AARBEIROOMYS

Le­wer 1 li­ter room­ys

Kuier - - Krismisprojek -

BESTANDDELE

500 g aar­beie 100 ml le­moen­sap 1¼ kop­pie strooi­sui­ker ½ blik kon­dens­melk 2 eet­le­pels heu­ning 300 ml vol­room­melk 200 ml room 3 ei­er­wit­te

METODE

Spoel die aar­beie goed af en ver­wy­der die blaar­tjies. Sny in kwar­te. Plaas die aar­beie in ’n ka­strol saam met die le­moen­sap en ¼ kop­pie van die sui­ker. Ver­hit oor lae hit­te en kook tot­dat die aar­beie lek­ker sag is. Ver­pulp dit in ’n voed­sel­ver­wer­ker tot­dat jy ’n glad­de meng­sel het en vryf dit deur ’n fyn sif. Giet in ’n hou­er, be­dek met kleef­plas­tiek en plaas in die ys­kas om af te koel. Giet die kon­dens­melk en heu­ning in ’n skoon ka­strol en ver­hit oor lae hit­te. Haal van die stoof­plaat af en klits die melk en room by. Giet in ’n hou­er, be­dek met kleef­plas­tiek en laat staan in die ys­kas vir ’n uur om goed koud te word. Klits die ei­er­wit­te tot styf en voeg die res van die strooi­sui­ker (1 kop­pie) bie­tjie vir bie­tjie by ter­wyl jy die heel­tyd klits. Haal die aar­bei­en die melk­meng­sel al­bei uit die ys­kas en giet saam in ’n meng­bak. Meng goed. Vou die ei­er­wit­meng­sel ver­sig­tig in en meng goed. Giet in ’n hou­er, be­dek die bak en plaas in die vries­kas vir min­stens vier ure (ver­kies­lik oor­nag).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.