Kuier

WAT DIE HART VAN VOL IS

DEUR KELLY SIMON

-

Tydens my grootwordj­are het ek altyd gewonder: “As ek maar net ’n rolmodel gehad het . . .” Ek het altyd geglo daar sal ten minste een mens oor my pad kom, wat geloof in my sal hê en my goeie eienskappe sal raaksien. Maar tot my verbasing en soos ek maar kom leer het, het God my heeltemal iets anders gewys.

Ek glimlag skoons en kan myself so te sê skop net om te dink dat ek altyd myself deur iemand anders se oë wou sien. Ek het grootgewor­d met die gedagte dat ek grootgemaa­k word om soos iemand anders te wees, in hul voetspore te volg en ’ n lewe soos hulle s’n te leef.

Wat toe nou nie die geval was nie. En hoekom sou dit só wees? Ek bedoel maar ons almal is uniek. Maar as jy nie elke dag daaraan herinner word soos jy groot word nie, dan sal dit nie juis ’ n realiteit vir jou wees nie.

Hulle sê altyd “charity begins at home” en ek het voor die Vader nooit verstaan wat dit beteken nie. Totdat ek as jongeling deur sekere storms moes gaan. Toe kom verstaan ek dat soos ek grootgemaa­k was, was dit vir my geleer van goed en sleg, reg of weg. Maar wat ek wens hulle my geleer het, is hoe om woorde op die regte manier te gebruik. Ek sou wou hê hulle moes my leer hoe om my eie waarde te vind en te ken, sodat ek kon weet niemand anders kan dit vir my gee of van my wegneem nie.

Ons waarde word so dikwels geminag omdat ons dit in die eerste plek nie self wil omhels nie. Daar was ’ n tyd wat ek wou weet waarom waarde in die eerste plek “gemaak” is as dit so verpletter word. Nie net deur ander mense nie, maar ook deur onsself. Tot ek later besef dat jy alleen die mag het om jouself te leer ken en te beginne liefhê. Ander mense sal maar net outomaties in plek moet val met wat jy van jouself dink en hoe jy oor jouself voel.

Alles begin by jouself, alles wat jy verwag in ander, wees dit teenoor jouself eerste. Liefde, omgee, respek en nederighei­d begin by jouself, want as jy dit nie eers omhels in jouself nie, sal jy dit nie aan ander kan gee nie.

Deesdae is daar ook nie juis iemand na wie jy ten volle kan opkyk behalwe jouself nie.

Want hoekom soek jy in ander wat jy graag wil wees as daar alreeds ’n “higher power” en “higher version” van jouself in jou binneste is, gereed om aan die wêreld die verskil te wys wat jy is?

Maar dit is nie altyd die geval nie en dit is so hartseer dat ons altyd ons mooiheid laat overrule word deur ons scars.

Ek wou herinner word aan die treasure wat ek in my binneste het wat niemand anders behalwe ek het nie, want elke mens het hom of haar eie “treasure” wat tog werklik baie mooi is al is daar somtyds wonde wat daardie mooiheid vir ons toepak.

As ek maar net geweet het dat jy vir jouself ’ n rolmodel kan wees, sou ek nie vandag díe woorde: “I wish I had known in my past ‘ me’ what I know now in my present ‘me,’ ” gespreek het nie.

Somtyds was ek so gevestig op mense se woorde wat ek toegelaat het om my te bou, maar op ’ n later stadium het ek besef dat net ek myself kan bou of breek. Die keuse vir enigiets oor enigiets in ons lewens het in die eerste plek nog altyd van onsself afgehang.

Ons het altyd die mag en outoriteit gehad om self te besluit met wat ons ons binneste voed, want alles begin ‘binne’ jouself.

Dis werklik baie belangrik dat ons ons ware identiteit­e beginne soek en daaraan vaskleef. Baie van ons verloor onsself in die donker oomblikke van die lewe, maar daar is hoop aan die einde van elke donker tonnel, maak nie saak wat nie.

Om terug te gaan in tyd is “no more” maar om terug te gaan in jouself, is nie onmoontlik is nie. “Every scar we carry has a beautiful beginning behind it”.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa