Kuier

KAAPSE ENGEL

Al gaan dié jong vrou self deur diep waters, reik sy steeds uit na haar naaste in nood. DEUR CHRISLYNN SIAS

-

Van swaarkry en pyn kan jy dié 28-jarige vrou van Eureka Estate in Elsiesrivi­er op die Kaapse Vlakte niks vertel nie. Inteendeel sy is al deur meer hartseer en pyn in haar 28 jaar op aarde as wat die meeste mense in hul leeftyd ervaar. Maar in plaas van om op ’n hopie te gaan sit en jammer te voel vir haarself, bring sy lig in ander se lewens.

Danya Goosen (28), die stigter van die liefdadigh­eidsorgani­sasie Lotus Street Foundation, se lewe was beslis nie maklik nie, maar dit is haar vermoë om te lag deur die seer en steeds te gee aan behoeftige gemeenskap­pe wat haar storie so besonders maak. Sy glo as jy geanker bly in jou geloof en jou probleme aan God gee, dit baie meer gaan vat as net ’n paar stampe en stote om jou van die pad af te gooi.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa