GERUK DEUR GE­WELD

Kuier - - Ware Lewensdrama -

Van vo­ri­ge blad­sy

lief­de ge­kry waar­na hy ge­soek het. Hy was ge­heg aan ons,” ver­tel oom Hen­ry son­der ’n sweem van ver­oor­de­ling.

“Cyn­thi­no was ’n men­se­kind. Ek sal hom stuur om krag te koop by die spa­za (win­kel) en as hy nie daar kry nie, sal hy nie op­hou soek nie. Som­mi­ge dae soek ek hom dan doen hy ’n guns vir die bu­re.” Oom Hen­ry praat van Cyn­thi­no in die teen­woor­di­ge tyd, so as­of hy steeds hier is. Hy be­gin sag­gies lag en sy ge­sig hel­der op­nuut op wan­neer hy dié van Cyn­thi­no ont­hou: “Hy het am­per ’n sin­tuig ge­had van wan­neer sy ou­ma gaan kos skep.” An’ Ma­ti­cia lag en voeg by: “Hy het van e­ni­ge kos ge­hou, ver­al brey­a­ni.”

“Cyn­thi­no was ge­luk­kig toe hy hier kom bly. Sy skool­werk het ook baie ver­be­ter en sy laas­te (Ju­nie 2018) rap­port was baie mooi. By die skool het hul­le ge­kla hy is nie net­jies nie, maar by ons was hy sko­ner. Ek was ook sy bar­ber,” ont­hou oom Hen­ry trots.

Dan sak sy ge­sig wan­neer hy by­voeg die Saterdag van Cyn­thi­no se dood sou hy nog sy ha­re ge­sny het. Oom Hen­ry kyk weer af na Cyn­thi­no se goud­geel speel­kar­re­tjie in sy hand en draai dit in die rond­te.

An’ Ma­ti­cia, wat die min­ste praat, voel aan dat sý nou die sterk een moet wees en ver­tel in ’n sag­te stem dat Cyn­thi­no “my maat­jie was”.

“Hy het el­ke Saterdag saam met my ge­loop na my fa­mi­lie in C­hi­ca­go toe. Daai og­gend (van sy dood) het hy eg­ter saam met sy maat­jies ver­dwyn. Ek het hom gaan soek, maar nie ge­kry nie.”

VIR AL­TYD WEG

Cyn­thi­no se maat­jies het die­self­de og­gend ver­tel hy is met ’n mes ge­steek. Ris­haunn het by hom ag­ter­ge­bly. Oom Hen­ry, ’n buur­man, Il­se en haar an­der seun, Ju­may (15), het hul­le na die land­jie ge­haas waar Cyn­thi­no-hul­le ge­speel het.

Oom Hen­ry sê sag: “Toe ek daar kom, toe lê my kind daar . . .”

Die tra­ne loop oor Il­se se wan­ge en haar ge­sig ver­trek van die pyn wan­neer sy daar­die oom­blik ont­hou, wat sy wens nooit ge­beur het nie.

“Ris­haunn het met Cyn­thi­no in sy arms ge­sit. Toe ek nog op pad was (na die to­neel), kom Ris­haunn huil-huil aan­ge­hard­loop en sê, ‘Cyn­thi­no is nie meer daar nie’. Sy ton­ge­tjie was al spier­wit (toe ek by hom kom). Hy het ’n mer­kie op sy hart ge­had en daar het net ’n k­lein bie­tjie vet­jies uit sy wond ge­kom, het ek ge­sien toe ek sy hem­pie op­lig.”

Toe meer de­tails oor hoe Cyn­thi­no dood is be­kend word, het dit al­mal diep ge­skok. “Om te hoor die kind wat hom ge­steek het, is 13 was ’n skok. Ek was ge­skok om te hoor ’n kind van daai ou­der­dom loop met ’n mes (rond),” sê oom Hen­ry in on­ge­loof.

Jes­si­ca S­hel­ver, woord­voer­der vir die Wes-Kaap­se on­der­wys­de­par­te­ment (WKOD), sê by na­vraag hul de­par­te­ment be­treur die voor­val en het hul me­de­lye met Cyn­thi­no se fa­mi­lie, vrien­de en skool­ge­meen­skap uit­ge­spreek. Sy kon nie meer oor die voor­val sê nie om­dat dit nie in skool­tyd en op skool­gron­de ge­beur het nie.

Jes­si­ca sê wel: “Dit is be­lang­rik dat ou­ers ook ’n rol speel om te ver­se­ker dat hul kin­ders hul­self ge­dra en op ma­nie­re op­tree wat nie ver­woes­tend of ge­weld­da­dig is nie. On­ge­luk­kig le­we ons in ’n sa­me­le­wing waar ben­de-ak­ti­wi­tei­te en mis­han­de­ling hoog is in som­mi­ge ge­meen­skap­pe. En dié ti­pe ge­drag kan leer­ders af­fek­teer – nie net in ter­me van ge­weld nie, maar trau­ma ook, wat hul stu­dies en ge­leent­he­de kan af­fek­teer.”

En Il­se is juis dood be­kom­merd oor

ver­al Ris­haunn wat so ’n heg­te band met Cyn­thi­no ge­had het en in wie se arms Cyn­thi­no uit­ein­de­lik ge­sterf het.

Haar seun se skool­werk gaan ag­ter­uit, sê Il­se. Haar stem is na­by breek­punt wan­neer sy sê: “Ris­haunn sê hy mis hom (Cyn­thi­no). Hul­le was baie lief vir me­kaar. Ris­haunn wou nie eens meer aan die der­by of (skool-)kon­sert deel­neem nie, want Cyn­thi­no is nie daar nie.”

Il­se se po­gings om haar emosies te be­heer is te­ver­geefs en dis soos ’n dam­wal wat breek wan­neer sy hui­lend sê, “saans met op­skep­tyd mis ek hom die mees­te. Hy het ook el­ke aand met my mei­sie­kind pop ge­speel”.

BY DIE SKOOL

Dis nie net in Cyn­thi­no se huis waar hy ’n groot leem­te ge­laat het nie. Sy skool­hoof by Dal­wei­de Pri­mê­re Skool, mnr. Chris Bam, en sy graad drie-klas­on­der­wy­ser, A­dé­le Louw, suk­kel steeds om sy skok­dood te ver­werk. Maar hul plig­te as on­der­wy­sers ver­eis van hul­le om die tra­ne af te vee om­dat die an­der kin­ders hul­le no­dig het. Nie net met hul skool­werk nie, maar om hul­le ook te help sin maak van wat met hul skool­maat­jie ge­beur het. Die oom­blik toe mnr. Bam hoor van Cyn­thi­no se dood, het hul­le oom Hen­ry­hul­le by­ge­staan en on­der meer vir be­ra­ding vir die fa­mi­lie ge­re­ël en het ook die kos­te van sy be­graf­nis ge­dra. Met ’ n be­soek aan Dal­wei­de P­ri­mêr is die ge­moed som­ber wan­neer ons oor Cyn­thi­no praat. “Cyn­thi­no was baie in my kan­toor vir wan­ge­drag, maar ons het ver­staan die kon­teks van waar dit kom. Toe ons die Maan­dag (ná sy dood) by die skool kom en die om­stan­dig­he­de hoor, het dit ons ge­skok. Want daar was niks wat voor­af ge­beur het nie; dit was ’n sin­ne­lo­se daad,” sê mnr. Bam. Hy sê voorts hul­le moes baie ge­sprek­ke met die leer­ders hê, want hul­le ver­staan nie wat ge­beur het nie. Die WKOD het lei­ding aan die per­so­neel ver­skaf en die be­lang­rik­ste was dat die leer­ders moes sê hoe hul­le voel, sê hy. Cyn­thi­no se klas- maats het brie­fies aan hom ge­skryf om te sê hoe hul­le voel.

“Wat met Cyn­thi­no ge­beur het, was ’ n eye-o­pe­ner vir baie men­se. Hy het meer lief­de en be­sker­ming no­dig ge­had. Ons skool moet ’ n plek wees waar kin­ders vei­lig voel, so ook die huis. Ons word ge­kon­fron­teer met kin­ders wat ken­nis dra van ben­des, dwelm­mis­bruik, ’ n te­kort aan rol­mo­del­le en (van) hul­le kom skool toe son­der ’ n be­hoor­li­ke waar­de­stel­sel. Ons in­vloed is al­tyd be­perk as ’ n kind uit so ’ n sa­me­le­wing kom,” sê mnr. Bam.

In Cyn­thi­no se klas, suk­kel A­dé­le om die tra­ne te­rug te hou. Sy het steeds ’n fo­to van Cyn­thi­no in die klas en sê sy maak ’ n punt daar­van dat Cyn­thi­no se klas­maats nie sy op­ge­wek­te gees ver­geet nie. Sy vang haar­self ook nog baie keer dat sy Cyn­thi­no se naam noem. Maar sy is ver­al hart­seer dat hy nooit die ge­leent­heid ge­kry het om François Bloem­hof se ge­dig “Bat­man-me­di­sy­ne” op 7 Au­gus­tus 2018 by die Eistedd­fod te kon op­sê nie, want hy is twee we­ke van­te­vo­re ver­moor.

A­dé­le be­gin huil voor sy haar vol­gen­de sin kan vol­tooi. In ’ n ge­bro­ke, hees stem, kry sy uit­ein­de­lik uit: “Ek het ge­dog die tra­ne is op; dis ’ n baie rou ge­voel. Cyn­thi­no het só uit­ge­sien na die Eistedd­fod, want ek dink nie in sy le­we het hy uit­ge­staan nie en om op daai ver­hoog te kon staan, was ’ n ma­nier vir hom om uit te staan en raak­ge­sien te word.”

Toe sy klas­maats in ’ n koor van die soet­ste kin­der­stem­me “Bat­man-me­di­sy­ne” op­sê, tref Cyn­thi­no se sin­ne­lo­se dood jou soos ’ n vuis­hou in die maag. Want hy sou dit met die­self­de op­ge­won­den­heid op­ge­sê het, al die aan­dag op hom met sy ou­pa-hul­le en klas­juf­frou in die ge­hoor wat trots toe­kyk.

Maar dié oom­blik was nooit vir hom be­sko­re nie, want ’ n sin­ne­lo­se daad het sy jong le­we van hom af weg­ge­ruk en laat sy fa­mi­lie met ver­lan­ge oor al­les wat kon wees . . . En dit laat ons sa­me­le­wing met die vraag: Wat gaan ons doen om so ’n tra­ge­die in die toe­koms te ver­my?

Sy ton­ge­tjie was al spier­wit. Hy het ’n mer­kie op sy hart ge­had en daar het net ’n k­lein bie­tjie vet­jies uit sy wond ge­kom. HEN­RY SAAL

VAN LINKS: Cyn­thi­no se an­tie, Il­se Gouws, ou­pa Hen­ry en ou­ma Ma­ti­cia Saal is ge­bro­ke ná sy dood.

Chris Bam, skool­hoof by Dal­wei­de P­ri­mêr waar Cyn­thi­no in graad drie was, praat oor die seun.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.