HALLO MY KUI­ER- MEN­SE,

Kuier - - Kuierhoekie -

En só kom 2018 ook tot ’ n ein­de vir die Kui­er- span met ons laas­te uit­ga­we van die jaar. Ek is ver­heug dat ons daar­in kon slaag om weer vir jul­le ’n CD te doen, ver­al nou­dat die land se e­ko­no­mie so erg knyp. En glo my, dis be­slis een van ons bes­te en dis klaar op re­pe­at by my huis!

Dan­kie aan al­mal wat ons deur die jaar ge­bless het met jul sto­ries, ge­be­de en on­der­steu­ning. Dit voel al­e­wig daar is te min tyd en woor­de om jul­le be­hoor­lik te be­dank, maar ek hoop jul­le weet hoe dank­baar ons is.

Soos ge­woon­lik be­gin ons die nu­we jaar met die Back to S­chool-uit­ga­we en al is dit vroeg in som­mi­ge se Ja­nu-wor­ry is dit nie een wat jy kan mis nie. Boon­op is 2019 ’ n baie groot jaar vir jou guns­te­ling-tyd­skrif, want ons word in Sep­tem­ber 10 jaar oud. Maar moe­nie glo ons gaan eers ne­ge maan­de wag voor ons be­gin fees­vier nie! Ons is baie dank­baar vir al­les wat Kui­er tot dus­ver kon be­reik en daar­om wil ons elke uit­ga­we vir jul­le be­son­ders maak, want dis net dank­sy ons ge­troue le­sers dat ons dit tot hier ge­maak het. Ek is se­ker daar lê nog baie be­proe­wings voor, maar met jul vol­ge­houe on­der­steu­ning glo ek daar kom nog hoog­te­pun­te ook.

Vre­de, vreug­de en vei­lig­heid vir al­mal. Tot vol­gen­de jaar,

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.