200 Kers­fees­te: ­Ou­mas­deel­hul­her­in­ne­rin­ge

Saam het dié ou­mas al meer as 200 K­ris­mis­se ge­vier en steeds is hul­le dank­baar dat die Man van Bo hul­le elke dag deur­dra.

Kuier - - Contents - DEUR CHRISLYNN SIAS

Dis nie al­mal be­sko­re om meer as tien de­ka­des te leef nie. Maar Sophie Key­ter (102) en Ma­ria Oran­je (105) is dit eens: dis net dank­sy die Man van Bo en Sy ge­na­de dat hul­le saam meer as 200 K­ris­mis­se be­leef en tus­sen­deur droog­tes en vloe­de oor­leef het.

Ou­ma Sophie van Wor­ces­ter in die Wes-Kaap nooi ons lag­gend in haar ka­mer by Huis An­dries Ham­man, ’ n ou­e­te­huis op Wor­ces­ter. “S­joe! Maar ek kry van­dag som­mer lek­ker baie be­soe­kers.”

Sy ver­tel trots dat sy in haar jong­dae baie spor­tief was. “Ek het vir jare en jare as ’ n on­der­wy­ser ge­werk, maar tus­sen­deur het ek vir WP net­bal ge­speel. Nee kyk, dis iets waar­oor ek al­tyd sal praat, want ek mag! Ek het tot op 80-ja­ri­ge ou­der­dom ook steeds rol­bal ge­speel. Ek is een wat ge­hou het van my vry­heid, ai, maar die ou­der­dom laat ’ n mens nie toe om on­af­hank­lik te le­we nie.”

Op dié noot ver­tel sy van die dae voor sy na die ou­e­te­huis ge­kom het: “Ek het eers by ’ n af­tree­oord in Port E­li­za­beth ge­bly en s­joe was dit nou vir jou ’ n lek­ker be­sig­heid. Ek kon din­ge op my ma­nier, op my tyd doen.”

Ou­ma Sophie het vyf jaar ge­le­de by haar (oor­le­de) seun, Neels Kru­ger, en dié se vrou, Je­a­net­te, op Wor­ces­ter kom woon. Dis juis Je­a­net­te wat haar nou daag­liks be­soek en haar aan­por om te ver­tel van haar kin­der­dae op ’ n Noord- Kaap­se plaas. “Kind, ek wil mos nou nie vir die men­se lieg nie jong,” grap sy voor sy erns­tig ver­klaar: “Gee my gou net bie­tjie tyd so­dat ek kan dink.”

Vir ’n ruk­kie is dit dood­stil in die ka­mer en ou­ma Sophie se oë is toe. Ná ’n paar mi­nu­te klink daar ’ n op­ge­won­de ge­bab­bel op soos wat sy los­trek met ’ n staal­tjie uit haar kin­der­dae. “Dit was lek­ker dae, sorg­vrye dae. Ons het oor Kers­tyd daar op die plaas rond­ge­hol en Ma het lek­ker kos ge­maak.”

Nóg Kers­fees-her­in­ne­rin­ge kom op. “Jul­le sal nooit raai wat het my pa al­tyd ge­doen nie.” Sy lag heim­lik voor sy voort­gaan. “Hy het vir my en my sib­be K­ris­mis­sok­kies uit­ge­hang en al het hy ons elke jaar poet­se ge­bak, het ons steeds elke jaar vir die­self­de grap ge­val. Dou­voor­dag op ’n Kers­fees­og­gend het ons op­ge­won­de saam met die vo­ëls op­ge­staan en op­ge­won­de na die kag­gel ge­hol om te kyk wat Kers­va­der vir ons ge­bring het. Ons sou dan ons han­de in die sok­kie s­teek en dan was dit vol don­kie­bol­lie!” Ou­ma Sophie lag uit­bun­dig voor sy ver­tel dat die eint­li­ke ver­ras­sing on­der die don­kie­bol­lie was. “On­der die bol­le was twee sjie­lings en in daai jare was dit baie geld, jong. Ons het al­tyd ge­weet dat die bol­lie bo gaan wees, maar on­der die bol­lie is waar ons ons ge­luk­kie ge­vind het.”

Wat is die les wat sy hier­uit ge­leer het? “Die le­we gooi maar baie din­ge na ’ n mens se kant toe en jy moet daar­deur werk om by die goeie din­ge uit te kom. Al is dit hoe on­smaak­lik en on­ge­mak­lik.”

En van waar is die ou­ma oor­spronk­lik? “Boes­man­land, Brand­vlei, kin­ta!” ver­klaar sy op­ge­won­de. “Ek het daar van die bes­te jare van my le­we ge­had. As kind het ek ge­speel. Ek het ge­hol, ge­lag, ge­huil en weer ge­lag. Dit was lek­ker. Jare la­ter toe ek my man, Piet, ont­moet, was ek weer so ge­luk­kig. Dis ’ n ge­luk wat jy diep hier bin­ne voel,” sê sy ter­wyl sy met haar vin­ger voel. Ou­ma Sophie se oom Piet het op die as­be­s­my­ne ge­werk en hul­le het

daar­om daar na­by ge­bly. Maar die as­bes was nie goed vir hul gesondheid nie en oom Piet is aan “as­be­skan­ker” dood, soos sy dit noem. Be­hal­we oor­le’ Neels, het ou­ma Sophie ook een dog­ter, wat tans oor­see woon, vyf klein­kin­ders en drie ag­ter­klein­kin­ders.

Ou­ma Sophie kan nie meer loop nie, maar sê al siek­te wat sy het, “is dat ek te veel praat”.

Net vir die pret wou ons weet of ou­ma Sophie weet wat ’n sel­f­ie is. “Sel­f­ie? Wie is dit en waar bly hy?” wil sy nuus­kie­rig weet. Toe sy hoor dis ’n fo­to wat jy van jou­self neem, lag sy weer uit­bun­dig. “Nee wat, as ek da­rem heel­tyd na my­self moet kyk, sal ek mos dood­gaan of die ka­me­ra sal breek.”

OU­MA MA­RIA

In ’n an­der ge­deel­te van Wor­ces­ter, Roode­wal om p­re­sies te wees, groet ’n swaar ta­bak­reuk ons by die deur. Hier wag ou­ma Ma­ria en haar jong­ste dog­ter, Fei­tjie (56). “Fei­tjie, wag eers laat ek die pyp dood­maak,” sê die ou­ma uit die ka­mer. Toe die pyp uit is, maak sy skaam haar ver­sky­ning en groet be­skeie.

Ou­ma Ma­ria ver­tel sag­gies dat sy oor­spronk­lik van Touws­ri­vier in die Wes-Kaap is en nie meer sib­be oor het nie. “Ek het niks meer broers of so nie. Toe ek my ver­stand kom kry, toe werk ek al. In daai jare moes ons vroeg gaan werk om­dat ons vir ons broers en sus­ters moet sorg. My ou­ers is al vroeg oor­le­de, so ek moes reg­staan en voor­sien,” ver­tel sy.

Sy raak nos­tal­gies as sy dink oor hoe die le­we des­tyds was teen­oor hoe dit nou is. “Die le­we in my jare was nie so le­lik soos dit nou daar bui­te is nie. Ons het me­kaar lief­ge­had en ver­sorg en nie seer- ge­maak nie. Ons het lief­lik ge­le­we. In vre­de. Ons het nie mo­tor­kar­re ge­had nie en as jy ê­rens wou wees, moes jy met die don­kie­kar ry of loop. Ons het ook nie die teg­no­lo­gie-goed en e­lek­trie­se goe­ters wat jul­le nou het nie.” Dis juis om dié re­de dat ou­ma Ma­ria glad nie aan ’n stoof, ke­tel of stryk­ys­ter raak nie. “Nee jong, daai goe­ters werk nie vir my nie. Ons het des­tyds ’n kool­stoof ge­bruik en ek het nog so twee jaar ge­le­de op die vuur kos ge­maak, maar nou kan ek dit nie meer doen nie, so ek raak nou meer aan niks! Ek maak nog my eie brood­jie en dis al.”

Sy ver­tel ook dat sy glad nie van lig­te hou nie. “As hul­le die lig­te aan­sit, raak ek mos smoor­kwaad. Ek s­teek vir my ker­se aan. Dis hoe ek groot­ge­raak het en dis hoe ek sal sterf.”

Ou­ma Ma­ria het 12 kin­ders ge­had, maar sê sy weet nie hoe­veel klein­kin­ders en ag­ter­klein­kin­ders sy het nie. Daar is nog vyf van haar 12 kin­ders wat le­we. “Hul­le is te veel. En my kop is nie meer wat dit was nie, so ek ken hul­le nie eers al­mal nie,” lag sy. Sy het ook geen siek­tes nie en loop nog self met be­hulp van ’n kie­rie. “Ek maak nog my eie bed ook op en trek self my ka­mer reg, want ek kan nog. As ek die dag nie meer kan nie, sal ek weet ek het ge­doen wat ek moet.”

En wat ont­hou ou­ma Ma­ria van haar vo­ri­ge Kers­fees­te? “Baie min, din­ge­tjie,” antwoord sy eer­lik. “Ons het nooit K­ris­mis so erg ge­vier nie oor my ou­ers lank­al dood is. Nou dat ek by my kin­ders aan dié kant is, maak hul­le K­ris­mis­kos­se en koop kle­re. So dis ’n lek­ker ge­sel­lig­heid waar ons al­mal saam is en net ge­sels en lag. Al wat ek ont­hou, is dat dit lief­lik was. Baie lief­lik. As ek daar­aan dink, is ek ge­luk­kig hoe­wel ek dit nie kan ont­hou nie. Die ge­dag­te daar­aan maak my ge­luk­kig.”

Hoe­wel die ou­mas wê­rel­de a­part groot­ge­raak en ge­le­we het, is daar ’n ge­sa­ment­li­ke blik van bei­de kan­te: Deur die lief en leed en win­ters en so­mers van die le­we, moet jy ge­trou bly aan jou God. Le­we vol­gens Sy wil en Hy sal jou ge­na­dig wees.

Hy­het­vir­m y­en­my­sib­be­K­ris­mis­sok­kies­uit­ge­hang­en­al­het­h y­ons­elke­jaar­poet­se­ge­bak, ­ het­ons­steeds­elke­jaar­vir­die­self de­grap­ge­val. SOPHIE KEY­TER

REGS: Ou­ma Sophie Key­ter (links) en ou­ma Ma­ria Oran­je ver­tel van al die Kers­fees­te wat hul­le al be­leef het.

105

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.