PRAWNSOSATIES MET BYT

Ge­noeg vir 4 – 6

Kuier - - Inspirasie -

BE­STAND­DE­LE

8 bam­boes­stok­kies 500 g groot rou pra­wns, skoon­ge­maak, maar heel in hul dop­pe 1 kop­pie soet­ris­sie­sous Sap van 1 lem­me­tjie (of suur­le­moen) 2 eet­le­pels tie­mie­blaar­tjies Sout en vars­ge­maal­de swart­pe­per na smaak 16 ker­sie­ta­ma­ties

ME­TO­DE

Week die bam­boes­stok­kies in kook­wa­ter en laat staan vir min­stens 30 mi­nu­te voor­dat jy met jou voor­be­rei­ding be­gin. Meng die soet­ris­sie­sous, lem­me­tjie­sap en tie­mie en plaas dit saam met die pra­wns in ’n glas­bak. Ge­bruik jou han­de om dit goed te meng so­dat elk van die pra­wns met die sous be­dek is. Be­dek die bak met kleef­plas­tiek en laat min­stens vir 30 mi­nu­te in die ys­kas ma­ri­neer. Ryg die pra­wns en ta­ma­ties op die bam­boes­stok­kies. Geur met sout en pe­per. Plaas die stok­kies op die draad­rak van ’n oond­roos­ter­pan en roos­ter vir 10 mi­nu­te on­der die voor­ver­hit­te oond­roos­ter op mak­si­mum hit­te. Draai die stok­kies om na die helf­te van die roos­ter­tyd om is. Jy kan dit ook op die vuur roos­ter as jy wil.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.