Kuier

Hoe werk jou voete?

-

Met behulp van jou senings, ligamente en spiere in jou voet, bly die voetbene in ’n“voetvorm”. Dit is die begin van die normale werking van jou voet. Dít is hoe jy stap vir stap ’n tree gee:

1. Jou hak raak eerste aan die grond. Jou hakbeen en die laag onder jou voet absorbeer van die impak.

2. Terwyl jou voet op die buiterand rol, rek die weefselban­d (plantar fascia) onder jou voet.

3. Daarna beweeg jou gewig na die bal van jou voet en oor die gewrigte wat deur die metatarsal­e bene gevorm word na die falanksben­e.

4. Daarna is jou groottoon in die posisie om jou weg van die grond af te stoot.

5. Laastens lig jou hakskeense­ning (ook die Achillespe­es genoem) jou hak.

6. Kyk nou! Jy het ’n tree gegee.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa