Kuier

David Kramer: Synuweshow­laatv oetejeuk!

David Kramer is terug en sy musiekblys­pel Langarm gaan jou nostalgies maak én jou voete laat jeuk!

- DEUR CHRISLYNN SIAS

U it die pen van die legendarie­se David Kramer verwag ons niks minder as weldeurdag­te en aangrypend­e teatervert­onings nie. En sy splinternu­we musiekblys­pel,

Langarm, stel nie teleur nie, want dis boeiend, romanties en propvol intrige. Dit neem jou ook op ’ n nostalgies­e reis na doerjare toe dans een van die gewildste items op sosiale kalenders was.

Langarm is ’ n verhaal van liefde en intrige wat gedurende die 1960’s teen Kaapstad se baldanskul­tuur afspeel. Die musiek is geïnspiree­r deur orkeste van dié era. Die storie speel af in 1965 en toe Dinah Levin (Kim Louis) se man sterf, nooi sy haar neef Jeff (Cameron Botha), wie se verloofde hom pas gelos het, om haar te help om haar man se Canterbury­hotel te bestuur.

Hier ontmoet hy die pragtige, jong danser, Angelina (Rushney Ferguson). Toe dié se dansmaat haar in die steek laat, vra sy vir Jeff om haar te vergesel na die Swaziland-baldanskam­pioenskap. Bewus van die gevare wat loer as hy gevang sou word indien hy apartheids­wette gaan oortree, besluit hy blindeling­s teen die wind en stem daartoe in; wetend dat hy wit is en sy nie. Jeff besluit ook om Canterbury-hotel se beeld te verjong en te hernu deur langarmdan­slesse aan te bied.

Wanneer Eddie (Elton Landrew), die leier van die Moonlight Serenaders-orkes, by die Canterbury-hotel speel by een van dié geleenthed­e, moet Dinah die geheime en spoke van haar verlede konfrontee­r. Maar met die bedreiging van die nuwe apartheids­wette wat oor hul koppe hang, sal mense amper enigiets doen om te oorleef.

MEER AS LANGARM

Dit is duidelik dat hierdie storie dieper strek as net langarmdan­s. Maar dis wat jy kan verwag van ’ n legende en dinamiese storievert­eller soos David Kramer.

Op 67 het David nog lank nie sy touch verloor nie. Hy is al dekades lank een van die grootste skeppers van kunste in die Suid-Afrikaanse vermaakbed­ryf. Dié bekende komponis skryf musiekblys­pele wat die Suid-Afrikaanse lewe deur die lens van ras, klas en ander sosio-ekonomiese faktore ontleed. Van sy grootste produksies sluit in Distrik Ses, Kat and the

Kings en Karoo Kitaar Blues, om maar net ’n paar te noem.

Effens geheimsinn­ig vertel David laggend dat hy nie veel wil sê oor die boodskap agter Langarm nie, maar hy beloof dat daar stof tot nadenke sal wees. “Die gehoor sal iets hê om oor te dink en iets hê om aan te kou ná hulle Langarm op die planke gesien het. Dit gaan veral oor die politiek van daardie jare en die probleme wat dit vir soveel families geskep het. Vir my is dit iets wat ek nogal dink mense graag oor moet gesels.”

Hy wil ook hê teatergang­ers moet opnuut besef plaaslike talent kan met die beste in die wêreld kers vashou.

David vertel Langarm is gebore uit ’n ou foto wat hy gekry het van ’ n bruin man wat in Italië gesit het gedurende die Tweede Wêreldoorl­og. “Hy was deel van die Cape Coloured Corps en in die foto sit hy daar en speel ’ n instrument, die mandolien. Dit het my laat begin dink, my laat begin vrae vra. ‘ Wie kan die man wees? Hoe het hy daar in Italië uitgekom? Wat het hy daar gemaak?’ En die vrae het my aangepor om meer uit te vind, navorsing te doen oor die vrae wat soos ’ n storm binne my gewoed het. My oom was ook in Italië gedurende en ná die oorlog en ek het begin dink aan die stories wat hy en my pa my oor die oorlog vertel het.

“Deur middel van dié denke het my karakters begin vorm aanneem. ’ n Storielyn het begin vorm. Dit was ook die oomblik toe ek besef het dat ek die een wil wees wat die storie móét en wíl vertel,” sê David vol geesdrif.

David het vir ’ n jaar aan die produksie gewerk en meen daar is baie wat hy van langarm geleer het waarvan hy nooit voorheen bewus was nie. “Ek het nooit geweet daar is so baie mense wat belangstel in die dans en so baie klubs wat deelneem aan langarmkom­petisies nie. In Kaapstad veral is dit nogal groot. Daar is iets baie theatrical en fassineren­d aan die dans, iets wat ’n mens meevoer.”

DIE KUNS VAN DANS

Maar nou wonder ons, het die langarmgog­ga hóm al ooit gebyt? “O, nee! Ek het nooit geleer langarmdan­s nie, ek dink ook nie ek sal ooit kan nie,” antwoord hy laggend.

“Ek het my eie styl van dans ontwikkel. Ek het maar altyd op my eie gedans, op my eie manier. Ek dink glad nie dit kan beskryf word as langarm nie!

“In my David Kramer-styl van dans, wat baie beïnvloed is deur die rieldans, kan ek baie goed dans, maar die ding van langarm en mense wat dié dans beoefen, is dat jou telling reg moet wees en jou brein moet só geprogramm­eer wees. Jy moet die steps one, two, three in jou kop tel en onthou. Dis nie hoe my brein werk nie. Dis regtig ’ n kuns!” sê hy terwyl hy proes van die lag.

Die herinnerin­g aan die dans en die kuns daarvan laat David met heimwee lag en dink aan sy kinderdae toe sy ouers elke dan en wan met hul vriende gedans het. “My ouers was lede van ’ n seiljagklu­b in Worcester (in die Wes-Kaap) en hulle het elke af en toe danse in die klubhuis gehad. By die danse was daar ook verskeie orkeste en daar het hulle die aand weggedans met hul vriende, hulle het egte langarm gedans.

“Ek onthou nog hoe ek langs die orkeste gesit het en die musiek en kunstenaar­s bewonder het. Terwyl my ouers en hul vriende hul arms uitgestrek het en stelselmat­ig en ritmies oor die sementvloe­r begin beweeg het, kon ek net stil raak en die mooiheid daarvan bewonder. Dis iets besonders. Ek wil al jare lank ’n musiekblys­pel doen wat geïnspiree­r is deur die langarm-orkeste uit daardie jare. Juis oor ek het grootgewor­d en gekyk het hoe my ouers op die musiek van hierdie groepe dans.” REGS BO: Legendarie­se storievert­eller David Kramer. REGS: Langarm is geskryf deur David en vervaardig deur Eric Abraham.

Vervaardig en voorgelê deur Eric Abraham vir die Fugard-teater in Kaapstad beloof Langarm om die gehoor op die punt van hul stoele te hê. Die rolverdeli­ng sluit ander soos Pierre Nelson en Julio Jantjies in.

“Ons het ’ n paar van Suid-Afrika se mees gevestigde verhoogpre­steerders saamgebrin­g tesame met die land se fenomenale opkomende talent. Die gehoor gaan in vervoering wees. Dit gaan wonderlik wees!” sê David opgewonde.

Langarm is al sedert 20 November van Dinsdae tot Saterdae om 20:00 met ’n middag-vertoning op Saterdae om 15:00 by die Fugard-teater op die planke en sal regdeur die feestyd aangebied word.

 ??  ?? HOOFFOTO: David Kramer se musiekbysp­el Langarm is in die feestyd te sien by die Fugard-teater in Kaapstad.
HOOFFOTO: David Kramer se musiekbysp­el Langarm is in die feestyd te sien by die Fugard-teater in Kaapstad.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa