­prin­kel mil­de­lik met sjer­rie. Neem vier van die koe­kies en rang­skik hul­le met ge­sig­gies na bui­te in die bak. K­lits die room tot styf en vou die vla daar­by in. Skep vol­gen­de ’n laag van die vla­room oor die gemmerbrood, ge­volg deur ’n laag so­mer­bes­sies en neu­te. Her­haal die lae en ein­dig met ’n laag van die vla­room. Gar­neer met ek­stra bes­sies, mint en nog man­ne­tjies bo-op die trifle. Ver­koel die trifle tot­dat jy dit gaan be­dien.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.