KRY JOU KUI­ER

Kuier - - Kuierhoekie -

Die fees­tyd is hier en Kui­er en Kui­erCom­bo maak om­trent wa­ves met al­mal wat wil bak en brou met ons re­sep­te, slim wees met ons wen­ke én op ons CD jol. Dit is ’ n ab­so­lu­te voor­reg en eer om jul­le as sir­ku­la­sie­be­stuur­der te dien. 2018 was ont­set­tend uit­da­gend: die BTW-ver­ho­ging wat ge­lei het tot prys­sty­gings, die on­sta­bie­le po­li­tie­ke a­re­na en meer. Al is ons beur­sies on­der so­veel druk, bly Kui­er- men­se steeds lo­jaal teen­oor hul guns­te­ling-tyd­skrif en ons is trots en dank­baar om Kui­er se sta­tus as die grootste Afrikaanse vrouetydskrif in SA te hand­haaf. En ont­hou, vol­gen­de jaar word ons 10, so maak se­ker jy kry elke uit­ga­we! As jy suk­kel om jou

Kui­er in die han­de te kry, bel my by 021 406 4088. Na­mens my sir­ku­la­sie­span wens ons jou en jou fa­mi­lie ’ n ge­se­ën­de fees­tyd!

Voroshski Jan­sen, sir­ku­la­sie­be­stuur­der

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.