Kuier

LESERSWENK­E

-

Wenk vir papierhand­doekrol: Gebruik ’n draadhange­r en knip met ’n tang in die middel omtrent 2 cm uit om die rol in te sit. Jy kan dit versier met mooi lint. Ons gebruik dit in die badkamer in die virus se tyd en geen handdoek nie. Dis vir higiëniese doeleindes. THERESA HEUGH, MAITLAND

Die beste potlood vir mooi brows wat vir my werk, is ’n sagte tekenpotlo­od 6B (2B of hoër – hoe sagter hoe beter). As gevolg van my sout-en-peperhaark­leur wat nou natuurlik oorslaan na grys, hou ek nie van die gewone donker swart of bruin nie, maar wel die kleur wat die potlood uitbring. Ek gebruik dit al twee jaar en is baie tevrede! VICKY KURUCZ, BRACKENFEL­L

As jy sukkel met taai vleis wat lank vat om sag te kook, vat een teelepel en sit dit in die middel van die pot terwyl die vleis kook. Ná ’n paar uur is die vleis sag. COLLIN STRAUSS, KGALAGADI TRANSFRONT­IER PARK

As jy pampoen koop en nie alles gebruik nie, sny alles op en gebruik wat jy wil kook. Gooi die res in ’n plastieksa­kkie met ’n bietjie suiker oor. Skud die sakkie om die suiker oor al die pampoen te versprei voor dit gevries word. Dit sal sorg dat die pampoen nie te pap en waterig is wanneer dit gekook word nie. MOIRA FILLIES, MOSSELBAAI

As jy nie ’n humidifier het nie, maak jou eie. Gebruik ’n ketel met Vicks en ’n paar druppels bloekomoli­e in dié water. Kook sodat die stoom die kamer opvul. Dit werk net so goed as om jouself te stoom. JOHANNA COMPANIE, OOSLONDEN

Om te verhoed dat jou roomys yskristall­e kry as jy dit vries, bêre dit in ’n Ziploc-sak. CHRIZANDA CHAMATUMBA, WELLINGTON

Vir ’n vel wat jeuk of ekseem het, was dit met lou, growwe soutwater. Dit bring vir jou welkome verligting. NAIMAH JEFTHA WORCESTER

Vir eelte onder jou voete, meng ’n halwe bottel brandspiri­tus, een bottel bloekomoli­e en een blikkie Zambak-salf en smeer aan jou eelte. VANESSA FIELIES, ELSIESRIVI­ER

Sny ou handdoeke in die middel deur en werk om met ’n overlocker (of met die hand). Siedaar – nuwe skroplappe of hang dit in jou kombuis om jul hande mee af te droog. Só bly die vadoeke netjies en jou nuwe skroplap was die vloere skoon. MATILDA KOCK, JEFFREYSBA­AI

Ek sit al my CDs wat nie houers het nie in ’n ou boek. Só bly dit skoon en sonder krapmerke. En boonop is dit baie maklik om te kry as ek dit wil speel. VALERIE PAPA, OUDTSHOORN

Hoesstroop wat soos ’n bom werk: Meng twee eetlepels suurlemoen­sap, twee eetlepels heuning en twee eetlepels gliserien saam in ’n glas en drink een eetlepel vir hoes. ROSLIN CONRADIE, PAARLOOS

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa