Kuier

Krismis MET SUIDOOSTER

ONDER: Marco, Irshaad en Maurice lyk soos regte gentlemen in hul tuxedos. LINKS: Ons voorbladst­erre lag hulle klaar vir ’n grap.

-

mandjie gehad en dis een Kersfees wat ek nooit sal vergeet nie!

Marco: Verlede jaar het ek en my tweelingbr­oer, Marcel, Kersfees en Nuwejaar in New York spandeer. Dit was net ons twee en dit was opwindend, maar vreemd om te dink oor wat ons op Kersdag gaan doen. Maar dit was regtig ’n belewenis, want daar was ligte en almal wat sing en dis net ’n ongeloofli­ke atmosfeer in New York rondom die feestyd. Dit was lekker om nuwe herinnerin­ge te maak.

Desiré: My hare raak baie krullerig by die see en een aand is ons Carols by Candleligh­t toe, maar voor ons weg is, het ek my hare met haarsproei gespuit. Terwyl ons daar sit, het ek net ’n klap teen die agterkant van my kop gevoel en toe ek omdraai om te vra hoekom my ma my nou slaan, het sy gesê my hare het vlam gevat!

Wat eet julle Kersfees?

Maurice: Ons feestafel het alles van gammon en soutvleis tot braai en pot. Ons maak sommer genoeg kos vir twee of drie dae, want Kersfees is nie net een dag nie. Ek eet nie trifle nie, want dit lyk te deurmekaar, maar Kersete is nie Kersete sonder sy ma se peppermint­tert nie. My ma weet dis my gunsteling en ek eet dit net hoe sy dit maak, so dit móét op die tafel wees!

Denise: Ons hou daarvan om ’n bring en share te doen en daar is alles van jou seekos-paella en kerrie tot die pickled tongue en gebraaide lamsboud.

Jill: Daar moet tradisione­le kosse wees soos die klassieke koue vleise, boud, gammon en soutvleis. Maar elke jaar probeer ons om iets anders ook by te voeg. Verlede jaar het ons Asian gegaan met komkommer-en-salmon-wraps en sojasous met gemmer.

Hoe werk geskenke?

Portia: Ons het al baie dinge probeer en ’n mens wil tog vir almal ’n klein geskenk koop, maar met ’n groot familie kan dit nogal duur raak. Ons trek name vir die grootmense, so jy kry net een geskenk, maar dit sal ’n lekker groot geskenk wees en almal koop vir die kinders geskenke. Ons maak gewoonlik op Oukersaand ons geskenke oop.

Irshaad: In ons huis gee ons nie vir mekaar of ons kind geskenke vir Kersfees nie. Ek

moes vir my dogter verduideli­k hoekom haar beste vriendin en haar familie vir mekaar geskenke gee en hoekom ons dit nie doen nie, maar daar is wel sommige Moslem-families wat vir mekaar geskenke gee. Soos enige ander familie, spandeer ons ook maar net die Desember-tydperk saam met familie en vriende en is dit vir ons almal ’n tyd om ná ’n besige jaar te rus en mekaar se geselskap te geniet.

Marco: Ek en my broer het vir baie jare saam geskenke gekry, maar dan was dit ’n groot geskenk wat ons moes deel soos ’n kamera of iets om te bou. Ons het albei daarvan gehou om kreatief te wees. Nou kry almal ietsie kleins.

Denise: Iemand sal as Kersvader of Kersmoeder aantrek en dan ’n klein geskenk vir almal uitdeel.

As jy nie by die huis is nie, waar is jy KERSDAG?

Maurice: Kersfees bring nie regtig die rustigheid nie, want ons is maar altyd besig. Dis ’n kans vir ons almal om lekker saam te kuier, want anders kom almal mos eintlik net saam by ’n funeral of verjaardag.

Denise: In Desember hou ons daarvan om te gaan kamp. Op die oomblik is Tietiesbaa­i vir my heerlik en is dit net vir my lekker om saam met vriende en familie te ontspan. Daar is dikwels nie sein nie en dan kan ’n mens regte verhouding­s bou.

Irshaad: My familie hou daarvan om weg te gaan en omdat ek baie daarvan hou om te duik, sal dit gewoonlik naby die see wees. Ons doen nie regtig iets spesiaals op Kersdag nie, maar soms gaan maak ons ’n draai by Christen-vriende.

Desiré: Ons gaan gewoonlik die oggend kerk toe en dan sal ons die koue vleise van die vorige aand warm maak en as dit ’n lekker dag is, sal ons see toe gaan.

SÓWAAI DIEWIND in 2019!

Suidooster het die tonge vanjaar omtrent laat klap – van Carmen en Rhafiek se troue; Siya se verkragtin­g; Wade en Zoe se swangerska­p en aborsie later; tot Bianca se pille-verslawing. En in 2019 gaan daar selfs meer drama en skokke wees. Maak jou hart sterk, want teen middel 2019 gaan Ruiterbosc­h glad nie meer dieselfde lyk nie!

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa