Bran­de: ­Fa­mi­lies­in­Tuin­roe­te­ver­loor­ál­les

Toe joer­na­lis Mo­ni­que Mort­lock laas­maand die ver­ver­woes­ten­de bbran­ded l­langs di­die TTuin­roe­tei iin di­die WWes-KKaap ddekk en ’n man ont­moet wat agt fa­mi­lie­le­de op een slag ver­loor het, het sy op­nuut be­sef dat fa­mi­lie eer­ste kom . . .

Kuier - - Die Span -

As tie­ner kon ek nooit ver­staan hoe­kom my ma so ge­ha­mer het op die be­lang­rik­heid van fa­mi­lie nie. Maar dis my ma se s­tem wat ek her­haal­de­lik in my ag­ter­kop ge­hoor het toe ek ver­le­de maand met my eie oë die ver­woes­ting ge­sien het wat die ver­nie­ti­gen­de bran­de langs die Tuin­roe­te in die Wes-Kaap ge­saai het.

Dit het my laat won­der hoe ek sou re­a­geer as ek al my ge­lief­des moes ver­loor – op één slag, soos wat met Benjamin Oelf en sy fa­mi­lie ge­beur het. Hy het ein­de Ok­to­ber agt ge­lief­des in die WesKaap­se veld­bran­de ver­loor.

Ver­woes­ten­de veld­bran­de het op 24 Ok­to­ber in Ge­or­ge en Knys­na uit­ge­breek. Dit het van­daar af ver­sprei na ver­skil­len­de ge­bie­de reg­oor die Tuin­roe­te en tot dus­ver oor meer as 91 000 hek­taar ge­strek. Daar is nog geen amp­te­li­ke ver­kla­ring uit­ge­reik oor hoe die brand ont­staan het nie, maar in­wo­ners sê dit het op ’ n plaas uit­ge­breek en van­daar hand­uit ge­ruk. Al­te­saam 19 hui­se en so­wat ne­ge struk­tu­re is af­ge­brand en ten min­ste 170 men­se is dak­loos ge­laat. Daar was op een tyd meer as 600 brand­be­stry­ders op die grond, maar soos die bran­de on­der be­heer ge­bring is, was daar ag­ter­na net ’n paar do­syn nog be­sig.

Ek het vir B­en­ji, soos hy be­kend staan, toe­val­lig ont­moet toe ek ver­slag ge­doen het oor die groot veld­bran­de vir Ey­e­wit­ness News. Na­dat die Wes-Kaap­se pre­mier, He­len Zil­le, die a­rea be­soek het, het sy dit be­skryf as die erg­ste ver­woes­ting wat sy nog ooit ge­sien het.

AL­LES VER­LOOR

Die op en af ge­ry­e­ry el­ke dag van Ge­or­ge na Ka­ra­ta­ra na Sed­ge­field en Wil­der­nis het my en ka­me­ra­man Ber­tram Malgas erg uit­ge­put. Ek het el­ke dag vier tot vyf sto­ries vir ons bul­le­tins ge­skryf. Ons het met brand­be­stry­ders, ver­skil­len­de be­amp­tes en fa­mi­lies wat hul hui­se ver­loor het, ge­praat. Die sto­ries van men­se soos Fie­la en And­re Ma­ke­lie het my gees­te­lik ge­knak. Die Ma­ke­lies het hul huis en al­les daar­in sien af­brand toe die brand die Geel­hout­vlei-plak­kers­kamp tref. Hul­le kon net hul vyf kin­ders en twee klein­kin­ders uit hul bly­plek kry voor al­les waar­voor hul­le so hard ge­werk het, voor hul oë as ge­word het.

Ons was drie dae daar toe ons die op­drag kry om meer sto­ries te doen oor men­se wat al­les ver­loor het.

Ek en Ber­tram was op die der­de dag in Sed­ge­field om met meer fa­mi­lies te praat wat hul hui­se ver­loor het.

Toe ons by die Sed­ge­field-ge­meen­skap­saal aan­kom, het ons ge­sien hoe B­en­ji met ’ n groep in­wo­ners praat. Die in­wo­ners het ty­de­lik in die saal ge­bly tot die Knys­na-mu­ni­si­pa­li­teit ’ n an­der plan vir ty­de­li­ke bly­plek kon maak. B­en­ji het die men­se aan­ge­moe­dig om sterk te bly, om nie moed te ver­loor nie, al lyk die si­tu­a­sie hoe droe­wig.

Wow! Dié man het sy he­le fa­mi­lie ver­loor, maar hy het nog die krag om an­der te be­moe­dig? het ek ge­dink ter­wyl ek my sto­rie ag­ter­me­kaar pro­beer kry het om hom te na­der vir ’ n on­der­houd.

Ek kon die moeg­heid en hart­seer in sy oë sien – hy het ge­lyk soos ie­mand wat op au­to­pi­lot was, nie reg­tig hier nie, maar ook nie heel­te­mal weg nie. Ek het soos ’n vul­tu­re ge­voel, ek wou hom net spa­ce

gee, maar as joer­na­lis moes ek pro­beer om die sto­rie te kry.

B­en­ji was gaaf en het met ons ge­praat, al het hy ’ n mil­joen goed ge­had om te doen, soos om vir sy ge­lief­des te sorg en om by die po­li­sie te hoor wan­neer hul­le die lig­ga­me van sy oor­le­de fa­mi­lie­le­de kon kry om met die be­graf­nis­re­ë­lings te be­gin.

Hy woon en werk in Jo­han­nes­burg, en hy was nog op kan­toor op 29 Ok­to­ber, be­sig om die bran­de te mo­ni­tor op so­si­a­le me­dia toe hy ’ n W­hat­sApp-bood­skap kry wat sy le­we vir al­tyd ver­an­der het . . .

Sy broer Ne­ta­ni­ël het vir hom ’n bood­skap ge­stuur om te sê sy (die broer se) drie dog­ters is weg. B­en­ji kon nie ver­staan waar­van hy praat nie en het pro­beer om sy fa­mi­lie in Ka­ra­ta­ra te bel. La­ter het hy nóg ’ n bood­skap ge­kry – hul huis het af­ge­brand.

“Op daar­die sta­di­um het ek nog geen be­ves­ti­ging ge­kry van e­ni­ge sterf­tes nie. Maar ek het ge­weet ek moet daar wees vir my fa­mi­lie. Maak nie saak wat aan­gaan nie, ek moet daar wees vir my fa­mi­lie. Niks moet meer be­lang­ri­ker wees as fa­mi­lie nie.”

Hy is toe op die eer­ste vlug Kaap­stad toe en het met sy neef Ka­ra­ta­ra toe ge­ry. Toe hy die Dins­dag in Ka­ra­ta­ra aan­kom, het hy die ver­skrik­lik­ste nuus ge­hoor. Agt van sy fa­mi­lie­le­de het ver­kool toe hul huis af­ge­brand het. Sy sus­ter, El­sa­be Wind­vo­gel (42), haar twee kin­ders El­ja­de (12) en Et­han (2); al­drie sy broer se dog­ters, Na­la­ya (5), Ni­ah (3) en Na­la­ni (11 maan­de), en sy an­der broer, Si­mea, se swan­ger mei­sie, And­rea Be­wee (21) en hul dog­ter, A­liy­ah (13 maan­de).

B­en­ji het hul na­me en ou­der­dom­me am­per soos ’ n ro­bot op­ge­noem – so as­of hy af­ge­sny is van die werk­lik­heid van sy ver­lies. Vol­gens hom het hy hom­self nog nie kans ge­gee om te rou nie.

“Ek dink ek sluit dit uit. Maar ek is nou al hier vir drie dae en ek het nog nie my sus­ter, of haar kin­ders, of my skoon­sus­ter óf haar kind ge­sien nie. En dit sê vir my, ja, hul­le is weg . . .” Dan hou B­en­ji eers op met praat en kyk weg, as­of hy hard pro­beer om sy e­mo­sies te on­der­druk.

ROU NOG NIE

Hy het die tra­ne wat vlak in sy oë gaan lê het, weg­ge­knip en moe­dig aan­ge­gaan.

“Ek dink nie te veel daar­aan nie, want ek dink ek het ’n keu­se. Óf ek rou nou om­dat hul­le weg is óf ek is hier vir my fa­mi­lie. En ek kies om nou hier te wees vir hul­le. Ek dink ek sal in my eie tyd rou. Maar ja . . . Hul­le is weg en niks wat ek sê of doen, sal hul­le te­rug­bring nie. Mis­kien sal ek by die be­graf­nis be­sef ek het my sus­ter ver­loor.” Ek wil vir hom troos, maar ek ont­hou (ter­wyl ek my eie tra­ne weg­vee) dat ek hier is om te werk. Maar dis nie die erg­ste nie. Hy sê die laas­te keer toe sy he­le fa­mi­lie by­me­kaar was, was ver­le­de jaar by sy twee­ja­ri­ge seun se be­graf­nis. Hy was ’ n siek kind, is al wat B­en­ji oor sy seun­tjie sê. Nou moet hy nie net een be­graf­nis re­ël nie, maar agt in to­taal – ’n jaar ná hy sy seun­tjie be­gra­we het en boon­op twee maan­de voor Kers­fees; Kers­fees wat ge­lyk is aan fa­mi­lie­tyd.

Dit was een van die moei­lik­ste on­der­hou­de wat ek tot dus­ver ge­doen het as joer­na­lis. Die sto­rie het my her­in­ner hoe ge­se­ënd ek is om my fa­mi­lie te hê, om lief­de te kan deel met men­se wat my ver­staan. Om el­ke dag met my sus­ter, my broer, my ou­ers en ou­ma te kan praat. Om fa­mi­lie te hê wat net om die draai bly en al sien ons me­kaar nie el­ke dag nie, weet ek hul­le is daar, dat hul­le vir my om­gee. Ons is al deur moei­li­ke tye saam, het die erg­ste van me­kaar ge­sien, maar ons sal al­tyd daar wees vir me­kaar. Ja, die lief­de is diep; net God se lief­de is die­per.

B­en­ji is reg: Dit maak nie saak wat aan­gaan of hoe be­sig die le­we raak nie, ons moet al­tyd daar wees vir ons fa­mi­lie. Maak tyd vir hul­le, ter­wyl jul­le nog die ge­leent­heid het. Daar is bit­ter min din­ge in hier­die wê­reld wat be­lang­ri­ker is.

Mo­ni­que Mort­lock is ’n veel­be­kroon­de joer­na­lis en werk vir Ey­e­wit­ness News.

Hul­le is weg en niks wat ek sê of doen, sal hul­le te­rug­bring nie. Mis­kien sal ek by die be­graf­nis be­sef ek het my sus­ter ver­loor. BENJAMIN OELF REGS: Benjamin Oelf het agt van sy fa­mi­lie­le­de in die bran­de in Sed­ge­field, tus­sen Ge­or­ge en Knys­na, ver­loor.

HOOFFOTO: Die brand het ver­woes­ting ge­saai op Far­leigh, na­by Ka­ra­ta­ra, bui­te Knys­na.

Só lyk dit by SANParks op Ge­or­ge ná die bran­de.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.