AARTAPPEL-ENFORELSLAAI

Ge­noeg vir 4 – 6

Kuier - - Inspirasie -

BE­STAND­DE­LE

Vis 250 – 300 g vars fo­rel (trout) 1 – 2 eet­le­pels o­lie Sout en vars­ge­maal­de swart­pe­per na smaak Slaai 6 mid­del­slag-aar­tap­pels 1 eet­le­pel Di­jon-mos­terd 2 eet­le­pels rooi­wyn­a­syn ’n Hand­vol pie­ter­sie­lie, vars ge­kap Sout en vars­ge­maal­de swart­pe­per na smaak ¼ kop­pie o­lie 1 rooi-ui, in dun rin­ge­tjies ge­sny 1 sel­de­ry­stin­gel, in dun sky­fies ge­sny Blaar­slaai van jou keu­se 1 eet­le­pel klein kap­per­tjie­saad­jies (ba­by ca­pers), af­ge­spoel en ge­drei­neer Suur­le­moen­sky­fies vir gar­ne­ring

ME­TO­DE

Vis: Voer ’n oond­pan met foe­lie of bak­pa­pier, smeer met ’n bie­tjie o­lie en plaas die fo­rel met die vel­kant na on­der daar­op. Smeer die bo­kant van die vis met o­lie en geur met sout en pe­per. Plaas in ’n voor­ver­hit­te oond van 210°C en bak vir 15 mi­nu­te. Haal uit die oond en laat een­kant af­koel.

Slaai: Be­dek die aar­tap­pels, net so heel en on­ge­skil, met wa­ter en kook tot sag, maar ferm. D­rei­neer en laat ef­fens af­koel voor­dat jy die skil­le af­trek en die aar­tap­pels in sky­we sny. Meng die mos­terd, a­syn en pie­ter­sie­lie in ’n klei­ne­ri­ge meng­bak­kie en geur met sout en pe­per. Giet die o­lie in ’n dun straal­tjie by ter­wyl jy aan­hou k­lits. Giet die sous oor die warm aar­tap­pels en meng ver­sig­tig tot­dat al die aar­tap­pels met die sous be­dek is. Voeg die rooi-ui en sel­de­ry by en meng. Vlok die vis en haal die vel en gra­te uit. Meng lig­gies by die aartappelslaai. Rang­skik die bla­re in ’n mooi slaai­bak en skep die aartappelslaai daar­op. S­prin­kel kap­per­tjie­saad­jies bo-oor en gar­neer met suur­le­moen­sky­fies.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.