Kuier

Wenke wat werk ANTWOORD

Hier is wenke vir mooi Kersversie­rings, blink houtvloere, hoe om jou hare vinniger te laat ggroei en lekker vakansieti­ps. ps.

-

Maak só jou Kerstafel mooi: Jy kan ’n mooi serp gebruik as ’n runner. Stof jou ouma se doilies af – dit kan pragtig lyk op ’ n Kerstafel en bring ’n tikkie nostalgie.

Verf gladde klippe goud en skryf in wit daarop vir naamkaartj­ies.

Bind groen takkies om servette as servetring­e. ’n Klein rooi lintjie kan ook mooi lyk. Jy kan selfs geskenkpap­ier gebruik.

Knip Kersbome, sterre en ander Kersfees-items uit helder papier en strooi dit oor die tafel as konfetti.

Vir ’ n centre piece: Vul ’n glasbak met neute, pine cones (spuitverf dit rooi, silwer en goud) en droë sitrus. Jy kan ook vrugte gebruik.

BRON: https://christmas.365greetin­gs.com

WENK GESOEK Hoe kry ek my plankvloer­e mooi blink? OLIVIA, KIMBERLEY A ANTWOORD

Laat jou vloere só skitterbli­nk: Gewone water sal nie vloere skoonmaak en dit laat blink nie. Inteendeel, water kan eintlik jou vloer beskadig, afhangende van die afwerking, aangesien hout water absorbeer en dan swel. Vee of mop jou vloere daagliks veral in deure en ander areas wat baie gebruik word. Om gereeld te vee, verwyder vuilheid op die oppervlakt­e en dan hoef jy nie so baie skoon te maak nie. Meng gelyke dele witasyn en olie in ’n sproeibott­el. Meng dit vars voor elke gebruik. Sproei dit op die vloer en mop die vloer. Die asyn verwyder die vuilheid en die olie help dit om nie uit te droog nie. Dit hou dit blink. Vee die oorskot af met ’n skoon mop of ’n sagte handdoek. Maak die vloer droog in sirkelbewe­gings – dit polish die vloer. As jou vloer baie vuil is, mop dit eers met asyn om vuiligheid af te breek en volg dan met die asyn-enolie mengsel. homeguides.sfgate.com

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa