Kuier

Antwoord

-

Breakup en makeup is wat die confusion veroorsaak. Julle ken mekaar lank en gevoelens groei soms tot op die punt waar dit so sterk word dat jy wonder of julle nie meer as vriende kan wees nie.

Sy besef ook seker dat jy meer aandag aan haar gee as haar eie boyfriend. Iemand wat altyd daar is om te luister en nie te oordeel nie. Maar distansiee­r jou eers van haar en vat ’n break. Sy moet haar eie lewe uitfigure, want dit kan ook wees dat sy net na opwinding soek.

Fokus op jouself en gee haar ook genoeg kans om te besluit of dit die moeite werd is om met die verhouding met haar ou voort te gaan. Kry jou kop skoon en as die tyd reg is, wie weet, dalk kom julle by mekaar uit. Moenie haar forseer om besluite te neem nie en moet ook nie jouself aan haar opdring nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa